Author Topic: Wraak kom U toe  (Read 2866 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Wraak kom U toe
« on: December 02, 2012, 09:47:30 PM »
Elke oproep ruk aan ons,
wie deel nou weer die nuus-
aanranding op ’n vriend,
’n maat… ’n kind van U,
gemartel
geskeur
vir dood verlaat…

Vrees raak deel van ons lewe,
ons asemhaling,
deel van ons roep
na God se Wil
sy beskerming en liefde,
in ons soeke na verstaan
hou ek aan sy hand,
gryp ek die soom
van sy Kleed
en frommel dit
in kreukels vol wanhoop

om naby Hom te leef
is my daaglikse brood
vir siel en vlees,
my oë gesluit
maar uit my gees
kyk ek na Bo
hoe anders, Heer
gaan ons in hierdie land
U Woord bewaar?

Ek smeek nog genade
SkepperHeer,
om ons broeiende wraak
aan U oor te laat,
hul is die sterkste instrument
uit satan’s hand
en weet ek met als in my,
ek wil nie saam met
moordenaars, onmenslik wreed,
neerdaal na daardie helse lewe
waaruit ewigheid
geen begin en einde gekry het nie.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wraak kom U toe
« Reply #1 on: December 02, 2012, 10:59:07 PM »
Woorde wat seer ruk en pluk Adele!! En ek wil saam jou Sy Hand vashou in ons soeke na verstaan. Dit is so menslik om wrokkig te voel :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wraak kom U toe
« Reply #2 on: December 03, 2012, 04:15:43 AM »
Roerend mooi geskryf Adéle. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wraak kom U toe
« Reply #3 on: December 03, 2012, 10:47:03 AM »
Woorde wat raak en seer praat. Baie mooi geskryf.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wraak kom U toe
« Reply #4 on: December 03, 2012, 05:51:59 PM »
twee weke gelede, toe 'n vriend van die kerk af tuiskom, is sy huis en kluis geplunder. hy is 'n stoere oujongkerel. [waar kom die woord vandaan?]   :dontknow:   
en gisteroggend het hulle hom ingewag toe hy uit sy huis kom, aangerand en weer sy huis geplunder ens...ek weet nog nie wat al die detail is nie,Eben sal later vertel... sy plaashuis is so eenkant, ver vd pad af ... ek wil hierdie gediggie aan hom gee ... sal hom seker die naweek te sien kry. hy het nog verlede week saam met ons Ventersburg-vriende by ons kom eet.

 :grommit:


 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wraak kom U toe
« Reply #5 on: December 03, 2012, 11:01:27 PM »
Ek word so benoud en treurig as ek sulke dinge lees/hoor matertjie. Sterkte vir hom en vir julle  :love7:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wraak kom U toe
« Reply #6 on: December 04, 2012, 09:01:59 PM »
stories kry mos stertjies maar hierdie is blykbaar die naaste aan wat gebeur het-

5 mans het hom in sy 'blik'-skuur ingewag [hulle het deur die nag al met 'n bliksker 'n deurgrootte opening agter in die skuur se sink gesny] op sy maag laat le' en sy enkels en polse met 'cable ties' gebind, heeltyd met 5 skietgoed op hom gerig, toe het een by hom gebly en die ander het sy huis geplunder, elke en ieder laai en le'er en kas is uitgegooi, elke boek is blykbaar uitgeskud, hy het net R1000 in die huis gehad, hulle wou die kluis se sleutels gehad het, toe se' hy die kluis se deur wat hulle 2 weke gelede uitge'grind' het, is nog oop...
en toe is hulle weg met sy twee bakkies en die geld en paar kleiner goed. die een bakkie is in virginia se lokasie gekry ... dis al wat ons nog weet.

het nie self al met hom gepraat nie - foon is seker ook gesteel, nr is net unavailable.

 :grommit:
adéle  :grommit: