Woordskuur > Gesegdes van toeka tot nou

Woordjuwele uit eie oord

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
PM:
* ... gryp jy nou my hartsnare en draai dit in 'n hartjie!   

* Ek sien gereeld vir Saartjie Baardman in die spieël.

Willa:
* ... 'n portjie in die hand en 'n appletjie op die skoot - nou that is life! 

Elizabeth:
* Ons knyp al ons tone, duime en vrinners (soos die Gr. Eentjie gesê het!) styyyyf vas!

Trapsoetjie:
* Ek is nou so opgerol soos 'n tolbos wat wag vir 'n windjie. Agghrrr.

Adele:
* ...ek staan nog toon-inni-sand.

Angelica:
* My 'paadjie' in my brein is besig om grassies oor te groei.

Fransi:
*As ek stil raak en lyk asof ek wegraak, roep asseblief net my naam en ek sal wel probeer dink aan iets om te sê. :-)

Naas:
* Gesels gister met my vrou se ginikoloog. Weet hy my te probeer oortuig dat 'n barmoeder nie 'n kroegmeisie is nie.  Wil jy nou meer. Sewe jaar geleer en nog steeds dom...

Louis weka:
* Daar bestaan nie so 'n ding soos iemand wat die werking van 'n vrou se kop ken nie. Dis 'n myth - pie in the sky.

Gawelina:
* Hier kruip Gawie nader.  Nog effe deur die blare - the morning after the night before - julle weet mos.

Bloubefoeterd:
* Tyd is 'n skelm swerkater. Moenie agteruit in die toekoms inloop nie jy gaan struikel en val.

Meraai:
* Grynslag ek kwart-voor-nege vir julle!

Wêrelde Weg:
*... al hierdie woorde maak my kop deurmekaar al wat ek sien is mooi mooi...

Meraai vannie Baai:
Willa: Tensy iemand my sponsor om weg te gaan, bly ek net hier.
   
Angelica: Ons is maar net mens en as die jas oor jou skouers val, val hy swaar.

PM: Ek sit so alleen, tot my skaduwee het my verlaat!   

Naas: Mans raak vooruitstrewend van te veel eet, vrouens kry agtergrond.

Meraai vannie Baai:
My goeie ou vrind Joe Mulder het die volgende idiome kwytgeraak:

Wit ooghare soos 'n creameryvark
 
Klein koppie soos 'n siek tier
 
Haasbek soos 'n waenhuisdeur
 
Groot gat soos 'n petroldrom
 
Dun nekkie soos 'n present kierie
 
Hang gevreet soos 'n saalsak
 
Groot hande soos 'n piesangtros

 













Meraai vannie Baai:
Naas:
Klein koppie soos 'n dowe katjie

Klein koppie soos 'n partytjie frikkedel

Dom soos 'n deurstopper

Knypknieë soos ’n grooteier-koei

So dronk soos 'n spook

Lieg soos 'n tandetrekker/ prokureur/ politikus

Wye neusgate soos ’n flou perd

Groot ore soos ’n bakoond

Wye voete soos 'n werfmakou

Wegstaan-voortande soos ’n stalvurk

Hol toonnaels soos ’n soplepel

Hol wange soos ’n toegeslane brood

Skurwe pote soos ’n vleipatat

Kort en dik soos ’n petrolblik

Bak ore soos 'n vandisie koei

Krul hare soos 'n vandisielam

Hang gesig soos 'n vandisiedonkie

Uitstaantande soos 'n vandisierot

Hier en daar tande soos 'n vandisieklavier

Groot neusgate soos 'n vandisievark

Skerp gesig soos 'n kwartpond kaas

Lang gesig soos 'n donkie wat afdraend vreet

Lang kop soos 'n bazaar brood

Meraai vannie Baai:
Naas: Solank die Kaap Hollands is kry jy my nie in Zululand nie. Ek weier om in daai slaggat te trap.

 Manlike vorm van PMS is stingelstress

PM: Mooi was nog nooit lelik nie en lekker was nog nooit sleg nie!

Lox: My ouma het altyd geseg " cut your nose en spite your own face"

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version