Author Topic: Kom saam met my  (Read 1990 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kom saam met my
« on: November 07, 2012, 04:36:04 PM »
Kom saam met my na die tuin
waar die dou aan die roos se volheid hang,
soos kristal skitter as die son
dié glorie saggies kus op sy wang.

Adem saam die blommegeur
liggies deur die oggendbries aangewaai.
Kyk as die blare lentedans
terwyl die daeraad     nag     nekomdraai.

Voel die lewe wat reeds ontwaak
as die natuur opstaan vir die nuwe dag,
smaak die polsslag wat lewe bring
terwyl alles om jou rustig wag.

Nes die tuin in ons lewe,
want ons hart     soos die roos      lê sluimerend
- ontwaak alleen met die streling
van iemand se warmte wat jy ondervind.

Ervaar die vars bries
wat Hy oor jou lewensbaan wil stuur,
antwoord op die twyfel     waaroms
heling vir die hartseer wat ons moes verduur.

Maak jou hart se poorte oop
vir my liefde wat jou lewe wil deel.
So kan ons mekaar ophef
terwyl dié band ons geluk     ewig      verseël.

© Francouis
1982/09/29
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom saam met my
« Reply #1 on: November 07, 2012, 11:23:14 PM »
Dit is prrragtig! Ek lief die gebruik van die witspasies - werk perrrrfek om die krag van die lieflike woordbeelde, te benadruk!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom saam met my
« Reply #2 on: November 08, 2012, 08:41:52 AM »
Ek lief die gedig.  Dit klink nog na die ou meesters se werk.  Francois vra dat ons moet skuur en skaaf. 
Is daar dalk 'n beter woord om te gebruik in die plek van "warmte".
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom saam met my
« Reply #3 on: November 08, 2012, 10:49:52 AM »
Nabyheid /  daar-wees / samesyn ?? Sal nog dink. Hierdie is toonomkrulmooi vir my:
terwyl die daeraad     nag     nekomdraai.
 :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom saam met my
« Reply #4 on: November 09, 2012, 07:01:04 AM »
Ek hou van samesyn.  Dit het ook drie lettergrepe en halfrym met se.  "se same-syn"
Ek sal dit vir hom voorlê vir goedkeuring matertjie.  Dankie vir jou inset. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom saam met my
« Reply #5 on: November 09, 2012, 09:20:16 AM »
Hoop om nog vele skeppings uit sy 'tien getroue vriende' hier te sien en geniet PM!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom saam met my
« Reply #6 on: November 10, 2012, 06:36:17 AM »
Dit sal kom sodra ek tyd het om dit oor te tik matertjie.  Die meeste van Francouis se werk is nog in sy handskrif geskryf.  Hy is 76 jaar en BBC.  (Born before computers.)  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom saam met my
« Reply #7 on: November 10, 2012, 06:24:46 PM »
Maak jou hart se poorte oop   ..... dis vir my die mooiste beskrywing ooit!  76 en duidlik kan ek baie kom leer by hierdie meester gebore before computers.

Ek wonder nou ook maar net ne .. is die spasies Francois sin of Petra sin ... dit lyk so na Petra se style en sy is 'n meester met die witspasies wat my breinselle nog in koeksiters knoop  :toothy4:

my voorstel vir warmte :


Nes die tuin in ons lewe,
want ons hart, soos die roos lê sluimerend
- ontwaak alleen met die streling
van iemand se liefde-golwe wat jy ondervind.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom saam met my
« Reply #8 on: November 11, 2012, 10:01:45 AM »
Flink Wils!
Ek het vir Francouis en sy vrou op die plaas ontdek waar ons tuis gegaan het toe Hannes in Grootvlei gewerk het.  Hy wou graag my mening hê oor sy skryfwerk en ek het hier en daar na iets gekyk en geluister hoe hy dit vir my voorgelees het.  (Daar is nog vreeslik baie werk, ek sal met die tyd daardeur werk.)  Ek het net eers hierdie een gekies en ja, ek het die tipografiese wit toegepas, net waar hy kommas gehad het. 
Dankie vir jou inset matertjie, ek sal dit aan Francouis voorlê. 
Anelia skilder die mooiste goed! Ek sal nog 'n skildery kom voorlê om gediggies daarby te skryf.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom saam met my
« Reply #9 on: November 11, 2012, 11:01:05 AM »
My plek geboek in voorste gestoelte  :notworthy: :icon_salut:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom saam met my
« Reply #10 on: November 11, 2012, 06:43:56 PM »
 :toothy4: myne is ook geboek
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom saam met my
« Reply #11 on: December 21, 2019, 05:26:03 PM »
en so het die gordyn gesak, en Francois se werk word daaragter geskaaf?  :love7:
adéle  :grommit: