Author Topic: huisbou nr 4  (Read 35592 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
huisbou nr 4
« on: November 03, 2012, 03:12:22 PM »

jammer as ek te veel oor die bouery praat, dis iets wat ek niks van hou nie, ek bewe sommer al waneer ek 'n sak sement by die kooperasie gaan haal om beton vir anker blokke te maak. Maar die bouery is nou rerig iets groot in my en die vrou se lewe, seker oorlat dit so onverwags en onbeplan op ons afgedwing is. ons sal net baie dankbaar wees waneer ons eendag terug op ons eie werf kan wees. het vanoggend gaan aarbeie pluk en van die 20 rye het net die laaste 4 rye iets gehad. die soetste aarbeie wat jy jou kan indink, dis hoekom hulle gesteel word wanneer ons nie daar op die werf is nie.

Die bouery vorder.....steeds stadig.....wanneer hulle hier is werk hulle vinnig maar dan neem dit lank voor hulle weer kom werk. Lyk my so asof die mynkoenyn nie kan beplan nie of hy worry nie juis oor die werk nie. ek sal hom nie aanbeveel nie. sover ek weet was hy hier die dag toe hulle begin het ( 6 aug) en daarna weer 2 keer ( dalk 3 is nie seker nie, kom ons gee hom krediet vir 'n 3 de keer ook) en dis nou die 3 de november. die laaste 2 keer wat hy hier was, was vir 5 minute elk en dit was vorige week en die week wat verby is.

Ek is nie in die bou bedryf nie maar ek dink dis swak van  die myn koenyn om so min op 'n site te kom of verwag ek te veel?

wat my opval, onder aan sy tender staan: Contract time: 2 months, beteken dit dat hy gereken het die werk sou 2 maande duur van begin tot klaarmaak? Die dag toe hulel begin afbreek het (6 Aug) het hy geseg so 7 weke dan is dit klaar.

as ek hom moet opsom het hy die mentaliteit van 'n..................., nou ja so effe ( dalk baie meer as wat ek dink)  windgat en arrogant, dalk som ek hom verkeerd op, miskien het hy 'n beter persoonlikhied waarvan ek nie weet nie.  lyk my nie ek en hy is op onnodige gesels nie. ek kry net die voorman jammer wat veronderstal is om elke dag en heeldag op site te wees, ( baie bakgat ou) maar hy moet 2 sites aan die kant van die berg bedryf en dis omtrent 35 km van mekaar af en dan moet hy elke dag van belville hierheen en nog 35 km verder ry na die ander site ook, en weer terug ook. Hy moet werkers heen en weer ry, hulle slaap elke aand in die kaap en dan moet hy ook nog die bestellings doen, sommige in worcester en sommige in die kaap. hy probeer sy bes maar hy sukkel om als 100% te laat verloop. ek neem hom nie kwalik nie...hys nogal nie te onaardige ou vir een wat uit johannesburg kom nie, maar die myn koenyn, hom laaik ek min, hy kom van nog verder noord as die voorman. ek het by  gehoor myn koenyn het 'n high maintenance vrou en klink my sy gee hom hel. die bouers het onder andere 2 weke by sy huis gewerk waar hulle eintlik hier moes vloere gooi en die verskoning is net hulle wag vir die ingenieurs verslag van die opvulling van die vloere. ek vra toe ook die verslag en die datum daarop is die dag wat hy die toetse kom doen het en daar was gin gewag van 2 weke nie. nee wat die myn koenyn maak geen goeie indruk op my met sy....................tipe mentaliteit nie. 
wag laat ek die topic daar los voor ek dalk negatief of lelik van hom praat ( hy het seker ook sy goeie punte, dalk het hy net te veel werk en te veel hooi op die vurk, arme ou)

In elk geval ( behalwe 'n kraam geval) ons vorder darem, hoop ons kan kersfees terug in ons eige plek wees. ons woon lekker hier waar ons woon maar die heen en weer ryery aak mens op, ons ry seker 6 na 8 keer elke week dag heen en weer.

hier kan mens sien die pleister werk is klaar, binne en buite.





die vloer se topping is ook die week gegooi...geen foto



dis hoe die deel wat nie gebrand het se vensters lyk. die swart onder aan op die venster bank is nie roet van die brand nie maar wel afkomstig van die hout raam. ons het die nuwe deel wat nie gebrand het nie in 1995 aangebou en hout vensters ingesit ( vir die "looks") Ons is later vreeslik spyt dat ons dit gedoen het en nie daai tyd alimimuim ingesit het nie, of het mens nie daai tyd aliminuim gekry nie? die hout wil aanmekaar behandel word en niks wat ek probeer het, werk nie. aan die begin elke jaar roebol opgesit en die hout het onder dit gevrot op sommige plekke.
so klompie jare gelede het ek die vrot hout laat uithaal, al die ruite laat uithaal en als skoongemaak en die ruite met silikon vas geplak en kwart rondes bo op met silikon vas geplak en met spykertjies vas geslaan. elke jaar is die hout 2 keer met roulyn olie wat 'n swamdoder in het, behandel. helaas, niks gehelp nie. die hout vrot steeds, van daar die swart merke van hout verrottings swamme op die venster bank. 

 die kaapse storms waai die reën water tussen die glas en hout deur en die rame sluit ook nie dig nie.

so het die hout vensters gelyk, dalk mooi ja maaar nie prakties nie.




Die week wat verby is het ons die hout vervang met die aliminuim.



dis nog in plastiek toegedraai, sal dit seker afhaal waneer hulle verf. nou eers besef ons wat se mooi uitsig het die klein hout ruite belemmer. ons het 'n pragtige uitsig uit die sitkamer en kombuis na worcester se berge se kant toe en die klein ruite het dit rerig bederf en ons het dit nooit besef nie. wil nou kleurlose of deurskynende diefwering daarop sit.

in die sitkamer was ook 2 hout deure wat na die tuin gelei het wat ons nooit oopgemaak het nie.........oorlat hulle met silikon aanmekaar vasgeplak was oorlat dt so gelek het in die winter. dit is ook nou vervang met die regte soort deure. toe ons daai hout koesyn uithaal het die drumpel sommer verbrokkel en in stukkies gebreek. ai ek praat al weer te veel.........maar as jy oorweeg om hout vensters in te sit...dink 20 keer voor jy dit doen en as jy steeds wil doen dit op eie risiko of nog beter doen dit glad nie en sit die regte goed in.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 4
« Reply #1 on: November 04, 2012, 05:09:27 AM »
Ek is so bly hier is een mens wat met my praat en ek geniet dit om te lees oor die vordering AB.
Dit is ongelooflik alleen hier tussen al die mense.  Dalk moet ek nie kla nie, ons gaan vandag 'n bietjie nader trek na Hannes se werk en dit is oppie plaas.  Daar gaan ek niemand sien nie.  Die eensaamheid gaan my kry. 
Ek geniet jou woord:  mynkoenyn   
Dit is so beskrywend. 
Daar is nie 'n verskoning vir onbetroubaarheid nie.  Party mense is net geldgierig.  Hulle is besig met jou werk en dan kry hulle "nog 'n ietsie" en doen dit gou tussen deur.   Hulle het nie 'n benul van die ongerief wat jy moet deurmaak nie en hulle gee ook net nie 'n flenter om nie. 
AB, ek is seker die mynkoenyn het jou hand en mond belowe dat hy gereeld daar sal wees.  Hulle doen dit voordat hulle die kontrak kry en daarna is hulle weg soos "gister se pay".  Hy is mos verantwoordelik vir die werk wat gedoen word en daarom moet hy gereeld daar wees om te sien dat dit reg gedoen is. 

Gister het ek en Hannes gesels oor hoe belangrik dit is om 'n goeie verhouding te hê met jou klante.  My pa het geglo dat die klient altyd reg is, al is hy verkeerd, is hy nog reg, want dit is hy wat jou besigheid gaan skade doen as hy ontevrede daar wegstap.  Maak net seker dat almal om jou weet watter diens jy kry. 

Ver van jou goed, naby jou skade.  Jammer oor die aarbeie.  Versprei die woord dat jy dit gif gespuit het, dalk help dit.    :icon_scratch:

Ek is bly oor die advies oor die houtrame.  Ons het juis gepraat dat ons die staalrame wil vervang omdat dit so roes.  Ons sal liewers alluminium insit. 

O ja, julle het die mooiste uitsig oor die berg.  Jy kan gerus 'n foto daarvan plaas.

Hoe vorder die houtmeubels?

Elke nadeel het 'n voordeel.  Daar is dingetjies wat nou herstel word waarvoor daar net nooit tyd was nie, of iets wat lastig was maar nog in 'n goeie werkende toestand.  Nou kan jy dit verander.  Net jammer oor al die trane.   :dontknow:

Ek kan nie wag vir die dag dat jy die laaste foto's van 'n kant en klaar huis kom plaas nie.  Dan kan julle lewens weer terugkeer na normaal. 

