Author Topic: Carbon potlode  (Read 5436 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Carbon potlode
« on: November 23, 2012, 07:19:40 AM »
Die eerste keer wat ek die oorsee se kunstenaars se tekeninge gesien het, het ek gewonder hoe hulle dit regkry. Die tonale waardes van pikswart tot die ligste grys.
Potlode het die manier om hoe donkerder jy gaan al hoe meer te blink en steeds grys te bly. Na maande se gesoek na die "wonder"-potlood wat die kombineer van houtskool en potlood moontlik maak, het ek uiteindelik Carbon potlode ontdek. Ek kry egter nêrens in Suid-Afrika 'n plek wat dit verkoop nie. Ek soek dit met 'n seer-seer hart. So indien een van julle dalk weet waar ek dit in die hande kan kry, sal ek baie dankbaar wees. Veral Wolff's carbon potlode. Hulle sal perfek werk.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Carbon potlode
« Reply #1 on: November 23, 2012, 07:52:01 AM »
Ek kan nie glo ek het nou amper R600 betaal vir 4 potlode nie. Dit is die moeite werd. As julle dalk 'n plek ontdek wat dit vir goedkoper verkoop sal ek baie baie dankbaar wees. Dankie. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Carbon potlode
« Reply #2 on: November 23, 2012, 12:07:23 PM »
Ek sal op die uitkyk wees.  Dit is darem "viskikkik" duur.  Dit is die materiaal wat die kunswerke so duur maak.  Die kunstenaar se tyd word nie vergoed nie! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Carbon potlode
« Reply #3 on: November 23, 2012, 12:52:00 PM »
 :hello:

Baie dankie PM, ek waardeer dit oneindig baie.
Dit is so waar, kuns klink altyd duur vir die leek en asof die kunstenaars gierig is, maar eintlik maak 'n mens baie minder per uur se werk as enige ongeskoolde werker en jy het die risiko dat jou werk nie gaan verkoop nie.
Tensy jy bekend is.  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Carbon potlode
« Reply #4 on: November 23, 2012, 01:51:37 PM »
Dit is sekerlik die grootste probleem.  Dit is 'n duur kuns om uit te lewe as jy dit nie verkoop kry nie.  Dan woon julle nog in 'n klein dorpie waar daar nie baie blootstelling is nie. 
Kunsuitstallers wil ook gewoonlik 'n groot hap hê.  'n Woeste rondomtalie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Carbon potlode
« Reply #5 on: November 23, 2012, 03:23:57 PM »
'n Klein dorpie met baie kunstenaars.  :icon_biggrin: Dit is slegs die een kunstenaar hier wat regtig baie verkoop, maar sy verkoop dit teen spotgoedkoop pryse. Haar man maak rame so sy hoef nie raamkostes by te sit nie.

Dit is waar, ek het vir so 'n paar maande by 'n winkel uitgestal wat 20% vra vir wat ookal jy daar uitstal. Die winkel het egter nou toegemaak. Daar is darem plekke waar jy gratis kan uitstal ('n eetplek- wat ook in die proses is om toe te maak, en die raamwinkel), maar dit verkoop nie daar nie. Die ander kunstenaars hier wat wel kontakte het, sê dat blykbaar selfs die groot name op hierdie stadium nie te goed doen in ons land nie.

Ag wat, aanhouer wen. :-) Solank ek kan, sal ek probeer om hiervan 'n sukses te maak. Sover help die sepies my om darem hierdie passie te kan uitleef.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Carbon potlode
« Reply #6 on: November 23, 2012, 03:48:07 PM »
Rame is so duur, altans my smaak rame.   :icon_biggrin: 
'n Raam moet darem die skildery komplimenteer, anders is dit goeie werk wat afgeskeep word in 'n raam wat nie daarby pas nie. 

Lyk my almal kry maar swaar, of moet die gordel intrek.  Die bakkie het eers 'n nuwe battery gekry, toe die "ginge-me-gaftor"  :icon_biggrin: wat die battery moet laai (alternator) en nog 'n nuwe voorruit en bykans R10.000 later gaan dit nou weer goed met die ou ding. 

So beur ons maar teen die wind. 

Ek is baie bly dat die sepies help om die passie uit te leef.  Jy mag maar want jy kan!  Eendag as ek groot is gaan ek ook een by jou  koop. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Carbon potlode
« Reply #7 on: December 03, 2012, 03:01:40 PM »
Dankie PM.  :love7: