Author Topic: Lieg jy alweer!  (Read 8524 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Lieg jy alweer!
« on: November 29, 2012, 04:26:41 AM »
Hoekom lieg party mense so!? 
Hulle is gewoonte leuenaars. Hulle lieg ook oor goed wat glad nie eers van belang is nie.
Nou een ding wat ek al gesien het by liegbekke, hulle moet vandag baie mooi onthou wat hulle gister gelieg het, anders lieg hulle hulself vas.  Gewoonte leuenaars mag ook nie drink nie, want dan vergeet hulle skoon van alles waaroor hulle gelieg het. 

So kom Aia Souf vanoggend by my "kuier" in die kamer.  O Flip dit was gisteroggend!  Sy werk al tien jaar hier.
(Aia Souf - 'n troetelnaampie wat sy gou gekry het omdat sy so na haarself as "hierdie ou aia" verwys.  As julle weet hoe Jerry die kat se aia lyk, weet julle presies hoe lyk Aia Souf.)
Aia Souf kom eintlik "simpatiseer" omdat ons so arm is en so swaar kry.  Sy bring die R10.00 wat ek haar die vorige aand gegee het vir 'n koeldrankie terug, want, reken sy, ons het dit meer nodig.   :icon_biggrin:
Die wind is uit my seile.  Hoekom sê jy so Souf? 
Volgens haar miesies betaal ons net R150.00 per dag om hier te bly. 
Ek verduidelik vir haar dat dit net vir aandete is en dat ons in totaal R650.00 per dag betaal plus R120.00 per week vir wasgoed.  Ek wens ek kon die ontnugtering op die mensie se gesig op kamera vaslê.  Ek was dadelik spyt dat ek dit gesê het.  Ek dink mos nie voor ek praat nie.  Tog is dit net die waarheid en hoekom lieg haar miesies dan so vir haar? Wat het dit met haar te doen wie betaal wat? 'n Onnodige leuen. 
Hoe waar is die gesegde van "as jy kan lieg kan jy steel".
Later sou ek uitvind dat Aia Souf nie 'n bonus kry hierdie jaar nie omdat dit so "broekskeur" gaan. 
Dit is sommer plein kommen steel!  Die woonstel is vol bespreek vir die jaar teen R10.000 per maand.  Aia Souf maak dit elke dag skoon, was en stryk die mense se klere ook.  As sy net 10% daarvan kon kry sou dit R12.000  beloop het, 'n kwart daarvan is R3.000. 
Ek glo dit, as jy kan lieg kan jy steel ook!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #1 on: November 29, 2012, 04:41:04 AM »
Grote Griet en eish!! Sal wat wil gee om Aia Souf oor te vlieg diekant toe hoor.  Daardie liegbekkies verdien haar nie! Ek se altyd vir Outop die ouens wat so spin met die waarheid moet liewers stories skryf en hulle valse verbeeldingsvlugte vaspen op papier dan hoef hulle nie ander te verpes nie, en kan mens dit eerder paragraafsgewys, geniet.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #2 on: November 29, 2012, 04:57:29 AM »
Inhaligheid is ook nou weer 'n ander ding.   :`ip2:

Hulle kry juis nie ander mense wat hier wil werk nie.  Dit sal 'n sware dag vir hulle wees as Aia Souf besluit genoeg is nou genoeg.  Dit sal ook maar moeilik gaan om jou dagtaak met 'n bybel onder die arm te verrig.   :icon_biggrin:
 :bootyshake:  :`ip2:
 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #3 on: November 29, 2012, 05:05:02 AM »
Hoe lank gaan jy nog daar vasgevang wees? LOL jy gaan baie grappies versies ken hierna matertjie  :icon_bigsmurf:.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #4 on: November 29, 2012, 05:13:04 AM »
Die grappies is legio Sustertjie.   :icon_biggrin:  Ook baie ironie.  een of twee erre?

Gister het een van die drie "bushings" foutief getoets.  As Hannes vandag 'n nuwe een ontvang, kan ons Sondagoggend voertsek. 

Hannes het darem vir my gif gebring en voltaren vir die teef se been.  Hulle is gedip en gebad, geborsel en geliefie en Teef het beslis verligting in die been.  Teef het darem nou 'n naam ook.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #5 on: November 29, 2012, 06:46:23 AM »
Hiehie, jy praat van 'n brakkevroutjie ne??  :icon_bigsmurf: Ironie is reggespel  :notworthy: en ek giggel vir die prentjie wat jou woorde geskep het!

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #6 on: November 29, 2012, 12:07:38 PM »
Aia Souf gaan jou mis. Mens wens altyd jy kon hulle red uit so 'n goor situasie. Siestog, dat so 'n gesiene vrou nou so swaar moet kry. Ai!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #7 on: November 29, 2012, 02:26:12 PM »
 :sign10:

Aia Souf wil net saam gaan.  Lukas ook!  Ek het nie so 'n gemene streek nie. 
As daai twee mense hier weggaan is dit chaos.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #8 on: November 29, 2012, 02:39:38 PM »
Ek dink hulle sal in elk geval weggaan, sodra hulle iets beter kry. Hulle het mos nou gesien daar is goeie mense ook.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #9 on: November 29, 2012, 03:15:40 PM »
Pretoria is ver van Hendrina af.  Die vervoer is duur deesdae.  Maar as my Frans met pensioen gaan, sal ons sien of hulle nog hier werk. 