Ek het al die strokies saamgebring en sal dit hierdie week uitsorteer sodat ons eis ook afgehandel kan word.  Dit klink gou, maar ek glo nie dit sal voor Kersfees gebeur nie.  As ons nie tevrede is nie gaan ons ombutsman toe en dit kan nog tussen vier maande en 'n jaar duur, seg die slimkoppe vir my. 

Dalk kan jy die mynkoenyn met die versekering dreig?


Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 4
« Reply #2 on: November 04, 2012, 10:09:01 AM »
PM

ek neem aan jyt darem besef mynkoenyn is nie iemand wat in die myn werk nie maar die baasvan die onderneming.

is nogal waar heel aan die begin toe hy die tender gekry het en ek en hy en di eassesor oor die werk gepraat het, het hy gesê: ek is elke dag hier tydens die bouery....hahaha toe lag ek al in my mou vir hom want ek weet mos die kaap is ver van hier en hyt ander werk ook om te doen. toe hulel 6 aug hier was was sy bourekenaar saam met hom hier en toe seg hy dat die persoon elke dag sal kom kyk wat aangaan hier.........warop ek dit ook met knippie sout gevat het. die ou was al 2 keer daarna hier en heeltyd vol klagtes asof sy werk 'n straf is.

ek vertel vir ander van die stadige werk maar dit sal nie iets aan sy besigheid doen nei want hulel werk in di ekaap en niemand hie rrond het nog ooit van hulle gehoor nie.....hier gebruik ons maar die plaaslike bouers.

meubels vorder nog niks, ek het darem in die week wat verby is kans gehad om die spykers uit die balke te laat trek. die werkers is maar besig die tyd van die jaar. wil kyk of ek die hout iewers in die week saagmeule toe kan vat om te laat skaaf en die jakaranda stompe ook in planke te laat saag.

die assesor weet van die bouer wat so stadig werk en hy het uit sy eie hom al uitgetrap, daarna het hulle effens spoed aangesit. as hulle net wil beplan en seg hulle gaan nog 6 manade neem dan weet ek dit ook maar moenie vir my seg op dodnerdag dat die loodgieters saterdag wil kom werk en vra of ek daar sal wees om te wys wat gedoen moet word nie en dan daag hulle nie gister op nie. laat weet my ten minste dat hulle nie meer gaan kom nie.

ja mens kry nei so iets soos die beste bouer nie. elkeen van hulle het iewers iets wat vir die kliënt 'n pyn in die gat is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 4
« Reply #3 on: November 04, 2012, 10:10:36 PM »
 :icon_biggrin: Ja, ek het geweet jy praat van die "main man".   :icon_biggrin:
My gemoed is ook nou bietjie beter, ons het 'n plekkie gekry hier op 'n plaas.  Die ou plaashuis is ons woning!  Ruimte vir Afrika.  Ek was so beknop in die ou donker kamertjie waar ons eers gebly het. 

Ek dink dit is waar baie mense ook die fout maak om te dink "niemand hier rond" gaan ooit van my dienste gebruikmaak nie.  Dit is so jammer dat 'n ou alewig moet baklei vir wat jou toekom.  Toe ons kinders was het jy net 'n kontrak met 'n handdruk beklink en mense se woord was nog hul eer.  Vandag kyk hul jou in die oog met 'n glimlag om die mond terwyl hulle jou melk uit jou koffie uit steel.

Dit maak my so vies!  JY moet vir hulle wys wat gedoen moet word.  Wat jy  WAAR  kry?  Ek wonder wat sal hy maak as jy vir hom 'n rekening stuur vir jou tyd en brandstof? 

Ek het iewers 'n "getuigskrif" geskryf vir die vorige bouer wat by ons huis gewerk het.  Moet dit bietjie gaan soek.  Dit is soos jy sê, bouers het nie 'n goeie naam nie. 
Ek kry 'n kwotasie by 'n bouer wat 'n paar dingetjies moet doen by ons huis.  Jy sal omval as jy die prys sien.  As jy alles bymekaar tel dan is dit R230.00 per vierkante meter vir die teels en dan, aan die einde van die kwotasie nog 20% vir die bouer se wins en dan nog arbeid apart.  Moenie praat van die 14% vat nie.  Toe ek vra vir sy vatnommer toe het hy nie een nie.   :dontknow:   Seker gedink ek is 'n mamparra.

