Author Topic: Aborsie  (Read 13602 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Aborsie
« on: November 16, 2012, 08:54:19 AM »
Ons, ek en ons gasheer, het hierdie week 'n hewige debat gevoer oor aborsie. 
Natuurlik hy daarteen (hewig daarteen) en ek daarvoor, nog hewiger.   :icon_biggrin: Rebels sê ek vir julle!

My vraag of hy net een van daardie kinders sou vat en grootmaak, het die gesprek net daar en dan be-eindig.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Aborsie
« Reply #1 on: November 16, 2012, 01:58:45 PM »
Wonder ek nou wat hom laat skrik het. Hahahaha

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #2 on: November 16, 2012, 03:02:26 PM »
Ai, ek weet ek raak te driftig en is sommer ongeskik daaroor, maar as jy daar teen is moet jy tog seker jou hand uit jou mou uitsteek om te probeer help.  Ek het al met situasies te doen gekry waar kinders liederlik verwaarloos en mishandel was.  Kinders het die reg om liefde te kry, goeie kos, 'n goeie opvoeding en opleiding.  Wat is nou beter vir so 'n kind?  Aborsie of 'n leeftyd van ellende.  ???
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Aborsie
« Reply #3 on: November 19, 2012, 06:30:43 PM »
Ek is met my helewese daarteen - nie oor Godsdiens of dit of dat nie ... maar oor my eie oe gesien het,
hoe dit mooi mensies se binnemens verwoes het ... selfs al het hulle die besluit vrywillig gemaak ...
my vriendin het so 5 jaar terug selfmoord gepleeg ... sy kon nie oor die aborsie kom wat sy laat doen het toe sy 19 was nie - toe amper reeds 40 ...

ek het nie baie geld nie - maar ek sal met liefde help kinders grootmaak ...

maar in my lewe sal ek nooit vinger wys na 'n vroutjie wat so n besluit geneem het nie .. want ons staan nie in haar skoene nie ..
ek sal haar bystaan en lief he sover moontlik ...

maar ek raai altyd aborsie af oor die skade wat die vrou se binnemens lei ... dalk is party sterker as ander  - maar ek het nog nooit 'n vrou ontmoet wat nie binne-skade opgedoen het nie

my moeder het my probeer aborteer - ek was so onbeplan en ongevraag as kan kom ... sy het amper haar lewe verloor ... en tog hier is ek ... maar haar binnemens was weg .. diep diep agter al die eina's en skuldgevoelens weg gepak ...

maar Petra - dis maar 'n baie sensitiewe saakie  ja ...

 :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Aborsie
« Reply #4 on: November 20, 2012, 09:23:15 AM »
 :hello:

Moet jy die reg tot keuse hê, ja, maar ek glo ook dat baie wat wel 'n aborsie gekry het, sukkel om hulle keuse daarna te verwerk.
Egter eerder in 'n hospitaal as in 'n agterstraat. Dit is 'n keuse wat ek vir niemand toewens nie en een wat ek hoop ek nooit sal hoef te maak nie.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Aborsie
« Reply #5 on: November 20, 2012, 03:26:36 PM »
Fransi ek stem ...eerder 'n hospitaal as 'n agterstraat

in my verpleeg jare in die 80/90's het ons so 'n hartseer saak gehad .. die meisie was 17 ..
ingestap by ongevalle (Vrystaatse dorpie) en kort daarna na haar graf gestoot ... baba nog gelewe binne haar
en moes met keisersnit verlos word ... sy was meer as 6 maande swanger ... baba week later oorlede

maar ek sou eerder wou sien dat geen vrou ooit 'n aborsie moet face nie .. nie net fisiese se skade wat aangerig kan word nie,
maar die emosionele skade is soveel erger ... ai ...

maar mens kan net bystaan en ondersteun as iemand deur so iets is ... dis nie vir ons om te oordeel nie ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #6 on: November 21, 2012, 06:46:58 AM »
Ek stem, dit is 'n onderwerp wat baie fasette het. 
'n Mens kan ook vra:  Aborsie of aanneming? 
Dit verg baie spesiale mense om kinders aan te neem.  Die probleme daarom is, in 90%, oneindig.
Ek is bly dat aborsie in ons land gewettig is.  Dit skakel nie al die probleme uit nie, maar dit bring verligting.  Voorheen was daar ook nie berading voor die tyd nie, nou is dit vrylik beskikbaar.  Dit is 'n groot pluspunt. 




Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #7 on: November 21, 2012, 03:47:19 PM »
No offence to anyone...

My persoonlike opinie, as jy die daad wil doen en 'n kind wil hê nie dan maak jy seker jy is "versigtig" andersins moet jy verantwoordelikheid neem vir die kind wat jy gemaak het.  En dan voel ek dit is verkeerd om 'n aborsie te doen.

Indien jy verkrag is of iets in daai lyn en daar ontstaan 'n kind, dan is dit debatteerbaar, eerstens jy sal 'n verskriklike sterk persoon moet wees om daar kind op te pas maar steeds bo aborsie kan jy daai kind laat aan neem. l

En dan 'n moeiliker saak, is dit regverdig om 'n gestremde kind in die wêreld te bring? Ek bedoel nou erg gestremd, soosin jou ander kinders gaan hul hele lewe spandeer om daai engeltjie op te pas,  en wie kyk dan na jou kind wanneer jy die dag weg is en jy het nie ander kinders gehad nie?  Die wet se indien jou kind gestremd bewys is gedurende jou swangerskap kan jy nog tot op 40 weke die kind termineer.  Ek dink dit is baie moeilik en ek wil nooit in daai situasie geplaas word.

Op die ou einde van die dag sal die Here jou wys watse pad jy moet loop, mens moet net aanhou glo dat die keuses wat jy maak is die regte keuses en dan baie daaroor bid.
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #8 on: November 21, 2012, 04:10:52 PM »
No offence to anyone...  Moenie komkommer nie Chichi, ons sal nie aanstoot neem nie.  Dit is interessant om te weet wat elke ou dink.

Gestremde kinders is 'n ander baie teer onderwerp.  Ek het nog nooit van 'n ouer met 'n gestremde kind (hoe erg ookal) gehoor dat hy/sy aborsie sou gekies het nie.  Hulle werk onverpoosd aan die oplossings vir die uitdagings en bekommer hulle ook dood oor "wat van as ek nie meer daar is nie".
Die kontras tussen hierdie liefdevolle ouers en die gespuis wat pragtige gesonde kinders het en hulle verwaarloos en mishandel, is treffend. 
Dit is ouens soos ek wat op die wal staan en in die situasie inkyk, wat gewoonlik makliker 'n uitspraak wil gee.   Ek dink dit is 'n heel ander saak as 'n mens self daarin is. 


« Last Edit: November 21, 2012, 04:13:40 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #9 on: November 21, 2012, 04:16:40 PM »
Ag ek stem saam met jou, dit is maar 'n teer onderwerp, ek wonder net soms of ons nie die krag gegee is om te kan sien en dan reg te kan maak nie. 

Persoonlik is ek in 'n situasie waar ek weet ek gaan vir die res van my lewetjie na een van my broers moet kyk, en moet my nie verkeerd kry nie, ek is verskriklik lief vir hom en ek verwens nie dat hy hier is of enigiets soos dit nie, dit maak dit net baie baie moeilik.  Ek bedoel net as iets nou met my ouers moet gebeur sal ons ook maar darem baie swaar kry as ek hom moet "dra".  Maar nouja, dits ook weer 'n ander storie en hy het eers later in sy lewe verander - dink dits 'n mooi woord om te gebruik.



*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #10 on: November 21, 2012, 04:24:49 PM »
Ek dink dat baie mense ander besluite in hul lewens sou  maak as hulle die volle omvang van die nagevolge sou ken. 
Ons het 'n paar kinders in pleegsorg gehad en het twee aangeneem,  maar as ek vandag weer voor daardie keuse te staan sou kom sou ek viervoet vassteek soos 'n donkie en "Aaiiikôôna" skreeu.  Ervaring is die beste leermeester. 

Ongelukkig het broers en susters geen sê in die saak nie.  Ons eie kinders het baie opofferings gemaak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #11 on: November 21, 2012, 04:26:57 PM »
Ag wat ek kan dink!!

Ek weet nie, ja ons het nie die keuse nie, en indien wel ek die keuse gehad het sou ek elkgeval gekies het om na hom te kan kyk.  Mens is mos lief vir jou mense, en mens moet lief wees vir almal in jou lewe, bietjie opofferings maak mens sterk en dankbaar
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #12 on: November 21, 2012, 04:30:38 PM »
Is dit nie waar die vraag inkom nie:  As die partye geweet het, sou hulle nog steeds so gekies het?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #13 on: November 21, 2012, 04:31:30 PM »
In sommige gevalle.
*The one and only AWESOME-EST


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Aborsie
« Reply #14 on: November 23, 2012, 05:05:49 AM »
ons het 'n hartseer geval waar my vriendin oorlede is - 'n gesamentlike vriendin en eerste vriendin se man is toe na haar dood getroud ...

Eerste vriendin wat oorlede is, is A
Tweede vriendin wat met A se man na haar dood getrou het is B
die man van altwee is c

A en C het drie seun en B en ? het een seun ...

maar C en sy twee seuns gee nie 'n flenter om vir die jongste boetie wat erg verstandlik gestrem is nie.
Vriendin B en haar een seun gee alles wat hulle het om jongste boetie te help ...

as B en C weg val gaan dit B se seun wees wat na jongste boet gaan kyk .. nie sy eie bloed broers nie ...

A en C en drie seuns is wit
B en een seun is tussen wit en swart ...

ek hou my bek  :icon_biggrin:

maar teer en hartseer saak bly die ...

ns .. ek is gegang-rape meer as een keer ... en ek sou nooit 'n kind wat so verwerk is aborteer nie ... die kind het niks verkeerd gedoen nie ... dis die monster-pa wat gestraf moetword  :icon_scratch:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #15 on: November 24, 2012, 06:42:35 AM »
Ek weet darem nie of ek so sterk sal wees om daardie baba wat met verkragting verwek is groot te maak nie.  Dit is nog 'n ander stok in die bynes.
Sal die kind nie elke dag die aaklige gebeure na vore roep nie? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #16 on: November 24, 2012, 10:06:32 PM »
Sjoe Ah-Willa, eks rerig jammer daaroor. En ek verstaan jou punt absoluut!!

PM, ek dink nie in so geval dat die kind ooit moet weeet nie
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #17 on: November 25, 2012, 07:30:10 AM »
Sê ek mos dit is 'n stok in 'n bynes. 
Wat van as dit 'n anders kleurige was wat die verkragting gedoen het?

Die waarheid sal altyd sy kop uitsteek wanneer dit die minste verwag word.  Daar sal beslis ander mense wees wat bewus is van die situasie en dit een of ander tyd gaan uitblaker.
Hoe verduidelik jy vir 'n kind waar sy pa is en hoe verduidelik jy dat jy die waarheid van hom weerhou het? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #18 on: November 25, 2012, 09:13:02 AM »
jip daar gaan mense wees wat weet en wanneer mense weet kom die storie altyd uit, maar in die geval sal ek baie hard bid dat mense my privaatheid respekteer en my kans gee om dit met die kind self te kan bespreek wanneer hy/sy oud genoeg is om te verstaan dat hoekom hy gebore is nie saak maak nie maar dat ek hom onvoorwaardelik lief het. Ek dink so kind sal van die begin af gewys moet word dat mens hom/haar liefhet sodat die dag wat hy/sy uitvind wat wel gebeur het, die klein mensie geen twyfel het nie.

Natuurlik sal dit 'n baie groot skok wees en ek betwyfel nie dat professionele hulp iewers benodig sal word nie.

Nog 'n punt, ek glo mens moet eerlik wees met kinders van kleins af, wanneer daar moeilike vrae gevra word moet dit reguit beantwoord word, kinders leer maklik die verkeerde dinge by matjies en hul idees rondom die lewe word beïnvloed in 'n manier wat 'n ouer dit nie altyd sal goedkeur nie.

MAAR

In sommige gevalle dink ek 'n kind se kindwees en onskuld moet beskerm word tot op 'n punt, daar is 'n tyd en plek vir alles, en die oomblikke vir die regte dinge bespreek moet gebruik word en die woorde wat jy gebruik moet mooi deur dink word.
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #19 on: November 25, 2012, 10:28:28 AM »
Ons het 'n hele paar wees/pleegkinders ingeneem en ons ervaring was dat jy nie die gene kan verander nie.  Wat dink julle daarvan?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Aborsie
« Reply #20 on: November 26, 2012, 08:15:02 AM »
Ek glo beide omgewing en gene speel 'n rol, maar ook dat ons toekoms nie vas is nie. Soms is dit te maklik om omgewing en gene te blameer en dit speel beslis 'n groot rol, maar eie keuses rig op die ou end ons lewens. Dit is waar ons tenminste die illusie van beheer het. Iets soos as dit sin maak: Omgewing en gene gee die vorm, maar jy kan besluit oor die kleur.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #21 on: November 26, 2012, 08:38:06 AM »
Ek sê ook altyd dat in baie gevalle ons 'n produk van ons omgewing is. Tog, al vat jy 'n kind wat uit 'n nare omgewing kom, plaas hom/haar in 'n beter omgewing, maak die trauma wat hulle ervaar het 'n blywende indruk.

Natuurlik is daar uitsonderings op die lys en ek dink dit is juis daardie kinders wat bo hul omstandighede, of agtergrond wil uitstyg, wat die "besluit" neem om 'n keuse te maak. 

Ek is net baie dankbaar dat ek nooit voor so 'n keuse te staan sal kom nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #22 on: November 26, 2012, 09:43:06 AM »
Ek dink gene speel wel 'n rol en as die kind is sterk genoeg wil het om weg te skeur van daai trauma en lewe af dan sal hul.
Ek het al gesien hoe gene 'n rol speel, my suster se verloofde was vervreemd van sy pa, sy ma het sy pa baie sleg gepraat en hy onthou sy pa glad nie as kind nie, hy het eers op 17 besluit hy wil sy pa sien en die het hy vir so week of wat op 'n keer so eenkeer 'n jaar gedoen, hy sien sy pa nou bietjie meer maar net vir 'n dag op 'n tyd so eenkeer elke twee maande, sy pa was hier vir 'n braai wat ons vir die twee verliefdetjies gehou het, en ek het nog nooit mense meer eenders gesien nie, hoe die ou en sy pa praat, hoe hulle beweeg, die goed waarvoor hulle lag, die manier wat hulle dingetjies doen.  Ek het bietjie met hom gepraat oor sy pa en hy se hy het geen twyfel gehad van die eerste keer dat hy sy pa weer ontmoet het nie, hy het dadelik geweet dits sy pa.  Hy se hulle is werklik eenders, hul humeure, hul reaksies, net alles wat hulle doen.

En aan die ander kant, My vriendin het 'n aangenome broer, die seun is swart en is as babatjie aangeneem 'n paar dae na geboorte.  Die gesin is liefdevolle mense en wonderlike ouers, my vriendin is verskriklik lief vir haar broer.  Die kind is na uitstekende skole toe en het regtig 'n goeie opvoeding ontvang, hy praat afrikaans, engels en Xhosa, sy vriende is almal wit kinders en net so goed opgevoed soos hy.  So daar is nie regtig rede dat hy sommer net 'n rebel moet wees nie maar hy is, en baie erg so, hy het al sy ma geslaan, hy praat verskriklik lelik, hy het 'n baie baie kort humeur, hy jok verskriklik, hy drink en rook baie meer as wat enige persoon moet.  Hy het geen respek vir enige mense nie en hy maak my eintlik bietjie bang. As mens in so oe kyk kan mens sien hy is nie lekker nie, al glimlag hy jou wanneer hy jou groet. In die geval dink ek definitief dit is sy gene! Ek bedoel hy het nie trauma as kind beleef by ander ouers nie, die mense by wie hy is is al van geboorte af sy ouers. 
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #23 on: November 26, 2012, 12:30:10 PM »
Dit is juis dit wat my laat wonder.  Sou daar 'n swangerskap uit so 'n verkragting ontstaan en die ma besluit om die baba te hou, sou ek baie bekommerd wees.
Die vrae rondom hierdie onderwerp is legio.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Aborsie
« Reply #24 on: December 08, 2012, 11:59:08 PM »
Die menslike liggaam is opgemaak uit 'n bol engergie wat bestaan uit water en selle.  Die selle het memorie en ONTHOU!!!

Dis hoe siektes in famielies oorgedra word - kanker/hart/lewer ens

maar ons moet nooit ooit die krag van God vergeet nie .....

in my voorouers se tye het 'n paar vreeslike dinge gebeur, want in my selle ingekryf is ...
as kind is ek verkrag - ge-gang-rape ... op 5 het ek 'n moord aanskou .... die lys gaan tot verveelens toe aan

maar Sy genade en liefde het dit skoon gewas.  En ja, elke dag moet ek kies - smile of by die afgrond af ... ek kies om in Sy genade te smile met Sy krag

my vriendin ('n swart vroutjie) is deur 'n witman verkrag ... sy het die baba behou.  Sy het vir hierdie seun vertel wat gebeur het.  Maar sy het hierdie seun verseker hy is nie skuldig aan enige iets wat sy pa aan haar gedoen het nie.  Die pa ... het verskeie ander wette oortree ... sit in PTA in 'n tronk .... maar die seun het by sy ma groot geword, sonder gevoelens wat weersin in sy pa ... hy't aanvaar .. sy pa is 'n mens wat slegte dinge gedoen het, maar dis sy pa - hy is nie sy pa nie.  Hy het sy ma se onvoorwaardelike liefde ervaar en nooit ge-ervaar of gevoel dat sy hom verwerp/verwyt oor die hoe hy gekom het nie .... hy beklee 'n baie prominete posisie in 'n baie bekende bank .... en hy leef voluit en doen so baie vir so baie mense .... imagine hy was aborted .....

nee ... ek kan nie daarmee saam gaan nie ...

natuurlik is alles nie altyd maanskyn en rose nie ..... daar is dorings ook ... maar die dorings regverdig nie die beindiging van 'n lewe nie ... myne, joune of hare nog minder syne ... dis die dorings wat ons sterker maak ... dis die dorings wat die mooi beter laat uitstaan ...

en besyds ... Sy genade en liefde plus krag kan enige iets oorbrug en dit is beskikbaar vir jou en my!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Aborsie
« Reply #25 on: December 09, 2012, 06:02:05 AM »
vanoggend, met 'n oorloophart vol dankbaarheid, vul vreugde ons lewe. ek kan net kniel en my hande ophou om dankie te se' dat my kinders nie nodig gehad het om die keuse te moet bedink van 'n aborsie nie.
hulle ken mekaar al lank, maar het die afgelope jaar 'n dieper vriendskap opgebou. tog kon my seun nie 'n vaste besluit neem omtrent hulle toekoms nie.

maar ek moet toegee dat ek die laaste maande een oorheersende gebed gehad het "Here, gee my kinders U genade sodat hulle dit weet en tot U kan leef en draai"

Vrydagoggend is ons Bloemfontein toe en is sy baie siek, ons sien haar nie eers nie want sy het te veel pyn en ons groet my seun net vinnig by die mall waar hy kom inloer want hulle werk altwee. Laatmiddag word sy opgeneem met erge pyn en krampe en dr diagnoseer 'n galblaas wat wil groet ... stuur haar xstrale toe om seker te maak van wat binne aangaan, sonar ens, maar die skok! vir hulle twee, gisteroggend twee uur help drs hulle seuntjie met 'n noodkeiser in die lewe in, sy was 37 weke swanger maar het dit nooit vermoed nie. nou ja, teen gistermiddag 4uur moes hulle my maar laat weet.
adéle  :grommit:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Aborsie
« Reply #26 on: December 09, 2012, 06:33:10 AM »
sjoe ek dink dit moet erg wees om skielik 'n baba te ontvang waarvan mens nie bewus was nie. eers die skok en dan die vreugde.

ek ken ook 'n tanne wat dit oorgekom het, die oggend nog als reg toe krampe op die buik en dokter toe entoe seg die dokter die kind is al amper daar.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aborsie
« Reply #27 on: December 09, 2012, 07:03:07 AM »
Hartlik geluk Adéle.  Daar is soveel goed waaraan ek nou dink.  'n Bondeltjie liefde sonder klere!   :icon_biggrin:  Sonder enige voorbereiding, dit kan nogal 'n probleem oplewer. 
Ek sal graag wil weet watter gedagtes deur 'n mens se kop maal. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Dawie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 14
  • Gender: Male
  • Ek is hier...
Re: Aborsie
« Reply #28 on: December 09, 2012, 11:49:09 AM »
Geluk Ouma!

Die stout seun is hier....

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Aborsie
« Reply #29 on: December 09, 2012, 02:52:46 PM »
dankie julle, ja dis erg, hulle sukkel ook nog om oor die verrassing te klim. dankie AB, dat jy dit noem want hier is mense wat glo sy moes geweet het ... maar nou ja, ek weet van talle gevalle waar 'n ma werklik nie weet nie, selfs net verlede jaar het 'n vriendin se dogter 6 weke voor haar kraam, uitgevind sy is swanger, al die spastiese dikdermprobleme wat daar gekriewel het...

en haar ma wil niks van die baba weet nie, verwag hulle moet hom weggee ... dis tog nie asof hulle nog skoolkinders is nie ... hulle gaan swaarkry ... maar daar is soveel hulp, ons, vriende ... haar ma sal haar [ook] eerste kleinkind, hopelik eendag liefkry...

lief Petra, al waaraan ek kan dink is of sy die borsvoeding gaan regkry want gister het sy gesukkel ... klere gaan daar gou genoeg wees

 :grommit:   

adéle  :grommit: