Digkuns > Skryftegnieke

Woordlys-Spel

(1/4) > >>

Meraai vannie Baai:
http://freepages.rootsweb.ancestry.com/~wakefield/translations/afreng.html

Hierdie skakel leen homself tot groot woordpret. Ek het net so vinnig deur die eerste paar 'A' woorde gegaan en toe die volgende 'advertensie' saamgestel. Kyk gerus en loer wat vang jou eie oog. Probeer woorde uit dieselfde aanvangsklanke in te span of saam te voeg sodat dit sin maak  :icon_biggrin: Hier is my poging:

Pret met "A" Aandkoerant: AANDAG!  

Adonis adverteer: "Aanloklike Aanlêplek" -  Aansoekvorms aangeheg - Aantreklikheid aanbevole!

Aanvangssalaris: Aansienlike aanpasbare aanbod.

Aanmaning: Absurde/afstootlike/agtertangse aansoeke - aaneenlopend afgekeur.

Aftredepakket: Alkoholiese afstandsbediening alleenlik.  

*Aalmoese aanvaarbaar.

 :headbang:
© Meraai vannie baai

Meraai vannie Baai:
Pret met "B" (Beskrywende Beroepe / Byname.)

Bamboes Ballerina
Bedrukte Boekbinder
Blikbeker Bouer
Blinde Bokser
Beneukte Boetebessie
Bitterbek Biskop
Behaagde Balju
Bloubaard Bandiet
Bankrot Bankier
Bedrewe Barbier
Barbaarse Barones
Bangbroek Baron
Barmhartige Boef
Bekende Banneling
Bedorwe Bedelaar
Befonkte Boer
Belese Blond
Bedlêende Bedryfsleier
Beskaafde Beeldhouer
Benoude Bariton
Begeesterde Begrafnisondernemer
Billike Belastingopgawer
Bygelowige Bemanning
Beterwetige Bemiddelaar
Bemoeisugtige Buurman
Benewelde Beoordelaar
Buddhistiese Beskermheer
Beskonke Bestuurder

************************

 :toothy4:

*Beeldende beskrywing uit 'n ietwat begogelde 'Begrafnis Boodskap'
van die begunstigde bloedverwant met die bynaam: 'Bloeddorstige Boesman'
aan sy bedroefde broer, ook bekend as: 'Bitterbang Basie'

Bagasie: Bajonet. Baksteen.
Bestemming: Begrafplaas.
Bring: Ballonne. Banjo. Baie bier.

 :icon_salut:
 © Meraai vannie baai

Meraai vannie Baai:
Drie Donker Donau Dramas (Die digter's 'D' pret)

Duskant
die dooie denneboom,

draai
dwarrelwinde dreigend.

Delikaat
dans die Deense Dolla daar...

Dekor
deurgaans dieselfde:

Die Drinkpan -
dekades dor/droog.

Donderdae;
dikwels die diamantdief deurpad...

*********

Duister
die digter's dimensie;

dog
detail duidelik daar.

Dokumenteer
die destydse demokrasiedanse:

"Donasies
deur dorpsdokters/dominees!"

Duidelik
dus, die deursnee doel daarmee :

departementele dade
deur dorstige duiwelsgade".

***************

Dis dié Desemberfees;
daar drup-drup druifsap dragtig.
Dwing dapper dwase durf, die
dom-dommer-domste d(r)onkies
dwarsdeur diensbare 'doringdrade'.

Danksy deftige damesdruk,
droog die drankbare dramas
darem deels. Deporteer die
departement daarna dertig
droewige dasdraers!
  
:notworthy:
© Meraai vannie baai


Meraai vannie Baai:
Ekstremiese Eenvoud

Erediens erns,
elke Eva's eksperiment.

Eufratiese
evolusie-elegie.

Eenvoudige ervarings;
elektron-ekstase!

Eintlik elkeen
elementêr.

Ek erken eselrig
(enigste eligante emosie)

êrens
emigreer energie.

Eie Eksodes
en elders, erf enkeles, eensaamheid...

 :angel8:
© Meraai vannie baai

*hier het ek probeer weergee watter stryd dit nou vir my as vrou is elke dag, wanneer gewone huistakies voel soos 'n onfiks marathon wat jy aanpak. Net om jou arms bo jou kop te strek om koppies uit die rak te haal is soms so pynlik. Die toestoot van laaie voel soos die wenstreep wat ek eerste behaal het as dit sonder seer geskied. Klein dingetjies wat ek nooit voorheen eers opgemerk het nie is nou vir my 'n reuse uitdaging op die eksodus kringloop tussen goeie en minder goeie dae :icon_bigsmurf:











 

PM:
Hierdie werkies van jou het al 'n paar nuwe lede gelok Raaitjie.  Hou so aan!  :icon_biggrin:

 :notworthy:

Een van die dae het ek weer my varkies op hok dan speel ek saam.  Jy sal sien!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version