Author Topic: Verskuilde Titel Verse  (Read 15619 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Verskuilde Titel Verse
« on: December 02, 2012, 03:17:50 AM »
007: Omdat hierdie lyne nie bedoel was as verse nie het ek na die oes self 'n titel moes kies en toe besef dat hierdie verskuilde titels groot pret kan word as ons elkeen sy eie titel uit die verse(e) moes kies en verduidelik hoekom ons dit gedoen het. Ek het die titel wat ek gekies het aangedui met 'bold'.

Piet Magriet
 
Soms het 'n mens skille oor jou oë.
 Dinge gebeur reg onder jou neus
 en jy is salig onbewus daarvan.

Jy leef binne in jou eie sfeer,
 maar net 'n tree van jou af,
 agter die glasskuifdeur,
 is daar 'n ander wêreld.

~~~~~~
 
Ek jubbel! Ek leef my uit! Ek is sooooo gelukkig!
 Ek is 'n mens mens en mense doen dit vir my!

Vergete is alle eensaamheid, alle alleenheid,
 ons kekkel en ons praat, ons hou konsert op straat!  

Gee vir my mense, gee vir my geselskap!
 Ek sal blom Blommie!
 
Wanneer ek myself alleen bevind,
 eensaam en sonder mense om my,
 dit is dan wat ek verlep,van dors inkrimp,
 wil vergaan van eensaamheid
 
Gee vir my mense, gee vir my geselskap!
 Ek sal blom Blommie!
 
~~~~~~~~
 
Dit was net so voor skemer toe die groot druppels begin val
 Die wolkie het van die verkeerde kant af bekruip.
 Die son het nog geskyn. Jakkals trou met wolf se vrou.

Wens ek kon daardie uurtjie steel om die voëls
 se uitbundige kerkkoorkwetter met julle te deel.

Vanoggend is daar genoeg dou om die lewe se lied
 knus om my hart te vou en die woorde borrel uit my uit;
 EK IS LIEF VIR JOU!!!

~~~~~~~~
 
Verskuilde Titel Verse van Michelize
 
soos Fransi se skulpdiertjies
 kruip ons in allerhande vermommings
 tussen die rotse weg

net om hier en daar
 met 'n lang tentakeltjie
 voel-voel perongeluk
 aan mekaar te raak
 
en dan skrik ons
 ons alies in 'n
 kreukeltjie in!
 
~~~~~~~~~
 
Dis die lekker van skryf.
 Om jou hart te kan leeg skryf
 sodat die hartseer op die papier lê
 en nie so kwaai op die linker ventrikel
 hoef te druk nie...
 
~~~~~~

Verskuilde Titel Verse van Trapsoetjie
 
Ai sal ek dit ooit regkry om te spel.
 Ag wat so is ek maar, totaal deurmekaar
 en verwar, soms vang ek ook 'n puntjie
 ander keer verloor ek die hele draad!
 
~~~~~~~~

Verskuilde Titel Verse van Angelica

Om so op jou rug te lê
langs die stroompie,
op te kyk na 'n blaredak,
die kabbeltjies te hoor ...

salig.

Kan sien hoe die son
se strale breek
en stukkie vir stukkie
na jou voete aangerol kom
oor die water.

Ek sien die ou wat met sy rug
teen 'n boom se stam sit en lees
skryf in 'n boek / boekrol...
soos Dawid van ouds
toe hy sy Psalms -
wat ook gedigte is -
geskryf het.

Salig.

~~~~~~~~~~~~~~

« Last Edit: December 04, 2012, 11:57:13 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verskuilde Titel Verse
« Reply #1 on: December 04, 2012, 03:03:29 PM »
Dit is puik gedoen.  Ek sou geen ander titel kies nie, dit is perfek gedoen. 
Om te weet is om te verstaan.