Author Topic: Die letter trio  (Read 5461 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die letter trio
« on: November 29, 2012, 05:27:04 AM »
Net vir die pret.  Raaitjie, kom help om die bewoording reg te kry as iets onduidelik uiteengesit is asseblief. 

Die letter trio
Minstens drie strofes of ses of nege ens.
Drie versreëls.
Twee, of al drie versreëls begin en eindig met dieselfde letter.
Daar is 'n vergunning om enige van die drie versreëls in die strofe, met slegs een van die letterwoorde te begin of eindig.  (In die voorbeeld het ek die derde versreël gekies.)
Dieselfde letter kan deurentyd deur die gedig gebruik word of elke strofe kan met 'n ander letter begin. 
Daar is nie 'n beperking in die versreëls van woorde wat met dieselfde letter begin nie.

sy is sestig  (eerste en laaste woord begin met es)
sterk op pad na sewentig  (so ook hier)
suster ek is lief vir jou  (slegs eerste woord begin met es, of jy kan die laaste woord met es begin)

jy is jolig                     
jonk     'n jasmyn.....'n juweel  (Hier het ek die beginletter verander, jy kan dit steeds es hou)
ja my sus     ek's lief vir jou

piekniek en piesangs
perskes en papajas
pas so perfek by jou
« Last Edit: November 29, 2012, 08:18:58 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die letter trio
« Reply #1 on: November 29, 2012, 05:57:24 AM »
Oe dit is wonderlike uitdaging. Ek loer nog na die struktuur se riglyne. Sal gaan kopkrap en probeer hoor!!  :hello2:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die letter trio
« Reply #2 on: November 30, 2012, 02:25:17 AM »
Dankie vir die heerlike uitdaging en splinternuwe struktuur matertjie! Ek het deurgaans net een letter gebruik.
Hierdie ene is dan ook sommer 'n opvolg van jou "S" skepping vanuit my posisie - eers alleen/magteloos, bose kringloop van wag op uitslae en dan met die ondersteunende saamwees-stut wat julle vir, en om my vorm, glinster die toekoms weer blinkstroompie en seil my skip volmas vorentoe.
 :love7: :notworthy:

Trio (S)krabbels
 
Slu steel skete sonskynstrale.
Somber stoïsynse spieëlbeeld:
'Streepsaksiel'.

Sewentig spikkelgedagtes.
Sensoriese stippel sekondes
sleur, sleur, sleur...

Skreeu swangerstiltes
skrille sirkelgang
soekend, soekend, soekende...

Sò sweer soutsuursmaad
sy swartnag strepies spoor
selfvernietegend.

Stroomop, span stilte skoenveterstrikke.
Swik swakkes swyende - 
sinkend, sinkend, sinkend.

Simpatiek salueer Suiderkruis sterrenag.
Sku skyn sekelmaan sy
'Soutbos Sakrament'.

Sawens span sy seile;
soggens strek sonligsteltes
sewe seë wyd!

Spontaan sing stemme.
Snoetig snuif silhoeëtkoor's strofe
♫ saam-lag, saam-huil ♫

Stok & Staf - Sy Sínear Skeppingsplan.
'Saamwees Serenade'
slaap soete skapie, slaap...

© Meraai vannie baai
« Last Edit: May 06, 2017, 04:02:41 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die letter trio
« Reply #3 on: November 30, 2012, 08:03:24 AM »
Raaitjie, jy slaan my stom!  Dit is 'n perfekte voorbeeld en ek lig my hoed en knak my knieg!   :notworthy:

Ek was baie huiwerig oor die struktuur en toe kom vervolmaak jy dit!  Dit gaan boek toe Sustertjie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die letter trio
« Reply #4 on: November 30, 2012, 12:07:33 PM »
Ekke moet hoed lig en knieg knak vir die kreatiewe hoek waaruit jy die letter woorde omskakel het in 'n uitdagende struktuur mater!! Dit baie baie geniet. Henske uitdaging om dit wat jy voel, oor te dra met beperkte woorde wat almal met dieselfde letter begin  :evil6: Dankie vir die pragtige kompliment!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die letter trio
« Reply #5 on: November 30, 2012, 03:44:12 PM »
Toe ek die "eenletterwoord" moes toepas het ek gewens 'n mens kan net hier en daar 'n ander "letterwoord" gebruik, toe dink ek, hoekom nie?  Jy het dit uitstekend gedoen.  Dalk sal 'n paar ander maatjies dit ook probeer.
Ek het dit ook baie geniet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die letter trio
« Reply #6 on: March 27, 2013, 02:07:13 PM »
Hierdie is nou in die boek en ek  het nog 'n plekkie vir nog 'n voorbeeld julle ouens.  Laat die ink loop!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die letter trio
« Reply #7 on: April 11, 2013, 12:25:51 AM »
Sien nou hierdie is  :book1: toe. Dankie vir die groot voorreg matertjie  :notworthy: :icon_salut: