Author Topic: LitNet se kompetisie  (Read 4504 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
LitNet se kompetisie
« on: November 13, 2012, 10:37:52 PM »
Gaan hier (maar jy moet tweet op twitter om in te skryf :-)  Voor 30 Nov

as julle deel neem - laat my weet dan # ek jou Tweet-naam, en die kompetisie se # plus jou Haiku - sal dit waardeer as julle selfde vir my doen

op twitter sal jy my hier vind : https://twitter.com/AhWilla

vir die kompetisie reels en inligting gaan hier  - Raaitjie en PM daar is ongelooflik baie inligting op Haiku - of soos hulle dit nou in Afrikaans gedoop het haikoe

http://www.litnet.co.za/Article/kompetisie-skryf-die-groot-afrikaanse-haikoe
« Last Edit: November 14, 2012, 11:01:14 AM by PM »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: LitNet se kompetisie
« Reply #1 on: November 13, 2012, 10:39:42 PM »
Dit kan ge-vonkpos word ook
maar ek dink op Twitter as mense dit re-tweet - mag dit dalk in jou guns tel - so doen beide as jy kant

Skryf só in

Stuur jou haikoe, asook jou naam en kontakbesonderhede, voor 30 November per e-pos na gedigte@litnet.co.za. Sit die woorde “Afrikaanse Haikoe” in die onderwerpveld. Alle inskrywings sal op LitNet gepubliseer word.

Jy kan ook op Twitter inskryf!

1. Volg @MyLitNet op twitter.
2. Skryf jou twaikoe (twitter-haikoe), gevolg deur die @MyLitNet-identifiseerder, en #AfrikaansHaikoe as “hash tag”.
3. LitNet sal alle inskrywings hertweet en ook op litnet.co.za publiseer.

Alle haikoes sal deur ons paneel beoordelaars gelees word. Die hoofbeoordelaar sal die wenner kies uit ’n kortlys van vyf finaliste.

« Last Edit: November 14, 2012, 11:01:50 AM by PM »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: LitNet se kompetisie
« Reply #2 on: November 13, 2012, 10:49:55 PM »
Hier is my Haiku - Raaitjie onthou jy - nog van Woes se dae af ... PM en McFarlan het my ook nog gehelp en as ek reg onthou onse Langenhoven ook

ek is nie seker hoeveel haiku ons kan inskryf nie - werk nog deur die inligting ...

as ek net een kan kies - watter een sou jy gekies het  - of moet ek 'n nuwe een probeer skryf  :love7:  

JY = ALMAL wat hier lees en gaag input wil gee - ek's nie bang vir skaaf en skuur nie - dis al hoe ek leer en groei ...  :triplets:

Deesdae

kinders met groot-mens
gesigte weggooi klere
vandag straat mode

© Ah,Willa!
_____________________

Koffie

Bitter donker swart
nege tot vyf verslawing
koppie boere troos.

© Ah,Willa!
---------------------------

Stad

Beton oerwoud dig
Stram ou gesigte soek nie
Weet dis net koud hier.

© Ah,Willa!
--------------------------------------

Gewoontes

Geskeurde ma hart
jong kind 'n dwelm verslaafde,
geen rede, net seer.

© Ah,Willa!

--------------------------------------------
Lewe 2008

Styf getrekte spier
onnatuurlike lewe
nou verkrag, more?

© Ah,Willa!

-----------------------------------------------
Gevoel

Geskep deur God hand
vertrap deur mens voet net so
gelos stukkend hart.

© Ah,Willa!
--------------------------------------------------
Spitsverkeer

'n Verkeer sirkel
nog 'n ronde bal vuis wys
spoed en tyd oorlog

© Ah,Willa!
« Last Edit: November 14, 2012, 11:02:23 AM by PM »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w