Woordskuur > Verskuilde Verse

Uit die wynvat

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Piet Magriet: Welkom

Welkom hier by die drankbare drinkersusters se nes
Hier gaan alles! Ons sqeeze en ons teeze
en ons rook en ons suip en ons gaan lekker mal!

Kan ek vir u enetjie skink met twee vingers soet rooi stropies
en 'n voet gemmerlim of verkies u 'n tequilatjie
Sheilatjie?
 
Ag ekskuus
daar sluk ek jou in
maar wie't vir jou gesê
jy kan hier in my rooiwyn kom lê.

~~~~~~~~

Meraai vannie baai:
 
 ©
 niemand het vir my gesê
 dat ek nie mag kom lê
 in jou rooiwyn
 nou zoem
 ek voort
 waar
 jy
 my
 nie
 wil
 hê
 bzzzzzzzzzzzzzb
 
~~~~~~~~

Piet Magriet

 Dit wil vir my lyk
 jy het jou vergryp
 aan die lag van my wyn.
 Solank jy net "happy" is
 en ek my vergis
 oor die toestand van jou "pyn",
 en jy is gladnie gedoem,
 kan jy maar rustig voort zoem!

~~~~~~~~

Angelica

Rooiwyn
gaan saam met knettervuur
in die kaggel ook.


Al wat jy dan nodig het
is geselskap
en 'n hond by jou voete.

~~~~~~~~
 

PM:
Hê-hê, daardie gogga zoem nounog hier in my maag.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Loer ek vanoggend met heimwee (ja ek lief my wyntjie) na ons vaatjielyne.

PM:
Sowaar!  Hier het ons darem sommer so uit die "top van jou kop" geskryf!  Sonder om te dink of te redekawel.  :hello2:

Ek lief dit as my gatseggies werk!   :toothy4:

 :pottytrain2:  Ag nee, al weer die verkeerde een.   :angel12:   :bootyshake:

Meraai vannie Baai:
Ek moet hier net noem ter verduideliking - hierdie gewynde verse het ek gegaps uit ons vorige kommentare by die ou forum en in versvorm bewaar. Dit was ons skrywers se eie woorde, net geskommel deur die woorddief. Wat 'n vreugde was dit nie.

PM, ek hoop die nuwe gogga in jou maag het ophou zoem, sien jy het erens genoem dat jy nie te wel is nie  :crybaby2:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version