Author Topic: Liefdeslyne  (Read 5743 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Liefdeslyne
« on: December 02, 2012, 03:03:57 AM »
*geskaai en gelas deur die woorddief

bloubefoeterd: Ai die liefde
 
Soveel al daaroor geskryf,
 oorlog gemaak daaroor,
 gemoor daarvoor.

Ai die liefde - dit bly maar 'n gedoente!
 
****************************
 
Piet Magriet:
 
Ek geniet die stilte ja.
 Tog hou ek daarvan as my liefie
 net hier op die bank lê.

Hy hoef niks te sê nie,
 nie 'n geluid te maak nie,
 ek wil tog asseblief nie net
 vingeralleen hier wees nie.
 
Daarvan het ek hopeloos te veel gehad!!!
 
Wanneer die naggeluide my oorrompel,
 die naguile se hoeee-hoeee my in jammerlike eensaamheid dompel,
 dan gil my siel na kameraadskap,
 na iemand wat net stil-stil hier langs my lê!

Hy hoef niks te doen nie, niks te sê nie.
 Net nog een siel om die verskriklike eensaamheid teen te staan!
 Nee! Ek hou niks daarvan om alleen te wees nie!

Daarvan het ek hopeloos te veel gehad!
 
*************************

Juenka:
 
Vir my is ware liefde 'n tweestroom.
 Ware liefde maak nie seer nie.

Ware liefde is 'n kombinasie van twee mense se gevoelens.
 Dit is nie 'n enkel stryd in die alleen kamer nie.

As dit net een stroom liefde is, is dit meer obsessie in my opinie.
 
***********************
 
Gawelina:
 
Mens kan maar net hoop
 dat die saadjie van liefde
 wat jy geplant het,

sal wortel skiet en positief uitstoot later.
 
***************************
 
werelde weg:
 
sê ek mos altyd -
 hou die vrou in die huis gelukkig
 en die huis is gelukkig ...

***************************

Fransie:
 
as 'n mens reg is vir die liefde,
 kom dit vanself na jou.

Partykeer onverwags en soms
 groei dit bietjie vir bietjie.

***************************

Angelica

Ai, hoekom bly ons lief
al word ons verguis?
Niks beter om dit te beskryf
as 'winter'.
 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Liefdeslyne
« Reply #1 on: December 04, 2012, 12:52:12 PM »
Ai Raaitjie, hierdie plaasings neem my gedagtes op reise na plekke lank vergete
na daar waar vriendskap aan die blom was en liefde gegroei het met die wete dat samesyn die botoon voer.
Om te weet is om te verstaan.