Author Topic: Skrobbering...  (Read 1621 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Skrobbering...
« on: December 02, 2012, 08:50:05 AM »
Of was dit 'n nuwe uitnodiging om te kom kuier??...
is wat ek kry by PM nou die dag omdat ek bietjie verdwyn het. 
‘Julle maak nie reg met my nie.  Wat het ek verkeerd gedoen?’ vra sy.
Onse PM is soos ‘n moederhen, wil altyd daardie kuikens rondom haar hê en sien.  En ek gee nie om dat ek ‘n kuiken kan wees, dis altyd lekker naby haar.
Ons almal het maar ‘n lewe met ritmes.  Dan af, dan op. Dan weer een lang stretch van eentonigheid.  Eb and Flow.  En as daai storms tref, lê jy liewer laag aan jou anker in die hawe van jou huisie.
Ek bly lief vir jou, PM, al is ek stil.  En die muse dobber op ‘n jag in die Middellandse See.  Braai heerlik daai boude bruin en teug aan sundowners.  Hulle het nog nie laat weet wanneer hulle terugkeer.  Sal ‘n telegram stuur. (Ek sien hoe lê hulle op dekstoele met blinkgesmeerde olie-lywe en ek kwyl.)
Telegram. Wie onthou die telegram afgelewer by jou huis of afgelees oor die telefoon (slinger-) deur die sentrale dame? Liewe aarde, dis oergoed waaroor ek nou sit en dink. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skrobbering...
« Reply #1 on: December 02, 2012, 11:48:00 AM »
Hie-hie, ek gee nie om wat jy dit noem nie matertjie, ek is net oorstelp van vreugde om jou weer hier raak te lees. 
Ek het jou gemis en het ook elke Sondag kom loer of jy nie iets geplaas het nie. 

Ek lief jou ook Elle.  Julle is vir my soos een groot familie en as een van julle "laag lê" dan komkommer ek.

Muses het die manier om die "skip te vat"  :icon_biggrin: sodra ons deur moeilike situasies gaan.  Hulle is nou nie juis die beste van vriende nie nê!  "Vakansie" hou ook nie vir altyd nie, stuur maar die telegram en skort die vakansie op!   :icon_biggrin:

Die nuus met die telegram was nie altyd goeie nuus nie.  Soos dié een:
Pa  stop   Het 7de medalje gewen  stop  Nog 'n veer in die hoed stop Fees gevier  stop  geld klaar  stop  Stuur geld om huis toe te kom stop.

Jan  stop  Byt die vere in jou bek vas stop Vlieg huistoe  stop  Pa stop   :icon_biggrin:





Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Skrobbering...
« Reply #2 on: December 02, 2012, 11:14:34 PM »
Ek giggel verspot stop julle maak my dag stop om die een of ander rede bly ek spot tik as ek wil stop tik  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skrobbering...
« Reply #3 on: December 03, 2012, 03:04:01 AM »
Jou brein is vinniger as jou vingers.  Geen rede tot kommer nie.   :icon_biggrin:

Ek onthou ook die telegram op troues.  "Iemand" het altyd 'n pittige boodskap vir die paartjie gestuur.  Die seremoniemonster het net nie altyd geweet van die "stop" nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.