Author Topic: Stilte in die hof!  (Read 11542 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Stilte in die hof!
« on: November 30, 2012, 12:22:40 PM »
Die hof is ‘n gawe plek om te makeer, het die ou mense altoos gesê.

ek lief hierdie uitdrukking deur Herman. wie gebruik nog die die woord 'makeer'?
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/nuuskommentaar-stilte-in-die-hof/

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte in die hof!
« Reply #1 on: November 30, 2012, 03:35:42 PM »
Wat sou daardie "makeer" beteken?
Makeer die pas?  Wie was in die weermag? 

Ek het hierdie geniet Adéle. 

Oupagrootjie De Necker word onthou vir sy wysheid: “Met die hoed in die hand kom man deur die ganse land.”
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte in die hof!
« Reply #2 on: November 30, 2012, 08:55:08 PM »
hierdie 'makeer' beteken iets 'kort' bv

daar makeer sekere items in die kas ens.

'n army mars se pashou is 'die pas markeer'

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte in die hof!
« Reply #3 on: December 01, 2012, 07:51:25 AM »
 :icon_biggrin:  Dit wys jou hoe slim is ek.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Stilte in die hof!
« Reply #4 on: April 07, 2013, 08:23:29 AM »
Sorry ek moet algar se bubble bars! Om te makeer by 'n plek of geleentheid is om nie daar te wees nie. maw Om in die hof te makeer is goed, dan is jy nie in die moeilikheid nie, want sien mense wat in die hof is het moeilikheid, synde jy is die skuldige en gaan veroordeel worre of jy is die een wat leed aangedoen is en die klag geleg het, Ja die hof is 'n gawe plek om te makeer, dis baie gaaf om nie daar te wees nie!  :read2:
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte in die hof!
« Reply #5 on: April 07, 2013, 04:20:18 PM »
Maak ook nou nie saak of jy skuldig is of nie, jy sal altyd geld makeer, want die prokurower sal daarmee heen gaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Stilte in die hof!
« Reply #6 on: April 07, 2013, 07:15:31 PM »
Ja. Die prokurower en die magiskurk het altwee 'n hand in die beursie.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stilte in die hof!
« Reply #7 on: April 08, 2013, 03:38:57 AM »
Maggiesstraat ou Joe, dit was hoeka dan onse delwerstaal daai :toothy4: Assie ek dink prokurowers en magiskurke is in betalende beroepe, want skelmstreke is beslis lonend! 

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Stilte in die hof!
« Reply #8 on: April 22, 2013, 11:24:46 AM »
siende dat ons nou op die tema van die hof is -

eerstens moet ek 'n Genis op my trek want ek is nou sommer diep beswaard. dis nie al ons prokurowers wat rowers is nie. Maar om tot die punt te kom, as ons na die togas kyk van die prokureur en die advokaat, dan sal ons merk dat die advokaat se toga op die "blad" links agter so 'n sakkie het. Hierdie sakkie dateer uit die ou Engelse reg en die doel van hierdie sakkie is sodat geld daarin gegooi kan word. En dit bring ons by die vraag wat so dikwels gevra word: "hoeveel geregtigheid kan jy bekostig?". Dit het so ge-werk - die advokaat in jou saak voor die hooggeregshof stel jou saak aan die regter/s deur te praat. Jou advokaat is egter ook vergesel van jou prokureur. En die een funksie van die prokureur in die hof was om geld in die sakkie aan die advokaat se toga te gooi. Vir solank die prokureur geld in die sakkie bly gooi, vir so lank sal die advokaat jou saak bepleit. Sodra die geld ingooi stop, stop die advokaat sy betoog.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte in die hof!
« Reply #9 on: April 23, 2013, 08:33:12 AM »
 :icon_biggrin:  Die verskil is vandag word jou saak bepleit en more kry jy die rekening.   :icon_biggrin:  Of jou saak nou gewen of verloor is. 

Dit is soos jy sê Natalie, almal is nie oneerlik nie, maar die wat is trek al die ander na benede. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte in die hof!
« Reply #10 on: April 23, 2013, 11:28:06 AM »
haai Natalie, dis interessant, goete wat ons gewone sondaars nooit geweet het nie ...  :icon_scratch: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Stilte in die hof!
« Reply #11 on: April 23, 2013, 06:49:36 PM »
Baie interessant... die deeltjie oor die sakkie in die toga.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte in die hof!
« Reply #12 on: April 23, 2013, 09:19:26 PM »
Ons struikrowers het 'n boekie, jy plaas die note net daarin dan is jy skotvry.  Ek is "halstarrig" haal starig asem, ek weier.  Sy moere en boute. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Stilte in die hof!
« Reply #13 on: July 24, 2019, 08:17:24 PM »
hier het ons onsselwers ook makeer ...

Maar net dalk kan ons nog hofstaaltjies van iewers opdiep.
Ek het so 'n rukkie gelede na 'n gesprek tussen 'n paar mense oor die egskeidingshof geluister. Hartseer, maar ek was ook een keer daar .... en iemand anders se antwoord op 'n vraag van die regter het ons amper onder die banke laat inkruip van die lag. Die man het breedvoerig vertel hoe sy vrou hom uit sy geld uit verneuk en daarom moet hy net skei, om nog kop bo water te probeer hou. Vra die regter hom o.a. of sy vrou voorheen getroud was. Antwoord hy: Ja, Edelagbare, agt keer al.
Ek kon amper die regter se gedagtes lees, gewonder of hy gedink het, maar dan is dit mos jou verdiende loon. Het jy nie gewonder hoekom al die ander mans haar gelos het nie ...?
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stilte in die hof!
« Reply #14 on: July 27, 2019, 09:29:44 AM »
O wee!  Arme man?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.