Author Topic: Flinkdink (Tom Swifties)  (Read 4607 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Flinkdink (Tom Swifties)
« on: December 02, 2012, 03:31:13 AM »
Meraai vannie baai: (vertalings vanuit Engelse voorbeelde)

*Ek dink hy is 'n vark spekuleer die meisies

*Moenie vir my blaf nie knor Tom katterig

*Kry nog 'n stukkie koek fluister sy terterig vir my

*Ek hou nie van jou koue stemtoon nie sê hy kil

*Ek het my baard geskroei by die vuur vertel Tom asvaal

*Ek bou 'n muur om my gebroke gevoelens antwoord hy konstruktief

*Hou asseblief links antwoord sy radikaal

*Die naakte waarheid is dat die klere nie die man maak nie

*Gert was eerste hier sekondeer Piet

*Jy moet gewig verloor liefie sê die man dikvellig

*Partykeer verloor jy vertel Jan oorwinnend

*Ek hou nie daarvan om my naam deur die modder te sleep nie sê Tom higiënies

*Kan jy sien in die donker vra hy blindelings

*Dit is net om die hoek verduidelik sy rondborstig

*Die krake was nie voorheen daar nie antwoord hy weerbarstig

*Hierdie twee en twee maak nie vier nie verklaar Piet opsommend

*Ek gaan nie my fotos ontwikkel nie antwoord Koos negatief

*Ek moet keelskoonmaak sê hy amborstig

*Ek is ten gunste van meganisasie, sê die promotor.

*Ek het nog nooit 'n ongeluk gehad terwyl ek 'n lemoen afskil nie, vertel hy onverskillig

*Ek het die eksamen hierdie keer geslaag merk Tom op

*Ek is nie onopgevoed nie sê hy ongeskik

*Hy werk by die bank vertel die man my op eentonige noot

*Sny dit in twee deel hy my mee

*Ek is nou weer enkellopend merk sy dubbelsinnig op

*Hy raak nou getrou teenoor sy verloofde

*Daar is nie meer piesangs oor merk Piet op na sy vrugtelose soektog

*Dit is seker ons gas, gis Piet toe die vrou aangestap kom

*Dit is die huishulp se dag af kla hy hulpeloos

*Die frekwensie van my stem is gemiddeld 60 Hz merk Tom met afgemete stemtoon op.

*Jou naam is seker Grietjie vra sy ewe hans

*Ek dink jou kanse is maar skraal beraam Tom breedvoerig

*Ek het tien duime verklaar onhandige Jannie

*Ek het by die vloot aangesluit noem Tom vaardig

*Laat die eerste laag verf droog word voor jy die tweede aanwend anders gaan jy droog maak!


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Flinkdink (Tom Swifties)
« Reply #1 on: December 02, 2012, 03:31:38 AM »
Piet Magriet:
"Die stilte op die forum is vanoggend oorverdowend!"

Ek het vir die kat asyn gegee, sê sy suur.

Dit lê tussen my sool en my hak, sê Tom oorbruggend.

Ek is die aanbieder van die skou, het hy gespog.

Ek het saam met Geronimo geveg, sê Tom braaf.

Ek het die partytjie vir die prisoniers gereël, het Tom erken.

Jou naaldwerk is swak, steek juffrou vir Annie.

My besluit is finaal, dikteer Tom aan sy sekretaris.

Daar is iemand wat nie kan praat nie, sê Tom stomgeslaan.

Dit stop net hier, sê hy finaal. (PM)

Daar is twee van hulle, sê hy dubbelsinnig. (PM)

My stem is hees, rasper hy. (PM)

“Borsel jou hare.” het sy ma geroskam. (PM)

Ek is alreeds so oorlaai, het sy hom toegevoeg. (PM)