Digkuns > Skryftegnieke

Baie wenke vir skrywers

(1/3) > >>

PM:
Ek het hierop afgekom en daar is baie goeie wenke ouens.  Lees dit gerus.

http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&cause_id=1270&page=tienwenke

Meraai vannie Baai:
Ek het gaan loer en lig die hoed en knak die knieg dankbaar vir die opspoor, aandra en deel PM! Enkele wenke wat vir my uitgestaan het, deel ek gou met jou:

Leef met jou oë en ore (selfs neusgate) oop en 'n aantekeningboekie in jou hand- of broeksak.

Beskryf geure, teksture, klanke, smake, en daag jou leser uit om te dink en te voel en te ervaar.

Detail moet funksioneel wees, nie bloot om die teks kunsmatig lyf te gee nie. Pasop veral vir “mooiskrywery”.

Oefen jou tegniese vaardighede sodat jy jou materiaal goed kan beheers: speel met ironie en satire, sprokies en allegorieë.

Skryf anderkant woorde verby tot by wat woorde nie kan sê nie.  :hello2: :notworthy: :icon_salut:

Meraai vannie Baai:
Hier is 'n pragtige voorbeeld en uiteensetting van 'allegorieë'

http://www.woes.co.za/bydrae/druk/artikel/die-gelykenis-allegorie-stof-en-tegniek-56

PM:
Hier waar ek is wil die internet nie lekker saamwerk nie.  Kan jy asseblief vir my 'n "roetekaart" stuur sodat ek die artikel kan lees.  Die skakeltjie wil nie werk nie. 

Dankie vir die uiteensetting. 

Skryf anderkant woorde verby tot by wat woorde nie kan sê nie.  Skote Petoors!

Meraai vannie Baai:
Ekke het lankal toestemming gekry om sy werk te mag bewaar, nie meer deel van daardie boekie van woorde nie deel ek dit nou hier met jou. As jy klaar gelees het matertjie kan ons weer uitvee. So dit is slegs tydelik geleen:

Die gelykenis / allegorie (stof en tegniek 56)

Die gelykenis (1) (2) (3) (4) / allegorie (5) (6) (7) is ‘n fiktiewe of letterlike vertelling (verhaal) of kuns uitdrukking wat ‘n simboliese betekenis oordra, parallel met maar verskillend en meer belangrik as die letterlike betekenis. Die term spruit uit die Griekse “allégoria” wat beteken “om anders te praat.” Die allegorie is ook gedefinieer as ‘n uitgebreide metafoor. Die simboliese betekenisse word gewoonlik uitgedruk deur personifikasies en ander simbole. Verwante vorme is die fabel en gelykenis wat didaktiese kort en eenvoudige allegorieë is.

Die allegorie het sy oorsprong in die antieke godsdiens en hierdie kunsvorm het sy hoogtepunt bereik gedurende die middel eeue (in die werke van Dante en Geoffrey Chaucer) en die Renaissance. Dit het gesog gebly tot die einde van die sewentiende eeu. “La Roman de la Rose” (‘n liefdes allegorie) deur die Franse digters Guillaume de Lorris en Jean de Meun en “The Vision of William Concerning Piers the Plowman” (‘n allegorie oor godsdienstiges) deur William Langland is twee vroeë vorms van die allegorie.

Edmund Spencer se “The Faerie Queene” dra sosiale kommentaar oor toestande in die sestiende eeu. John Bunyan se bekende “The Pilgrim’s Progress” is sekerlik een van die grootste allegoriese werke, wat simbolies die soeke tot verlossing uitdruk.

Alhoewel moderne skrywers oor die algemeen minder abstrakte, meer persoonlike simbolisme verkies, word allegorieë nog steeds geskryf, soos die gesogte “Animal Farm” van George Orwell.
Dorothy Parker se gedig “Parable for a certain Virgin” het my baie beïndruk en daarin gebruik sy die krimpvarkie en die lewe daarvan om sekere waarhede uit te druk en ‘n paar belangrike punte te maak en morele lesse oor te dra.

Hier is my poging tot ‘n allegoriese gedig:

Gelykenis vir ‘n sekere tesourier (allegorie)

Dink, vriend, aan die leeu
as hy brul spat al die wild uitmekaar,
hardloop weg en aan en aan,
is bang dat hy hulle in repe gaan skeur.

Kyk net hoe kragtig hy is,
waar hy jag is daar moeilikheid,
vir die tingeriger diere ‘n krisis,
as hy op spoed storm om te dood.

Tog as die ouderdom hom belemmer
word hy uit die trop verdryf
en verloor sy eiewaarde
as hy ter vergeefs sy plek terug probeer wen

en as hy oud, gewond en vol pyn is
word hy met tye werklik dun
en vrees selfs die donder wat met die reën kom
terwyl hy in ‘n bejammeringswaardige posisie is

want deur die jare het hy sy vermoëns ontwikkel
maar ‘n tyd kom waarop sy koninkryk vir hom verlore is,
waar hy nie bekwaam is om te jag nie
en einde laaste moet hy die prys betaal

terwyl elke aasvoël hiëna en jakkals
sirkels om hom hardloop as hy ter vergeefs hap
en gedurig is dit stryd pure verniet
as hy niks vind om te vreet nie.


Voetnotas:

(1) ‘n Vertelling van denkbeeldige gebeure wat gebruik word om morele of geestelike lesse oor te dra. ‘n Allegorie. Microsoft Encarta Encyclopaedia Dictionary.

(2) Die naam wat oorspronklik gegee is deur Griekse retorikusse aan ‘n literêre illustrasie. In die Nuwe Testament kom dit neer op ‘n kort fiktiewe vertelling, wat ontwerp is om ‘n geestelike waarheid uit te druk; dit was soortgelyk later deur skrywers gebruik om ‘n morele punt uit te stippel. Microsoft Encarta Encyclopaedia

(3) ‘n Fabel of kort verhaal wat ‘n morele les of ‘n allegorie oordra. Grieks “allégoria.” Smith, A.H.; O’Loughlin, J.L.N. Odhams Dictionary of the English Language. Odhams Press London.

(4) “’n Ooreenkoms na die uiterlike...Afbeelding...Sinnebeeldige verhaal uit die daaglikse lewe om ‘n godsdienstige waarheid of ‘n morele les mee te bring.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

(5) ‘n Verhaal, toneelstuk, prent ensovoorts waarin die betekenis of boodskap simbolies oorgedra word, die gebruik van simbole. Microsoft Encarta Encyclopaedia Dictionary.

(6) ‘n Figuurlike of simbolies beskrywing of storie wat kommentaar lewer of sinspeel op ‘n werklike situasie, tog geplaas in die staat van die denkbeeldige, waar in die woorde en karakters heel dikwels ‘n ander betekenis dra saam met die letterlike betekenis. ‘n Figuurlike verhaal in die vorm van ‘n fabel or ‘n gelykenis met ‘n morele toepassing. Smith, A.H.; O’Loughlin, J.L.N. Odhams Dictionary of the English Language. Odhams Press London.

(7) “Sinnebeeldige voorstelling van ‘n abstrakte begrip: Bunyan se pelgrimsreis is ‘n allegorie.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
--------------------------------------------------------------------------------
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/die-gelykenis-allegorie-stof-en-tegniek-56

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version