My sakke is nie te diep nie en my arms nie te kort nie.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #10 on: December 02, 2012, 05:18:25 PM »
'n Brief aan my "gasvrou", waar ons in 'n kamer geslaap het, sonder 8-ta opvangs (waaroor sy hoog en laag gesweer het) of, DSTV soos wat in die advertensie gesê is, ook sonder lugreëling.  Geen "sjampoetjies" of sepies soos by 'n normale gastehuis nie.

Die webtuiste sê:  R150.00 per persoon per dag plus R80.00 per persoon vir aandete. 
 
Liewe mevrou gasvrou,
die aanbod wat julle vir ons gemaak het was R550.00 per nag, ontbyt en aandete ingesluit. 
Ons het van die 12de tot die 15de November oorgeslaap en slegs aandete ge-eet.
Die nagte van 16, 17 en 18 November was ons nie daar nie, maar het nogtans volprys betaal, etes ingesluit.
Van die 19de tot die 26ste het ons ook R550.00 per nag betaal.
'n Totaal van R8 250.00.
Hannes het uit sy eie aangebied om die res van die tyd R650.00 per nag te betaal. 
Van die 27ste November tot die 1ste Desember het ons R3 250.00 betaal wat 'n totaal gee van
R11 500.00.

Ek het probeer onthou wat ons alles gekoop het:

1 kg wors, 4 pakkies kouevleis, 1 pak vienas, 1 pakkie bacon, kaas, sakkie gemsquash, 2 blikkies ertjies, pak boondjies, 2kg vark-boudtjops, 1 en 'n half kilogram fillet steak, 500 ml jogurt, spessery-broodkrummels, vrugtesappe, tee, koffie, suikerpilletjies, melk, 1 pak skyfies, 1 pak nik naks, 1 houertjie vla, 'n bak roomys, sak mieliemeel, 500ml Rama, 2 pakkies kaassous, charcoal, firelighters en ons het al ons tee, koffie, suikerpilletjies en melk, self voorsien. 

Kom ons bereken dit op R800.00.
Voeg by die R240.00 vir wasgoed dan is dit R1040.00.
Dit bring ons nou op 'n totaal van R12 540.00.

Sou ons dit nou deur die 17 dae wat ons daar oornag het deel, dan kry ons 'n som van R737.64 per dag.
Sou al jou uitgawes nou aan ons, R237.64 rand per dag wees, dan het jy nog R500.00 per dag , vir 'n kamer, skoon wins, in jou sak gesteek.  So, moet asseblief nie weer vir iemand vertel dat ek gratis daar gebly het en my man slegs R150.00 per dag betaal het nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!    Jy lieg!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

En o ja!  Ek het nie my arbeid vir die verpakking van die blomme, die dae wat ek jou tuinjong gehelp blomme plant omdat jy gaan "shop" het, die aandetes kook, die verwerking van jou krat tamaties en die inlê van jou beetslaai bygereken nie. Dit was mahala.  Ek is half ordentlik. 
Ook nie vir die dip, bad en borsel van die honde nie.  Dit het ek met liefde gedoen.  Amper sê ek ek is heeltemal ordentlik!!!
« Last Edit: December 02, 2012, 05:26:25 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #11 on: December 02, 2012, 11:02:18 PM »
Ek sien die gasvrou se gevreetjie na sy gelees het :icon_biggrin: :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #12 on: December 03, 2012, 03:11:01 AM »
Dit is maar net my manier om "finaal afskeid" te neem van 'n onaangename episode in my lewe.  Dit neem my mos 'n tydjie om dinge te verwerk.  Ek het 'n paar sulke briewe in my "laai".   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #13 on: December 03, 2012, 03:20:26 AM »
Nou wonder ek: het jy of het jy nie? Regtig egtig gelos vir haar?   :`ip2: :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lieg jy alweer!
« Reply #14 on: December 03, 2012, 03:41:44 AM »
Nee ek het nie.  NOG  nie.   :icon_biggrin:
Oppad terug, gisteroggend, vertel Hannes vir my dat ek glo vir haar sou gesê het sy is inhalig. 
"Sy lieg alweer!"  seg ek vir hom. 
"Sover ek kan onthou was dit nie ek wat gesuie was nie?"  (Met my weet mens nooit wat later in die aand kon gebeur het nie.)
"Nee, sy was darem baie 'geklits'.  Wat het jy gesê?"
"Toe sy weer so kerm en kla dat sy die mense te min laat betaal, het ek gesê sy moet versigtig wees, want "greed" het al baie mense in die voet geskiet."  daar lag Hannes uit sy maag uit. 
Dalk is sy reg, dalk loop "greed" en "inhalig" hand aan hand. 
Ons hou niks teen haar nie.  Ons het besluit sy is nie lekker "all there" nie en dit is dit.  Almal wat ons ken weet ons is nie "bloedsuiers" nie. 
Om te weet is om te verstaan.