Ek hou vir julle duime vas dat alles nou vinnig sal gebeur.  Maak jou stem dik.  Dalk kan jy met hom doen wat hy met jou doen.  Wag soveel maande as wat julle moes wag voordat jy die eis afteken.   :angel4:

 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: huisbou nr 4
« Reply #4 on: November 05, 2012, 01:41:53 AM »
Lekker gewees om weer deur jou vertelling en fotos te dwaal Stoffel! Dinge vorder pragtig. Sterkte met die 'mynkoenyn'  :headbang:  :book1: :notworthy:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: huisbou nr 4
« Reply #5 on: November 11, 2012, 06:37:52 PM »
Is AB = Stof??  hoekom noem Meraai hom Stoffel??   :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 4
« Reply #6 on: November 11, 2012, 08:24:52 PM »
Is AB = Stof??  hoekom noem Meraai hom Stoffel??   :icon_biggrin:

nee ek is lox. ek het vir rita allerhande name genoem behalwe merai en toe doop sy my stoffel.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: huisbou nr 4
« Reply #7 on: November 11, 2012, 08:51:16 PM »
Ai jimmel AB, ek raak skoon ongeduldig vir julle part.  Ek kan net dink hoe haastig vroulief is om weer in haar eie huis te wees. 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: huisbou nr 4
« Reply #8 on: November 12, 2012, 12:48:29 AM »
 :headbang: ek het vir rita allerhande name genoem behalwe merai Ek onthou die wind was effe uit jou seile geneem ou Stoffel toe ek jou herdoop laaank laaank gelede :evil6: Dankie weereens vir die deel in die wonderlike voorreg as jy kom wys en vertel hoe julle bouery vorder. Voorspoed mater vir jou en die wonderlike vrou aan jou sy!!
« Last Edit: November 12, 2012, 12:50:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: huisbou nr 4
« Reply #9 on: November 12, 2012, 01:05:32 PM »
Julle klits my gescramblede Einstein breins lekker - maar dis okay - my hart lief julle  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: huisbou nr 4
« Reply #10 on: November 12, 2012, 10:58:40 PM »
Giggel ek vir die beeld van jou Einstein Roerbrein, Willa!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: huisbou nr 4
« Reply #11 on: November 13, 2012, 07:19:33 AM »
Sjoe, ek lees en dink by myself dat ek nie besef het hoe la-a-a-ang en moeilike pad dit is as soiets met jou gebeur nie - selfs al het jy versekering. Dit vererger net die trauma. Sterkte en mag julle huise van brand en vloed weer huise van woon en veilig voel word.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 4
« Reply #12 on: November 13, 2012, 07:45:26 AM »
My hart het so uitgegaan na die mense wat deur die sikloongetref is, die vloede wat mense haweloos gelaat het, brande wat orals uitbreek en huise vernietig.  Dit is net ongelooflik!  Voorwaar die jaar van die draak!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: huisbou nr 4
« Reply #13 on: November 13, 2012, 10:19:59 AM »
Vesekering verlig selde enige iets - dit lyk my add maar tot kopsere

Gisteraand was een van daai aande - Theo verby hyper en histeries - toe kom 'n freak storm - weerlig en donderweer en selfs hael korrels ... ons draf uit krag uit en die honne is onrustig - hulle ken nie van die skote uit die lug nie ... ek wil toe op plastic trappie staan om krag meter te kan sien ... en woeps-waps daar val ek af .. trappie in sy kannon in en ek kan nie beweeg nie ... le toe vir halfuur so onderstebo op my rug met all die honne kinders om my en Theo wat op my spring en arme Andre wat die situasie probeer red ... die couple in die woonstel is ook in en uit - hulle diertjies ook verby verboureered en ferals in hul badkammer - vorige nag getrap en word vandag gesterliseer en more weer released ....

maar net soos wat die storm begin het, het ons gebid en die Here se beskermende hand gevra - want tans het ons geen veskering op ons voertuig nie - wat nie in die grage was toe die storm begin het nie ... en ook om vir Theo rustiger te maak .... ons was bewus van 'n mag wat nie vlees en bloed was nie ....

ek sidder om te dink hoe die nag kon gedraai het sonder ons Vader se hulp ...

vanoggend is alles weer normaal en rustig - die enigste bewys van gisteraand is die gebreekte trappie en my gesnyde voet en seer spiere en my rug is uit posisie ...

maar ons hoef darem nie deur veskering's redtape te gaan nie ... ek dink dis 'n seen in opsig self!  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 4
« Reply #14 on: November 13, 2012, 01:23:56 PM »
Ek is bly julle het toe goed daarvan afgekom Wils.  Dit is nou nie 'n plek waar 'n mens wil wees nie: die skoot van die versekerings maatskappy. 
Om te weet is om te verstaan.