Author Topic: Diamantes struktuur  (Read 10350 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Diamantes struktuur
« on: May 21, 2011, 01:43:08 PM »
Diamantes

Ook diamantgedig genoem. Hierdie gedig bestaan uit sewe rymlose versreels.
Enige onderwerp, geen rym

Eerste reel = 1 Selfstandige naamwoord
Tweede reel = 2 byvoeglike naamwoorde
Derde reel = 3 werkwoorde
Vierde reel = 4 verlede deelwoorde
Vyfde reel = 3 werkwoorde
Sesde reel = 2 byvoeglike naamwoorde
Sewende reel = 1 Selfstandige naamwoord


Metgesel
Ribbebeen
Krom doelloos
oopsny uithaal vat
verander vervorm vernuwe verbeter
vorm asem lewe
afgerond mooi
vrou

© Naas


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diamantes struktuur
« Reply #1 on: May 21, 2011, 04:02:08 PM »
Lief Naas, ek het gou hier kom inloer en net gou kom sê baie dankie vir jou moeite.  Ongelukkig swaai die lewe my al weer aan die stert rond en sodra ek 'n kansie kry kom skryf ek vir jou 'n mooi voorbeeld.  Hê-hê,  mooi!

Ek sal eers moet gaan seker maak wat 'n verlede deelwoord is.   :icon_biggrin:   

Baie dankie vir jou moeite.  Sien jou later elligator!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Diamantes struktuur
« Reply #2 on: May 22, 2011, 07:18:52 AM »
Ek is nie iemand wat my steur aan strukture van enige aard nie. (Bietjie van 'n Rebel, ek. 'n Groot Rebel, sal my vriend se). Sou om die dood nie kan onthou wat is wat en hoe dan nou nie. Ek wil vry wees om te se. En ek wil buig en reguit maak waar en hoe ek wil. So, oordeel nie my as ek my nie gaan verwerdig om by die strukture in te val en te probeer nie. Julle sal beslis vir my lag vir enige poging. Ek hou van die Vryvers se vryheid. En, Naas, wat IS 'n verlede deelwoord?   :angel8:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diamantes struktuur
« Reply #3 on: May 22, 2011, 09:10:59 AM »
Strukture is soms 'n groot uitdaging.  Dit laat 'n ou kopkrap en dink!  Ek was altyd maar net 'n rymelaar en die strukture het my geleer om nie oormatig gebruik te maak van rym of dwangrym nie.  Dit leer 'n mens disipline en soms moet jy goed kopkrap om nie van oormatige woorde gebruik te maak nie.  Soms moet jy woorde inpas wat jy andersins nooit sou gebruik het nie.  Dit is vet pret!   :icon_biggrin:  en nee,  ons lag nie vir mekaar nie,  :icon_biggrin:  maar soms lag ons ook, maar dit is alles in goeie gees. 

Verlede deelwoorde is woorde wat die verlede uitbeeld.  Verledetydsvorm.  Sien jy nou,  ek het al weer iets geleer.   :icon_biggrin:

Hier is my poging.  Dit is nie so goed soos joune nie Naas,  maar ek het probeer. 

                                          Dood
                                     Pynlik sielloos
                                  steek kners knou
                      verwring verwoes versuur vergal
                                 smag verlang rou
                                       gru grou
                                      houtkruis
« Last Edit: May 22, 2011, 09:27:34 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Diamantes struktuur
« Reply #4 on: May 23, 2011, 08:54:42 AM »
Jou voorbeeld is nims mee verkeerd nie PM'pie. Dit is in die kol. Weer klap my mond toe...

Jy is reg PM. Dit beeld verlede tyd uit sonder die woordjie "het" vooraan. 'n Toets vir verlede deelwoord is gewoonlik dat jy "het" voor die woord kan plaas sonder om sy "tyd" te verander.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diamantes struktuur
« Reply #5 on: May 23, 2011, 12:43:38 PM »
Dankie Naas.  Die ander ou woodeboek wat ek hier het,  hy kom nog saam Tant San uit die oude doos, hy seg,  dit is 'n werkwoord wat die verlede tyd aantoon.  Sal die voorvoegsel "ge" ook hier werk?   Gesit, gestuur ens.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Diamantes struktuur
« Reply #6 on: May 23, 2011, 12:48:30 PM »
Beslis ja. Solank dit net nie uit tant San se oude doos kom saam met die woordeboek nie.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diamantes struktuur
« Reply #7 on: May 23, 2011, 01:11:47 PM »
Oeps,  hoe sal ek dit toets?   :sign10: 

Om te weet is om te verstaan.