Author Topic: Vervlenterde kaalvoet Klonkie  (Read 10654 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Vervlenterde kaalvoet Klonkie
« on: November 30, 2012, 08:39:34 AM »
Een van my ou gunstelintjies. Deur ID Du Plessis
Kaalvoet Klonkie

Verflenterde kaalvoet klonkie
Wat groente verkoop in die reën,
Met jou lelike skurwe tone
En jou lendelam hoepelbeen,
Jy kom met jou venterliedjie
Deur die mistige Kaapse straat
En helder sing jy die woorde
Op jou eie koddige maat:

Lekka, lekka ywe,
Laat die ghantang nader skywe!
Tamaties en ywe, vars van die Strand
En baie kiri slam by die hys se kant!

Jy kom uit ‘n deel van Kanaldorp
Waar die dienders gewapend moet gaan
En die weerlig van ‘n skeermeslem
In ‘n donker hoek neer mag slaan.
Miskien kon jy “Bismillah” sê
Vanmôre, omdat in die kas
Wat dae lank so leeg moet bly,
Daar weer ’n broodjie was?
Of dink jy aan Nuwejaar
As die troepe deur Waalstraat stroom
Van de Bo-Kaap na die Onder-Kaap
Langs die stomp van die Slaweboom?
Is dit wat jou so laat bokspring
En dans op jou hoepelbeen,
Verflenterde kaalvoet klonkie,
As jy groete verkoop in die reën?
En hou van die vrolike klanke
Waarmee jy die winter tart.
Sing jy hierdie ligte deuntjie
Bo ‘n somberte in jou hart?
En as jy óp na die Boereplein
Met jou boepens-mandjie gaan,
Dan trek jou parmantige liedjie
Deur die strate agter jou aan:

Lekka, lekka ywe,
Laat die ghantang nader skywe!
Tamaties en ywe vars van die Strand
En baie kiri slam by die hys se kant!


 :icon_bigsmurf:
 
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vervlenterde kaalvoet Klonkie
« Reply #1 on: November 30, 2012, 08:43:52 AM »
Nog een van sy mooi skeppings...

Rietfontein

By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom,
En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel oor die stroom,
Word op maanverligte nagte nog ‘n sombere tafereel
Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel.

Wit is die water
En blond is die maan,
En bly is die paar
Wat gearmd daar gaan,
Versilwerde bome
Ruis in die laan;
Wit is die water
En blond is die maan.

‘n Honderd jaar gelede het die buurt se mooiste blom
So in die helder maanlig na die peerboomlaan gekom;
Maar terwyl sy en haar minnaar in confettie-bloeisels staan,
Het ‘n ander in die skaduwee langs die dam se wal gegaan.

Wit is die water
En bleek is die maan,
Wie is dit wat daar so
Geruisloos gaan?
‘n Huiwering trek
Deur die bome in die laan;
Wit is die water
En bleek is die maan.

O salig die verrukking wat die suiwere liefde bring,
En vrolik het die harte van die paartjie daar gesing
By Rietfontein se leidam, in die wit lig van die maan;
Maar oorkant langs die peerboom het ‘n skaduwee gegaan.

Wit is die water
Maar bleker die maan,
Wie is dit wat daar so
Doelbewus gaan?
Verdonkerde bome
Bewe in die laan;
Wit is die water
Maar bleker die maan.

Kortstondig soos die dou wat smôrens skitter op die roos,
Kortstondig was die enkel uur van samesyn se troos,
Op bloedbevlekte bloeisels lê die paartjie in die laan,
Terwyl ‘n swart gestalte onder peerboomtakke staan.

Bloed in die water
En bloed in die laan,
Wie is dit wat daar so
Roerloos bly staan?
Vormlose skaduwees
Kruip oor die maan;
Bloed in die water
En bloed in die laan.

By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom,
En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel oor die stroom,
Word op maan-verligte nagte nog ‘n sombere tafereel
Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel.

Bloed in die water
En bloed in die laan,
Wie is dit wat daar so
Skuldbewus gaan?
Vormlose skaduwees
Kruip oor die maan;
Bloed in die water
En bloed in die laan.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vervlenterde kaalvoet Klonkie
« Reply #2 on: November 30, 2012, 10:44:14 AM »
Dankie Naas.  Dit is werklik goeie werk van die ou meesters.  Mag ons dit lewendig hou vir die nageslag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vervlenterde kaalvoet Klonkie
« Reply #3 on: June 28, 2017, 09:12:04 AM »
kaalvoetklonkie soek nog altyd vir my 'n wysie en dit bly 'n lekkerste lekkerleesgedig
adéle  :grommit:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Vervlenterde kaalvoet Klonkie
« Reply #4 on: July 12, 2017, 11:26:02 AM »
Dankie dat jy dit geplaas het, so lanklaas gelees, was weer lekker om dit te kon, sing lees.