Author Topic: Naas: Ons eie Langenhoven  (Read 11024 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Naas: Ons eie Langenhoven
« on: December 02, 2012, 01:46:42 AM »
Naas:
madeliefies: het-hettie-blommetjies
Sy het, Sy hettie, Sy het, Sy hettie, Sy het my lieeeeef!

As ek sjampanje gedrink het kry ek "borrelsiekte" en dan raak ek babbelnaas.

Wanneer 'n meisie gereeld in die kroeg kuier is sy 'n kroegmeisie.

Wanneer sy agter die kroektoonbank wyn bedien is sy 'n barmoeder.

Wanneer sy in 'n drankadvertensie optree is sy 'n drankaster of 'n wynaster.

'n Ander woord vir 'n druifdeurdrenkte slingervel se gebrabbel is ommoertaal.

Daardie ou is so getwarra dat hy sit en slinger.

Daai stofpoepertjie is so kort hy stamp sy boude blou as hy oor die witstreep in die pad loop. As hy korter was het eskom hom in diens geneem as 'n kortsluiting.

'n Punk... hmmmm 'n Gêlpêl? Die goed verstyf mos hulle hare in Rigger-mortes in tot hulle die statue of libberty se ewebeelde is.

Ons het Multigrade olie gebruik om ons hare plat te kry. (Ghriesmonkeys)

Humor is die kunsmis vir 'n gesonde kultuur en taal.

Pramdag - van kleintyd af /van moedersknie af. Dis pram soos in bors en nie soos in engelse stootwaentjie nie. Ek praat al Afrikaans van pramdag af.

Handeviervoet bakkie (ryding) Engels: four by four (4X4)
Ek het die vlaktes van Afrika aangedurf in my handeviervoet bakkie.

Handetweevoet bakkie (ryding)Engels: four by two (4X2)

Ek droom maar van handeviervoet ry. Maar ek het darem 'n agtermekaar fiets (Tandem - Bicycle made for two) Gits, hoe klink dit dan nou of ek 'n omkyk kerel is. Issie waar nie. Het twee groot kinners.

Sompompie is 'n ander woord vir sakrekenaar.
Engels: Calculator

Die verkiesing in Zimbabwe was 'n groot flopoppie.
Ek het 'n flopoppie gemaak toe ek my boude wou fotostateer. (Vervang die F-woord wanneer iets lelik verkeerd gaan.)

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #1 on: December 02, 2012, 03:33:40 AM »
Naas se wyshede onder dekmantel:

My Wyse Oupa het altyd gesê:
 ... ‘n Mens wat sy daaglikse onderhoudstake versuim is, voor hy dit besef, kniediep in die stront.
 
... Tandpyn is geen pyn, maar ‘n geliefde wat ver syn, dis ‘n verdomde pyn!
 
... Ouderdom is no mistake!

... Wat 'n mens nie met 'n gedagte kan staanmaak nie, wil nie staan nie!
 
... Met of sonder vere, mans is voëls van enerse kleure!
 
... n Man is soos ‘n bok en ‘n bok is ‘n blik sement.
 
... Voor op die wa gou- gou agter die pram!
 
... 'n Lang man is 'n regte Poephol op pale.

... 'n Man moenie sy hart in sy broek dra nie.
 
... As 'n meisie haar soos 'n koek gedra gaan die ouens net party hou met haar al verjaar niemand nie.
 
... 'n Meisie mag wys maar sy moenie al haar deugde op 'n skinkbord uitdeel nie want koek en tee is gratis maar sjampanje kom net met spesiale geleenthede!

... ’n Bok, en ‘n man, is albei soos die donnerweer - as hulle wil toeslaan kan jy maar bontstaan, maar die bliksems sal jy nie keer nie!
 
... Eerder nou 'n boud wat brand, as môre onder ses voet land.
 
... Dis lekkerder om presente op te maak as om dit te gee.
 
... As jy mondig word verkry jy die reg om, vrywillig, te doen wat jou ouers jou geleer het.
 
... 'n Man wat hande in die sakke deur swaaideurtjies loop gaan sy haan slaan.
 
... En 'n man met sy hande in sy sakke gaan nêrens kom nie want sy handrem is op.
 
... Vryheid en verantwoordelikheid hou hande op die strand van die lewe.
 
... Die liefde tel nie jare nie.
 
... Die bloeddruk, is net in jóú kop.
 
... Daar ist niks als vars beet en ertappelse met 'n koue was onder die watervalletjie daarna om die bloed se gedrukkery weer op sy regte plekke te kry nie
 
... Van wonder gaan die son onder.
 
... Oor Salomo: 'n Man wat sy duisend vroue in een jaar wil sien, sal 'n familiesaamtrek moet hou.
 
... Salomo sal die Prinses van Skelopmekaar moet gelukkig hou want dit gaan maar lol om al die vroue deur die rooi see te kry as die Nyl in vloed is!

... Dit lê nie sommer in elke man se kameel om so vêr te loop nie, al is die kameel hoe ge-olie!

... As 'n man 'n meisie mishandel is hy 'n vark. As hy haar 'n tweede keer mishandel wil sy nie leer nie.
 
... Jy moet tog onthou, al rank jou boompie nou met sy kroon daar na So dom en Cremora se koffiewinkels se kant toe, jou wortels suiwe nog die vrugbare water uit die Langkloof se grond.”
 
... Jy moet nou ok nie so aan die soutpilare van Egipte gaan lek dat jy van onse vars appels vergeet nie.
 
... En wees tog in jou pasoppens vir die stadswolwe wat op laandag staan en kwyl vir ‘n lekker sappige stukkie Langkloof vleis.”
 
... Hierdie telefone, en volksvreemde elektroniese kommunikasie, is 'n skewe bril waarmee baie mense nog hul gatte gaan sien, sonder 'n spieël!
 
... As jy 'n gelaaide geweer het sal jy iets kry om te skiet, al is dit 'n mak hoender!
 
... 'n Vry op sy tyd is tong in die kies lêkker.
 
... Hardloop verwyder jou van jou vriende!
 
... Dit maak nie saak wat jy sê nie, maar wat die ander man verstaan
 
... Wors met tierlantyntjies aan is vir sussies.
 
... Wat die hart van vol is moet die ander mense liewerste nie weet nie.
 
... As Jy wil grom waar ander pret, draai eerder om en gaat na bed
 
... Dis hoekom ek nooit in my jong dae saam met die manne gaan kroegkruip het nie. Hulle laat val jou alewig op pad huis toe!
 
... My kind, as die slang in die appelboom hang is hy nie gevaarlik nie, maar as hy uit die gras uit opstaan moet jy vir hom passop.
 
Aspoesterjie sê:

... Ek soek 'n wyse man soos my oupa.
 
... Ek sien nou twee ouens hier vir wie ek nogal my slippertjies sal windowlene.
 
... Aai! Aasvogelmis! Die goeies is ook altyd gevat!
 
... En ek is nou so teleurgesteld. Ek stik sommer aspris in 'n Langkloofappel en gaan koma in my glaskis.
 
... My Wangetjies is leivoortjies vir die oogwatertjies na my mondhoekies.

... Ek is partykeer bietjie verstandelik gekilts.
 
... As jy kan raai hoe groot my nommer 13 skoentjie is kan ons maar 'n date maak.
 
... Ek sou my laaste heel glasskoentjie tot binne die lankloof se nek gooi as jy nog beskikbaar was

... Maar een of ander tyd gaan middernag slaan.
 
... Vergeet van die pampoenkoets en soen sommer heel nag.
 
... Solank jy net nie op die forum vry nie!
 
... Ek wil nou nie die enêmil van my voortande tjip op 'n olyfpitjie nie.
 
... Julle taalbesprekings maak my so opgewonde dat ek myself sommer uit my glasskoentjies uit sweet!
 
... Ek wonder hoe Oom Lokomotief en Arnoldus Pannevis gevoel het daar in die Paarl toe die taal sy eerste boudklapskreeu geskrou het?

