Author Topic: waar sou ek nou wou wees....  (Read 7128 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
waar sou ek nou wou wees....
« on: November 17, 2012, 04:08:25 PM »
sou nou hier wou wees





en dit bekyk





en bietjie jag ook





en nog kyk



en nog jag en tevrede uit die water uitkom





sodat daar vergelyk kan word







en die lewe geniet kan word








ja Hangklip lieg nie
« Last Edit: November 19, 2012, 07:40:00 PM by AB »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #1 on: November 17, 2012, 06:36:08 PM »
Dit lyk lieflik en heerlik.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #2 on: November 18, 2012, 11:03:14 AM »
Ek hou nie van jou nie!   :icon_biggrin:  Ek speel net, ek is jaloers. 

Dankie vir die mooi foto's.  Dit laat my hart Kaap toe verlang met 'n passie. 

Vertel vir my die storie van die tweede foto asseblief AB.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #3 on: November 18, 2012, 11:23:31 AM »
ek het die kamera saam in geneem toe ek water toe is om te gaan duik en met die uitswem slag het ek sommer die plek waar ek moet uitklim afgeneem en die see bamboes was toe in die voorgrond. ons swem deur en duik tussen die seebamboes. met spring laagwater lê dit nogal dik en is 'n werk om daaroor te kruip of onder deur te swem. ek swem liewer odnerdeur dis makliker vir my. sommige ander mense kruip swem daaroor of daardeur.

sommige kla oor die bamboes, ek hou weer daavran want dan kan ek daaraan vashou as 'n brander kom en ek trek my aan die bamboes af om onder te kom en ek swem terug boontoe. sommige mense sit gewigte aan om te sak, ek het ook eers en amper versuip en toe my self geleer om met de bamboes af te gaan, dan is mens ook liger om makliker weer terug bo te kom om asem te kry.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #4 on: November 19, 2012, 02:47:50 AM »
Ek raak sommer benoud as ek dink aan gewigte om 'n mens onder te hou.  Hoe werk dit met die opkomslag?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #5 on: November 19, 2012, 04:49:04 AM »
wanneer jy snorkelduik is die idee dat jy gewigte aansit wat jou "gewigloos"maak. die duikpak is amper soos skuimrubber en het lugborreltjies binne in die materiaal. dus druf jy met die duik pak aan jou lyf. Nou sit jy gewigte aan om jou effens swaarder te maak, omtrnet so 10% van jou ligaamsgewig. dit is veronderstel om jou geiwgloos onder water te maak dat waneer jy af duik jy nie sal opgaan soos 'n kurkprop nie en dat jy nie sommer sal sink nie, maar dit werk ook net tot op 'n punt. hoe dieper jy gaan hoe kleiner druk die lugborrels in die materiaal en hoe minder dryf vermoeë het jy, dan moet jy maar weer swem om bo te kom. as jy vlak duik neem die pak jou nog boontoe en as jy dieper duik dan sink jy en dan moet jy maar swem om bo te kom.

As jy nou kreef en alikrik duik en jyt gewigte aan en jyt 'n sak om jou lyf waarin jy die goed sit, word jy al swaarder soos jy die sak voller pak en op die ou end is jy oorgewig....dis waar die gevaar kom, dan raak jy al moeg van die duik en jy jys oorgewig gelaai en wil net sink en sukkel om te swem. dis toe wat ek eenkeer my gewigte weggeooi het om te kan uitkom. en dis toe wat ek en my pelle ons self geleer en geoefen het om sonder gewigte te duik.

met scuba werk dit amper so maar efffns anders. ek sit so 12% na 15% gewigte aan maar die baadjie wat ons aantrek waaraan die duik tenk kom het 'n ballon binne in wat jy opblaas en afblaas. waneer jy in die water ingaan blaas jy dit op om te dryf. waneer jy wil sak blaas jy dit af en die gewigte trek jou af en waneer jy onder kom blaas jy weer beitjie lug in om nie op die grond rond te kruip nie maar om gewigloos te dryf op 'n spesifieke diepte. dis so gevoelig, as jy net die regte hoeveelheid lug in het sal jy opgaan wanneer jy asem intrek en afgaan as jy asem uitblaas.
maar as jy nou effens dieper of effens vlakker swem moet jy weer die hoeveelheid lug aanpas, vlakker, laat jy lug uit en diper blaas jy meer op want die lug sit uit en druk saam soos jy vlakker en dieper gaan. waneer jy klaar geduik het blaas jy al die lug uit die baadjie en swem jy boontoe want soos jy op swem sit di elug uit in die baadjie en gaan jy al vinninger op soos die lug uitsit en dit wil jy nei hê nie want jou longe kan bars as jy nei reg asemhaal nie en jy kan borrelsiekte optel. dis die rede waarom jy 'n kursus doen voordat jy begin scuba, dis nei iets wat jou pel jou sommer wys so werk dit en kom ons gaan water toe nie.

as jy diep duik, ek dink dieper as 24 meter met scuba raak jy al swaarder. ek was al 32 meter onder water en as jy dan wil opswem blaas jy bietjie lug in jou baadjie om jou te help anders wil jy net af gaan. en wanee rjy so by 26 en 25 meter kom dan begin blaas jy weer af maar so dat jy nie sink nie. waneer jy by 3 meter onder water kom dan stop jy eers daar vir 5 minute om van stikstof in jou lyf ontslae te rak voor jy tot heel bo gaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #6 on: November 19, 2012, 04:58:45 AM »
WOW!  Dit is nogal 'n bek vol wat jy moet leer.  Ervaring is ook sekerlik die beste leermeester.  Is daar nie baie "strome" onder die water wat jou "wegspoel" nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #7 on: November 19, 2012, 05:15:00 AM »
ja ervaring help meeste, maar basiese kennis en opleiding is noodsaaklik. soms is daar strome soms nie. teen mosambiek kus het ons nogal baie storme gekry maar dis die warm mosambiek stroom wat daar af vloei en baie keer invloed het op die plek waar jy duik. maar gelukkig vertel hulle idt voor die tyd vr jou en die duik leier swem met 'n tou en boei en die boot volg die boei. ons het een keer in 'n stroom van 5 km/uur geduik, al langs 'n rif. dan swem jy net af tot onder en bly dryf in die water al saam met die stroom tot jou lug min raak. ons het sowat 2,5 km in 30 minute gedryf.

hier in di ekaap is weer baie plekke wat nie strome het nie agv baaie en inhamme in die kus.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #8 on: November 19, 2012, 10:12:26 AM »
Met engte vrees wat my soms wil verstik het ek nie daardie moed nie.  Baie dankie dat jy duik en die mooiste foto's kom deel.  Ek kyk nou weereens na die pragtige kleure en dit is so mooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #9 on: November 20, 2012, 12:24:31 AM »
Waar sou ek nou wou wees? Ek weet waar ek eintlik MOET wees - aan't pakke LOL maar ek kom nie sover nie. Klaar gegroet hier, kom ek tog weer en weer met 'tydsteelminute' eers gou loer wat vang wie aan  :icon_bigsmurf: Mooiste fotos Stoffel!! Ons wil probeer om nou saans in die grote stad bietjie af te neem (in die toetslose tye tussen deur).

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #10 on: November 20, 2012, 07:56:28 AM »
Ons is baie bly as jy inglip Raaitjie. 
Die kleure onder die water laat my altyd in verwondering. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #11 on: November 21, 2012, 02:33:05 PM »
Dit lyk so lekker Lox!!! Ek is darem die naweek weer in die water! Ek is verskriklik opgewonde! Ek dink ek en my vriende moet by jou kom draai dan gaan doen ons 'n paar duike!
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #12 on: November 21, 2012, 03:48:27 PM »
Vat my saam!  Ek kan nie duik nie maar ek kan help kreef eet.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #13 on: November 21, 2012, 03:58:03 PM »
As jy dit gaarmaak is jy meer as welkom!!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #14 on: November 22, 2012, 12:17:36 AM »
is reg tjiekie
sal lekker wees om julle die koue kaapse water te laat voel en wys wat onder aangaan.

kreef eet.....ek was nog nei die seiseon by die see nie maar klink my die kreef is skaars.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #15 on: November 22, 2012, 07:43:48 AM »
Ai, ek wens ek kon saamgaan.  Dalk wanneer die druiwe ryp is.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #16 on: November 22, 2012, 07:54:42 AM »
net tyd sal leer. dlak kan so iets gereël word.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #17 on: November 22, 2012, 09:31:55 AM »
Dit is okay as die kreef skaars is, die duik is elk geval lekker ongeag van of jy kreef vang.  Ai die koue water, ek kry altyd koud! 
*The one and only AWESOME-EST


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #18 on: November 22, 2012, 01:19:54 PM »
as die kreef skaars is gaan ek liewer scuba as kreef duik. mors nie my tyd om te gaan probeer kreef duik nie. sal so 1 of 2 keer gaan kyk hoe die geltalle lyk en indien te min gaan ek liewer die somer scuba

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: waar sou ek nou wou wees....
« Reply #19 on: November 24, 2012, 10:26:06 PM »
Ek stry nie, duik is duik
*The one and only AWESOME-EST