Author Topic: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.  (Read 9084 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« on: November 10, 2012, 09:20:45 PM »
Donderdag het ek besluit ek moet slag weer onder water asemhaal. Bespreek toe vir my en my pel Peet plek op 'n boot na bg plek vir vandag ( saterdag) half 12.

Gister oggend vroeg ( Vrydag) bel CC my en vra of ek kan kom help want die een dam se uitloop pyp lewer te min water.

ek gaan halp toe, eers oggend duik om te kyk wat fout is en sien die gatajies is verstop van alge wat dit toegroei. Die middag het ek die 160 mm pyp so meter van die voorpunt af, gaan afsaag en uitgeneem kant toe. maak toe die pyp onder water met 'n stok en borsel skoon en gaan las weer die pyp. my duim nael ook nog met die klip raak geslaan toe ek di epyp weer inslaan in die las in.

2 uur lank  onder water gewees. het toe gewonder of dit nie sommer sou opmaak vir vandag se duik nie maar ek besluit daar moet steeds geduik word.

Maak toe so, ry somerset wes toe en laat my silinders vol maak en ry toe na die hawe van waar ons uit vaar.

die see wat koel, 15 C en die sig was nie wats wonders nie. seker so 5 meter sig, voel my ek het gister in die dam beter sig gehad, maar in elk geval duik si altyd lekker.

Ek het ook to ekans gehad om my "nuwe"canon G 12 met sy ikelite omhulsul te beproef.

hier is paar van die fotos wat ek geneem het.

nudibranch....soort van naak slak



honeycomcoral

 

red sea fan










anemoon




nog 'n nudibranch



nog i anemoon



'n redelik groot rooiaas kop met sy 2 punte wat so on die lug opstaan en 'n seester wat soos 'n hand om dit vat....






min dierlewe gesien, meestal so paar krappe.



klaarmaak tyd na 45 minute


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #1 on: November 11, 2012, 04:04:28 AM »
Outoppie en ek het nou ge oe en aaaaa en OH WOW!!! Dankie mater vir die deel met ons landrotte in Gatkantland  :love7: :hello2: :notworthy:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #2 on: November 11, 2012, 07:01:56 AM »
pleiser maria. dis nou die eerste keer dat ek die canon G 12 kamera onder water gebruik het.die water was maar vuil gewees en ek moes als sonder flits afneem want die filts laat die stof deeltjies so blink spikkels maak onder water. dit lyk my hierdie kamera het nogal potensiaal. ek sal hom net meer moet oefen. hy het ook baie verstellings, ek het eers auto probeer en na so 10 fotos op underwter gestel en dit het beter uitgekom.is eintlik moeilik om manual te gebruik onder water want mens het nei tyd daarvoor nie. voor jy jou ogeis uitvee is die res van die groep weg, veral as die water so vuil is soos gister. ek dink dit moet 'n pyn wees vir mense wat saam met fotograwe duik ( en nei self 'n kamera het nie) want hulle wil aanbeweeg en die fotograwe sukkel om te vorder want hy wil eers die ding uit die hoek en dan daai hoek en met die verstelling ens afneem en dan hang jy ook nei stil nie, die water beweeg jou maar so heen en weer. dalk is die wat mooi uitgekom het almal gelukskote.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #3 on: November 11, 2012, 07:47:32 AM »
Jou 'gelukskote' ons oogfees in hoofletters Stoffeltjie  :hello2: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #4 on: November 11, 2012, 08:56:21 AM »
Oeeee!  Dankie AB!  Groot dankie!  Jy weet nie hoe baie ek hierdie onderwatertonele van jou gemis het nie.  Ek is so bly jy het toe wel gegaan en ons saam gevat.   :icon_biggrin:
Dit is asemrowend mooi.  Die natuur is tog so pragtig. 
Elke foto wou my na my pen laat gryp.  Die sesde foto is groot inspirasie en ek wil daai een gebruik vir 'n foto-gedig. 
Dalk kan almal 'n foto kies om 'n gedig oor te skryf. 
Baie dankie vir die deel.  Lief jou!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #5 on: November 11, 2012, 09:26:33 AM »
groot pilsier PM
daai 6 de foto laat my nogal aan paar goed dink, onder andere die Afro haarstyl of iemand se brein wat warm geword het van dink en uitmekaar geval het en nou sien jy net die drade wat oorgebly het of dit stel voor hoe deurmekaar my lewe hierdie jaar was ( en nog is in 'n mate)


die foto van die rooiaas met die 5 vinger see ster laat my dink aan.....seg julle eers waaraan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #6 on: November 11, 2012, 09:46:25 AM »
AB, my hart is stukkend oor Raaitjie en Ouma Naas se situasie waarin hulle hulself bevind en dalk het dit 'n groot invloed op my gedagtegang.  Ek het daardie een met 'n selfsugtige doel voor oë "misgekyk". 

Die rooiaas en ander lewe daarom
versinnebeeld die mens met sy vrese,
hartseer
en
liefde.
Die seester
is die almagtige hand
wat dit styf teen Sy hart vas druk
om ons te vergesel
na 'n plek van rus en vrede. 

Nou is dit jou beurt.

In die "sea fan" se krulletjies sien ek "stokmannetjies" wat mense simboliseer.  Elkeen, so anders maar so eenders, saamgesnoer om 'n eenheid te vorm. 

Elke foto is 'n meesterstuk met sy eie verhaal.

« Last Edit: November 11, 2012, 09:52:09 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #7 on: November 11, 2012, 09:59:08 AM »
Hoe kosbaar is my tweede besoek vandag aan hierdie erf. PM, Stoffeltjie, duisend dankies vir julle gereelde teenwoordigheid hier op die forum. Vir my 'n oase van rus en vrede in beeld en woord. Lig my hoed en knak my knieg vir maters soos julle twee. Dit is  :book1: stoffasie hierdie!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #8 on: November 11, 2012, 10:06:14 AM »
Raaitjie, waar die hart van vol is loop die mond van oor.   :love7:
Kom Sustertjie, ons wag ook vir jou gedagtes rondom die foto's. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #9 on: November 11, 2012, 10:46:31 AM »
sjoe ja PM dis mooi beskrywing wat jy gee van die rooiaas.
het my weer laat dink aan 'n kindjie wat verborge by sy mamma voel ( en wat is daar om meer geborge te voel as 'n kindjie wat geborsvoed word?) ( ek is ook nog nie gespeen nie) in elk geval het my ana so iets laat dink waar die bors met die hand(jie) vasgehou word.


so ""by the way"" ek dink daai seester se funksie in die lewe is om alge af te vreet van klippe en ander organismes, sal moet gaan oplees oor hulle werk in die see.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #10 on: November 11, 2012, 11:00:14 AM »
My 'asemmasjien' het so klein 'akwarium' waar die lugborrels so deur die water blaas. Dit is verlig en as ek snags weer na dit gaan le en kyk, sal ek my verbeel dat al hierdie pragtige beelde daar binne vasgevang is  :love7:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #11 on: November 11, 2012, 11:04:05 AM »
ria, dalk moet jy van die fotos print en lamineer en binne in sit, dan lyk dit soos akwaruim?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #12 on: November 11, 2012, 11:46:05 AM »
Ai AB, hoe lekker lag ek nou.  Hierdie muis van my se wiel rook al soos wat ek op en af deur die foto's (en gedagtes) gly. 
As die seester nog die "seer" ook afvreet dat is dit 'n ideale prentjie. 

Dit is 'n uitstekende plan AB.  Raaitjie, dan kan dit vir jou 'n "happy place" word.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #13 on: November 11, 2012, 05:28:57 PM »
Ek glimlag breed vir die mooi in die see wat AB vasgvang het en hierkom deel het
en die mooi harte wat dit hier kom saamtrek het ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Duik: scuba...pinicle naby Gordonsbaai.
« Reply #14 on: November 13, 2012, 04:24:56 AM »
ria, dalk moet jy van die fotos print en lamineer en binne in sit, dan lyk dit soos akwaruim?

Jy is SLIM Stefaans! Dink ek gaan Outop vra of dit moontlik is hehehe .... het al gewonder of daar nie skulpies ingegooi kan word nie LOL maar jou idee klink baie beter!