Author Topic: Burgetjie hier  (Read 4302 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Burgertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 4
Burgetjie hier
« on: November 16, 2012, 02:02:47 PM »
Hello almal

My naam is William en ek is amper kla met matriek die jaar.  :hello:

Ek het nog altyd 'n belangstelling in my moedertaal gehad, maar daar is 'n baie groot "disconnect" tussen Afrikaans en tieners.  Ek speel baie rekenaarspeletjies en so het ek nogals 'n droom gehad om 'n blog te begin waar ek al my opinies en dalk eendag resensies kon neerplak.  Die droom het nog nie verwesenlik nie, maar dit draai darem my oë na ander gebiede van taal.  Ek is een van daai mense wat 'n goeie verbeelding het, maar ek kon nog nooit rerig my gedagtes in swart en wit ink nie.  Dit is nogals 'n frustrasie, maar dalk kan ek iewers begin leer.

Ek is ook 'n tekkie(tegnologie mal) so as iemand raad soek sal ek probeer help.

Dankie 

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Burgetjie hier
« Reply #1 on: November 16, 2012, 02:23:19 PM »
Jongie, ek is juffrou Gawie en welkom hier as niemand jou nog welkom geheet het nie. Wat die blog aan betref, is dit vreeslik maklik. Ek het ene en as ek dit kon doen, kan jy dit beslis nog makliker doen.

Jou talejuffrou of meneer moes jou lankal gesê het dat die beste manier om jou gedagtes te "ink" is om dit dood eenvoudig net te doen. Ons het almal maar daar begin en kyk hoe oulik is ons nou al.

Offline Burgertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 4
Re: Burgetjie hier
« Reply #2 on: November 16, 2012, 02:34:26 PM »
Dankie

Ek het blogs, maar niemand kyk na hulle nie :confused1:

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Burgetjie hier
« Reply #3 on: November 16, 2012, 02:47:37 PM »
Het jy hulle al geadverteer? Weet jou vriende en familie daarvan? Faceboek? Vertel die mense daarvan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Burgetjie hier
« Reply #4 on: November 16, 2012, 02:51:45 PM »
Baie welkom Burgertjie.  Jammer dat ek jou nie persoonlik hier kom welkom heet het nie, maar die afgelope weke is ek 'n "straatvrou".   :icon_biggrin:
Nou is ek darem hier vir die naweek, maar Maandag is dit weer strate toe en dan is opvangs weer net so dan en wan.  

Gawie is reg, jy kan net begin skryf.  Ons het 'n afdeling, help mekaar. Daar kan ons jou goed plaas en dit help timmer.
Ek sal nou gou vir jou 'n eie plekkie skep.

Dankie juffrou Gawie, dat jy ingestaan het vir my.  
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Burgetjie hier
« Reply #5 on: November 16, 2012, 02:53:50 PM »
Is 'n plesier sustertjie. Is omdat my rapporte en goed nou klaar is. Nou het ek baie tyd en lus vir gesels. Dié dat ekke so voor oppie prêm was.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Burgetjie hier
« Reply #6 on: November 16, 2012, 02:56:26 PM »
Ek wens jy wil altyd so voor op die pram prêm wees.   :angel4:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Burgetjie hier
« Reply #7 on: November 17, 2012, 09:33:48 AM »
Hallo Burgertjie

ek is 'n gekliste-einstein-brein-geeky-digter - dus dink ek ons val so amper in dieselfde bokise ... dalk so langs mekaar.
my manlief is ook 'n skeppende goofy-geek

ons is jare terug klaar met matriek en ons het die lewe begin mylpaal van 40 al oor gesteek ... :-)

plaas die links na jou blogs hier ... dan gaan loer ons almal en kom gee voorstelle van hoe jy mense kan trek en dit so kan kry dat jy adverteerders kan kry vir jou site (dis hoe mens geld maak)

Ek blog ook al jare .. maar nog altyd net vir die fun of it ... ek beplan nou 'n baie meer erenstige blog oor die kleur van die lewe .. so ek sal jou en ons matters se input ook nodig he

ek is geseen met 'n deslexia ... so almal hier help my altyd met my spelling

ons skaaf aan mekaar se skryfwerk .. en so groei ons almal saam

dis 'n forum-familie


soms is ons stil - want die kern gesin buite die forum benodig ons dalk ... die Direkteur van TrusSoft Software (dis nou ons maatskappy) is ons 3 jare seun met Autism.  En hy bepaal hoe tyd gebruik mag word op hierdie stadium van die lewe ...

PM en Hannes hulle is met 'n vloed water getref en het 'n oorlog wat gevoer moet word met die verskerings maatskappy

Adele is 'n nuwe bruid ....

Naas (ons eie Langenhoven) se moeder voer 'n asemoorlog - sy is baie siek

Ons eie 007-woorde dief is ook getref met 'n groot lewens challenge ... sy gaan vir groot-groot toetse die week ... ons almal bid saam

AB bou weer huis na 'n groot brand syne gesteel het  en hy is meer onder die water as op die land ... maar hy bring altyd mooi foto's saam

Juf Gawie draf tussen die kinders rond en dan maak sy nog die mooiste dinge met haar eie twee hande - wat sy ook in vadertjie tyd se tyd met ons deel

en so kan ek deur die lys draf ... maar tyd is nou onvriendelik met my ... my skoonpa het gister 70 geword en ons vier vandag wees en ek moet nog die koek se kleur gaan opsit ... sal later 'n fototjie kom deel

welkom hier by ons forum-familie Burgetjie  :wav:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Burgetjie hier
« Reply #8 on: November 17, 2012, 06:42:08 PM »
 :hello:

Baie welkom en mag jy dit baie geniet hier.

Offline Burgertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 4
Re: Burgetjie hier
« Reply #9 on: November 18, 2012, 07:46:34 PM »
dankie almal!  :icon_cheers:

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Burgetjie hier
« Reply #10 on: November 21, 2012, 04:06:40 PM »
Baie welkom hier!!

Techies is AWESOME!! (kan so se want ek is self een!)

 :bootyshake:
*The one and only AWESOME-EST