... Meraai, ek dink rerig jy moet so bietjie skarnierolie drink vir daai rittelmatiek kniege van jou wat so kraak.

... En as die G-tengers (voorheen Transvalers) met die Riemlanders (voorheen Noord-Oostelike Vrystaat) ondertrou is hulle kinders seker G-rieme of G-stringe!
 
... Nou wonder ek in watter provinsie Dawid sy slingervelle gekoop het?
 
... My wyse oupa het hom nie altyd aan woordeboeke gesteur nie maar eerder die oomblik gegryp. ... " krappe die m" (carpe diem)

... Ek het altyd gewonder of Salomo nie dalk 'n Arabier was nie? Of 'n shake?
 
... Ons outjies verstaan nie 'n woord nie - Babel is op Woes herbore!
 
... Ek is mos darem een van die dae bekkig.
 
... Ek wonder of ek dan nog vir my wyse ou oupa moet luister?
 
... Ek sit toegedraai soos ‘n kersgeskenk, van my enkels en my polse tot onder my ken, in my “Ek’s ‘n koek rokkie.”

... My een tannie het 10 jaar terug vier kilometer op 'n dag begin hardloop. Nou weet niemand meer waar sy is nie.

... Mofskape is die seuntjieskape wat rekkies om gekry het sodat hulle koëls afval
 
... Oupa sê as hulle gewere nie gelaai is nie kan hulle nie skade aanrig nie maar ek het nog nooit ‘n skaap met ‘n geweer gesien nie.
 
... Ewe skielik besef ek my ouma was so in haar eie stilligheid ook 'n baie wyse vrou. Ek sal moet gaan kyk na haar voorbeeld. Sy het altyd gesê: " ...... " wyse woorde voorwaar!

... Ek het ook 'n binneste en nie 'n krop soos 'n duif nie
 
... Pasop, my ma se tonteldoos is oop. (jy moet oppas my ma is op die punt om kwaad te raak.)
 
... In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien" Dit is net nie meer snaaks as die sweet nie meer genoeg is om van te lewe nie. Dis dan wanneer al die ander dinge ook begin pla.

... Die lewe is 'n lied maar ons het die verdomde wysie vergeet omdat ons die heel dag en elke dag moet baklei om te oorleef.
 
... Dit is elke mens se plig om sy LAG op te pas anders sal die depressie hom ry.
 
... Wat soek ons nog in die sementkranse van die stad?
 
Aspoestertjie se gesegdes oor klap/slaan/baklei:
 ... Hy is geklap dat sy tong soos 'n das om sy nek hang. (Hy is stomgeslaan.)
 
... Ek sal jou klap dat jy drie dae waterpas trek en op die vierde dag die aarde misval.
 
... Wil jy baklei? Gaan staan solank om die hoekie en bloei, ek kom nou.
 
... Ek slaan jou vol gate en dan slaan ek jou deur die gate.
 
... So sit ek hier, knussies toegevou in die voue van die Lankloof

...My hart se punt trek snaarstyf na my geliefdes in ‘n verre, woeste land.
 
...Sy hare is al silwergrys gegalvaniseer en die plooie begin met die berge s’n kompeteer.
 
... Dis toe altyd oom Mal Frik van Groenkloof se wingat seun wat hier aangesit kom met ‘n mandjie vol eiers wat broeis geskud is op die motorfiets gedoente se petroltank.
 
... Die mannetjie is self lekker broeis geskud van die tweewielgevaarte se vibrasies onder hom.
 
... Toe raak die ventjie mos nou seekatterig.
 
... Ek gee vir hom een oorveeg dat die snot goud en groen soos ‘n springbokdas om sy nek drapeer.
 
... En voor die eggos van daai klap van die kranse af terugkeer is die mannetjie op sy ysterperd en daar gaat hy met die eggos al sagter agter hom aan.
 
... Verder gaan dit goed met my hier op die plaas waar ek nog voëlvry is .

