Digkuns > Skryftegnieke

Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Allegorie: ‘n Verhaal, toneelstuk, prent ensovoorts waarin die betekenis of boodskap simbolies oorgedra word.
Microsoft Encarta Encyclopaedia Dictionary.

* Figuurlike of simbolies beskrywing/storie wat kommentaar lewer of sinspeel op 'n werklike situasie. Geplaas in die staat van die denkbeeldige, waar die woorde en karakters heel dikwels 'n ander betekenis dra saam met die letterlike betekenis.

*Figuurlike verhaal in die vorm van 'n fabel of gelykenis met 'n morele toepassing.
Smith, A.H.; O’Loughlin, J.L.N. Odhams Dictionary of the English Language. Odhams Press London.

Voorbeeld: Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin

In Gatkantland kry 007 se besem 'n nuwe strik.
Elke grashaartjie word reggetrek voordat die
woorddief haar hakke teenmekaar klap en in 'n
stofwalm wegspring. Die bestemming soos die kraai
sou vlieg, 'n paar duisend of wat kilometers aan.
Dis daar - maar ook hier... eintlik net 'n klikkie ver.

Wild, wilder, wildste is hierdie daaglikse weersiens
van die drie Gruwelike Susters: Jan Kemp Kabouters
se Juffie, 'n kreatiewe woorderf se Moeder, en laaste -
die selferkende Woordvraat uit die Outbacks.
Op geblomde uitnodiging stap aldrie guitig, hand aan hand
om nog 'n ABC saadjie in die Stomkletstuin te gaan strooi.

Tikke-die-tik, tikke-die-snap, klets hulle eenstrook voort.
Bruinbeerdrukkies en polsende hartjies wat kloppe-die-klop;
alles op die maat van icons wat dans op skerms. Sielesimfonie
spin 'n kokon - ragfyn met gedeelde einas en giggellaggies.
(S)kindernuus word geruil en name uitgekerf op kruise, saamgedra.
Met "liefe jou, ek moet nou waai" groet hulle stom en pik 'n traan.

© Meraai vannie baai.

PS: Die skakels in 'n kuberruimverhouding tussen sielematers
met omgeegom, daagliks opnuut aanmekaar geheg en so
word die afstand in breekdele van sekondes oorbrug. Vreugde en
pyn van 'n ander - nog nooit in wese teen jou hart gedruk, laat
jou lag en huil asof hulle nog altyd deel van jou was. Swye en
'n leë poskoets laat jou bekommerd wonder: Is sy/hy nog okey?

Stomklets: My woord vir oor en weer gesels deur te tik vir mekaar.
Stomkletstuin: Gawie se woord vir die 'konferensie-kuierplek'

 :icon_biggrin: tikke-die-tik, tikke-die-snap
ek wens ons kon tel hoeveel keer het dieselfde gedagte in
woorde ondermekaar weerkaats tussen hierdie kuierlyne!



PM:
Pragtig!  Uitstekend verwoord Sustertjie.   :notworthy:
Ek wens net ek kon my misnoë uitspreek wanneer mense jou opsetlik bedrieg en dan mis jy uit op hierdie wonderlike, kosbare paar minute saam.  Daar moet 'n oplossing wees!

Gawelina:
Dit is die belangrikste daaglikse afspraak met mense wat ek het. Nie vakansie oif siekte hou my daar weg nie, net so af en toe onvoorsiene omstandighede. Die mooiste beskrywing vir ons tuinkuiers.

Ah Willa:
 :love7:

PM:
Ek het probeer om 'n ietsie aan te las Raaitjie, maar jy het dit so pragtig saamgevat.  My ou woordjies wil dit nou net bederf.   :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version