Author Topic: DIE HIEFEL EN DIE FIEFEL  (Read 3871 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
DIE HIEFEL EN DIE FIEFEL
« on: November 22, 2012, 05:08:52 PM »
http://www.gabrielkolbe.co.uk/musiek/DIE_HIEFEL_EN_DIE_FIEFEL/256.html

ek ken hierdie gladnie maar die titel het my laat wonder hoeveel sulke skatte in Afrikaans iewers weggesteek word.


DIE HIEFEL EN DIE FIEFEL

'n Klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
'n klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
en al wat aan my lyf is, is 'n linkersy.

'n Skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
'n skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
en al wat aan my skoon is, is die swart van my nael.

'n Asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
'n asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
en al wat op my plaas is, is die stof in die sloot.

'n Sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
'n sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
en al wat op my plaas is, is die rondte van die naaf.

'n Bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
'n bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
en al wat in my huis is, is die wit van 'n kers.

'n Jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
'n jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
en al wat in my kas is, is die knoopsgat van 'n mou.


Written by Woorde: C.J. LANGENHOVEN Musiek: S.A. Volkswysie

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: DIE HIEFEL EN DIE FIEFEL
« Reply #1 on: November 23, 2012, 06:44:08 AM »
Dankie Adéle, dit is nogal een van Langenhoven se werk wat so wegkruip.  Baie oulik, ek het dit geniet. 
Om te weet is om te verstaan.