... Ek dink by myselwers dat net die Misluktepaliteit se stadsbeplanners daaraan sal dink om ‘n pretpark en ‘n afvalpyp langs mekaar te sit.
 
... Die onkapabele Misluktepaliteit wat nie sy eie drek kan regmaak nie. ‘n Instansie wat onder die misverstand verkeer dat twee dae se staking van sy werkers soveel stront gegenereer het dat die dorp se ekshôs dit nie kon hanteer nie en hulle verkoop dit vir die waarheid
 
... Daar's iets in die water, daar's iets in die grond. Alles is reg en die leiers praat .....
 
Aspoesterjie se gesegdes: drank/dronk
 
... Soos ‘n wynmekêniek oopbek onner ‘n doos wyn lê en olie aftap!
 
... Hy stink so van die Kaapse vrugwater dat jy hom met ‘n toe neus windop kan ruik!
 
... As hulle so gesuip is raak hulle mos slimmer as ‘n kind wat nou net matriek geskryf het en kan hulle in een sin al die land se probleme oplos - as hulle net daai sin kan uitkry!.

... Suip hy vir homself verby sterk, dwarsdeur slim, tot anderkant geloof in die diepste, droewigste, klowe van hartseer in.
 
... Hy is in die verdriet staduim - tot sy trane slinger teen sy wange af.
 
... Nog so ‘n drankwalm en ek is ook gesuip!
 
... Hy kwyl skoon rooiwyn - lyk my hy loop oor!
 
OOR ALLES EN NOG WAT:
 
... My oupa se altyd as die mes val gaan daar 'n man opdaag vir ete,

... as die vurk val gaan dit 'n vrou wees

... en lepels vertel van kinders wat al so te se op die plaaspad is. Dit werk nie. glo my.

... Ek laat val elke aand 'n mes of twee maar geen man nie .. Behalwe natuurlik die veeartsie en hy kom kuier vir die siek perd wat lankal gesond is.

... Smaak my hy is verlief op die perd want kom kyk elke tweede aand of die perd nog OK is.
 
... Soen 'n man met 'n snor. Dis net so goed jy eet sop met 'n vurk. Jy kan net nie genoeg daarvan kry nie

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #2 on: December 02, 2012, 06:49:47 AM »
Gesegdes van Naas:
Lusern vergaan maar goeie mense bly staan.

Ek moet sê dat ek soms met 'n skaduwee op my tong praat en dat ek my gevoelens probeer verbloem

Ek skryf net vormgedigte as ek hardlywig is en geen ander inspirasie het nie.

Gaan na die miere Luiaard, en word wys. As jy nie te lui is om te gaan nie sal jy te lui wees om terug te kom.

Ons kan die verlede sien, maar moet blindelings die toekoms in

Daar is maniere en maniere. 'n Gebrek aan maniere dui gewoonlik op die vlak van beskawing in die gemeenskap.

Ek wonder weer oor Virgin Active. Kan nie verstaan hoe 'n aktiewe Virgin nog een kan wees nie.

Hulle sê, elke keer wanneer 'n "virgin" oor kerkplein stap,  dan lig oom Paul sy hoed vir haar. 

As ek te veel drink (wan)gedra my vriende hulle gewoonlik want hulle laat val my altyd op pad huis toe.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #3 on: December 02, 2012, 06:53:12 AM »
*Waar daar donnerweer is sal die bliksems slaan!
 
*Gedag ek is deur die mis, nou kom ek agter ek sit vas daarin

*Vra die wat my ken. Ek brag nooit. Ek is die beste...

*My eie oorlede pa wat Engils kon praat het altyd gesê: Knit one, slip one en pass the lipstick over. My Engils is egter maar sleg. Ek se net yes en no en netnou weer.

*My pa se gesegde: "Die dag toe ponde en sjielings rante en sante geword het het skuld berge geword.

*'n Gebraaide wortel of twee sal seker goed wees vir my ogies. My brille raak hoeka al dikker en die goudvissies wat snags daarin slaap begin al kla van drogbeelde.

