siende dat ons nou op die tema van die hof is -
eerstens moet ek 'n Genis op my trek want ek is nou sommer diep beswaard. dis nie al ons prokurowers wat rowers is nie. Maar om tot die punt te kom, as ons na die togas kyk van die prokureur en die advokaat, dan sal ons merk dat die advokaat se toga op die "blad" links agter so 'n sakkie het. Hierdie sakkie dateer uit die ou Engelse reg en die doel van hierdie sakkie is sodat geld daarin gegooi kan word. En dit bring ons by die vraag wat so dikwels gevra word: "hoeveel geregtigheid kan jy bekostig?". Dit het so ge-werk - die advokaat in jou saak voor die hooggeregshof stel jou saak aan die regter/s deur te praat. Jou advokaat is egter ook vergesel van jou prokureur. En die een funksie van die prokureur in die hof was om geld in die sakkie aan die advokaat se toga te gooi. Vir solank die prokureur geld in die sakkie bly gooi, vir so lank sal die advokaat jou saak bepleit. Sodra die geld ingooi stop, stop die advokaat sy betoog.