Author Topic: Snaterflaters  (Read 14073 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Snaterflaters
« on: December 02, 2012, 02:09:01 AM »
Snaterflaters (verdraaide woorde: met spesiale dank aan Zymrly vir die pragwoord se skepping)

Sussa:
 Ek onthou daar was 'n speletjie: "Koning, koning maggekrys"...ek het eers jaaare later uitgevind die regte naam is: "Koning, koning, mag ek reis?"
 
Fransi:
 Ek kon nooit verstaan, toe ek klein was, en ons in die kerk gesing het, hoekom slegs "Marie wat op die Here wag" nuwe krag kry nie. :-)
 
werelde weg:
 Ek voel ook soos 'n verkmuis; nie so lelik nie maar so deurmekaar...
 
Piet Magriet:
 My oudste wou altyd "appetits" hê. (Aartappels.)
 
Hy het 'n bekvol gekry oor sy "foken" maar toe kom ons agter hy soek sy Volkswagen!
 
Zorro was Jorro en hy wou altyd 'n "branderman" geword het.
 
My meisiekind het altyd "kippe in haar koene" gehad.
 
Haar pa was haar grootste "piepie" (liefie) en sy sou ook nog met hom trou as sy groot is.
 
Ons het mos nou hierdie vierjarige dogtertjie in die huis, haar naam is Tatenda. Ek self glip en gly oor die naam, maar ek kon nie help om te lag nie, toe ons "aangenaaide lappie" amper twee en 'n half jaar oud, gister vir haar sê: Kom Malema!
 
Ek kon nooit die "Tessakalonikasense" onder die knie kry nie.

Ek hoor vanoggend op TV dat Vuyo sê sy pa het altyd Christiana as Chrisjan uitgespreek, maar dit het mos niks met klêza te doen nie nê?
 
Ek was ook besig om 'n skakel te soek toe ek by die kosbare dieregeluide beland het, en toe, toe hoep die poender en toe hak die kaan, want PM steek toe net daar vas!
 
... dit maak my sommer de joost in omdat Miss Piggy en Naas nêrens meer te bespeur is nie. Ek kry ook sommer 'n bloedkont!

Lorraine:
Rosyntjie - pinisyntjie
 
Mary and Joseph - Mary and Jovez
 
silwer - sirwel
 
sypaadjie - sygpaadjie
 
hospitaal - hopsitaal
 
op die daad staan - tussen die draad staan
 
tarrentaal - trantraal
 
padkos - kospad
 
strykyster - ysstryker

Gawelina:
 Net vanoggend gedink aan 'n ou seuntjie wat jare terug in my klas was. bietjie verstandelik gestrem, maar vreeslik dierbaar. elke oggend as dit sy beurt was om 'n liedjie te kies, wou hy Jesus het my met 'n rots geslaan, sing. Eintlik is die naam Jesus, rots vir my geslaan.
 
Ek sal altyd aan hom dink as ek daardie lied sing.
 
Meraai vannie baai:
 Met die verkiesing wat ons diekant van die aardbol gister gehad het, onthou ek weer ( net so kort voor die verkiesing jare gelede in SA) het die jong kleurlingvrou wat skoonma gehelp het in die huis een Maandagoggend meer gedaan as gewoonlik voorgekom.

Ek het haar gevra en as jy nou so oor die muur lyk vanoggend Babsie? Sy antwoord, 'miss Raaitjie ek moes die hele nag met my arms in die lug staan en skrou: BAKPOEIER!! BAKPOEIER!!'
 
Toe moes ek mooi bedui dat die glip-van-die-oor-slagspreuk eintlik BLACK POWER was, het sy hand oor die mond geantwoord 'maar ek is mos eigentlik kriem!'

Naas:
Daar is 'n wereld se verskil tusse snaterflaters en knaterflaters.
Snaterflaters is mondelingse foute...
Vingerflaters is tikfoute...
Knaterflaters is buite-egtelike...  of onbeplande kinders...

Die Japenees en Chinees het 'n knaterflater begaan en die baba Wha When Whong genoem...



« Last Edit: September 11, 2015, 01:55:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Snaterflaters
« Reply #1 on: October 31, 2013, 09:52:52 AM »
Ek is seker daar is nog van julle wat by "snaterflaters" kan aanlas.  Sebliefie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Snaterflaters
« Reply #2 on: October 31, 2013, 02:39:11 PM »
Seuntjie kom eerste dag na skool by huis en wil opseglik self sy gebedtjie opse wat jupprou vi hom eleer et.
Ma gee trots in want hy het mos darem al iets geleer.
Hy bid: "Lieve jesis. Dankie vir mamma en pappa. Seen vir boetie en vir ouma en vir oupa en al die fokken hasies."
Ma is baie ontsteld maar se niks. Volgede oggend vra sy vir juffrou wat sy hulle geleer het om te bid.
Juffrou antwoord: "Liewe Jesus, dankie vir mamma en pappa, Seen vir boetie en sussie en oupa en ouma en al die volke en nasies."



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Snaterflaters
« Reply #3 on: November 01, 2013, 03:20:29 PM »
Dankie Naas, ons wiele het hier in die bos tot stilstand gekom en ons kuier heerlik buite om die tafel.  Almal het hierdie baie geniet.    :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Snaterflaters
« Reply #4 on: August 26, 2015, 10:46:00 PM »
As ons 3 jarige Ausie cowboy vir jou laat weet hy gaan bietjie oefen in die gym, noem hy dit 'seksersaais'  :icon_biggrin: dit help nie jy probeer hom verduidelik dit is eintlik sonder die 's' vooraan nie lol.