Author Topic: As die roosboom weer sal bloei  (Read 4151 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
As die roosboom weer sal bloei
« on: May 01, 2013, 03:54:46 PM »
Klipwerf- en Baardskeerdersbos orkeste speel hierdie liedjie uit die ou dae (ook op 78 plaat vasgele) maar ek dink die woorde is vergete.

Op 'n verafgelee plasie
Waar die rose weeldrig groei
Staan 'n minnaar en sy meisie lief en teer.
Hy moet haar nou laat staan
om na die slagveld heen te gaan.
Min weet sy dat sy sien hom nimmer weer.

Hy soen haar sagrooi lippies,
en soen haar nog een keer.
met die hoop hy sien
sy liefling eendag weer.
Hy laat trane saggies wegvloei
fluister hy plegtig aan haar,
Ek is met jou
waar die roosboom weer sal bloei.

As die roosboom weer bloei
daar in haar tuintjie,
en die voëltjies sing
hul vrolik morelied
dan sal sy daar heengaan
en in haar oë skyn 'n traan
met 'n hartjie vol verlange en verdriet

In die hemelse gebed
word daar 'n kreis geroep gehoor
van 'n burger met koël deur die bors
Na die tyd dat ek moet gaan
en my liefling nou laat staan
Kom was die bloed verlaas
hier van my bors.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: As die roosboom weer sal bloei
« Reply #1 on: May 01, 2013, 04:07:57 PM »
Mooi.
Ken dit nie, maar die woorde is mooi.
elle