*Die goudvissies bly deur die dag in my valstanneglas. Moet hulle saans uithaal want hulle voel bedreig deur die nag.

*Ek is maar skamerig vir baie mense maar ek sal my oupa se uitgerekte kruisbande, my Tweety das en my geblomde G-string afstof vir die geleentheid.
 
*Ek het hier vir jou 'n verjaarsdaggediggie uit die puntjie van my linkerharventrikel geskrywe
 
*Al moet ek ook die kar stoot tot daar, kuier gaan ek by haar kuier.

*Dit gaan vir my regtig die appelkar omvoeter as die forum deel moet word van Woes.
 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #4 on: December 02, 2012, 06:54:29 AM »
Geskaaide gesegdes van Naas vanuit sy FB dagboek:
Taalreëls is die remskoen van die verbeelding.

Wanneer die lewe jou pootjie dat jy lê, sal die noodlot oor jou val.

Waar 'n wil is raak my geld altyd weg

Wanneer geld harder as rede praat is verstaan maar doof!

Intelligensie sonder insig is soos 'n kerkklok sonder tou.

Die mensdom se groot gejeuk het begin die dag toe Adam en Eva vyeblare aangetrek het.

Iemand wat bakhand staan het nie werk vir sy hande nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #5 on: December 02, 2012, 02:50:36 PM »
O gits, daar verbrand ek die kos.  Sies man Naas!    :icon_biggrin:

Dankie Raaitjie, dankie Naas, dit was 'n lieflike wandeling deur die gange van gister. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #6 on: December 05, 2012, 01:33:41 AM »
*Jammer ouens, maar my pen is tans leeg so ek kan nie tot die punt kom om 'n streep onder my werk te plaas nie.

*Skryf die ander dag meetkundeksamen met 'n gebreekte passer, het egter 'n ronde nul gekry.

*My vrou het tee in my drank gegooi, nou's ek lekker deur die blare getrek.

*As mense vir my koue koffie maak is ek dadelik die moer in.

*My vrou het hout gekoop om 'n tafel te maak maar ek kon dit nog nie agter die blad kry nie.

*Die gebreekte bank is nie vir opsit geskik nie.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #7 on: December 05, 2012, 09:35:05 AM »
Koffie maak mens dikbek.
Elke keer as ek brandewyn drink drink my vrou koffie. En as ons moet gaan slaap is my vrou die een wat dikbek is.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #8 on: December 05, 2012, 10:57:03 AM »
 :toothy4: Giggel ek diekant Naas!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #9 on: December 05, 2012, 09:56:04 PM »
O gaats!  Gee vir haar ook van daai lekker goed.  Ek sal ook dikbek wees as ek moet sit en koffie drink terwyl jy feesvier.   :`ip2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #10 on: December 06, 2012, 12:25:26 AM »
Te veel Coke saam met 'n ietsie, verander enige droeë siel in 'n aangeklamde ene vertel Outop my.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #11 on: September 07, 2021, 02:52:11 PM »
Ek is nooit verkeerd nie.
Ek het een keer gedink ek is verkeerd maar ek was verkeerd.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #12 on: September 07, 2021, 10:01:50 PM »
O hallie ha, die lewe is 'n lied as ek myself in die ongekunstelde glip van die druiwekorrel bevind (of is dit die vrugwater van die lewe?  Wag, ons praat more weer!   :occasion14:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #13 on: September 08, 2021, 11:41:59 PM »
Dink ek ook nou ver terug en jou o hallie ha PM, sal my altoos laat dink aan Mevrou Varkie (ala Lorraine). Gister en vandag het ek net so lekker deur julle woorde verdwaal soos van ouds. Hoe geseend is ons nie om dieselfde liefde te deel, soveel memories gemaak deur die jare.
 :love7: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas: Ons eie Langenhoven
« Reply #14 on: September 09, 2021, 05:19:43 AM »
Daar is soveel wonderlike mensies met wie ons woorde gedeel het.  Dit is soos jy daar sê, pragtige memories.   :book1:
Om te weet is om te verstaan.