Author Topic: Groendakkies  (Read 4448 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Groendakkies
« on: November 17, 2017, 09:28:29 AM »
Kan nie onthou of ek die al geplaas het nie...
Hoekom het die volgende mense in die groen dakkies beland?
Die hangman - Hy wou selfmoord pleeg toe verloor hy kop.
Die dominee - Hy wou sy vrou skiet toe is die koël deur die kerk.
Die slagter - hy het een dier te veel vermoor toe sien hy sy Abattoir.
Die sirkusnar - hy het oor sy voete geval toe lag hy sy gat af.
Die Tandarts - Hy het te veel gedrink toe raak hy getrek.
Die Aardrykskundeonderwyser - Hy het verdwaal toe raak hy van sy GPS af.
Die Posbode - Hy wou huis toe gaan toe verloor hy die adres.
Die Politikus - Hy wou die waarheid praat toe verloor hy sy konstetusie.
Die Bedelaar - Hy't gebuk om sy plakaat op te tel toe slaan sy robot groen.
Die Blondine - Sy't gedink...
Die Student - Hy wou nie leer nie toe dop hy die toets.
Die Kroegman - Wou 'n einde maak aan sy lewe met 'n shooter toe beland hy onder die prop.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Groendakkies
« Reply #1 on: November 19, 2017, 03:32:34 AM »
Giggel ek nou alte lekker  :toothy4: dankie vir deel Naas. Kan nie onthou of ek dit wel voorheen gelees het nie maar dat ek dit geniet het, is verseker!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Groendakkies
« Reply #2 on: December 01, 2017, 10:48:59 AM »
Ek dink hiervan is in ons boek, maar ek gedien dit steeds om weer en weer te lees.
Dankie Naas.
Om te weet is om te verstaan.