Author Topic: AG Visser  (Read 4891 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9162
  • Gender: Female
AG Visser
« on: November 02, 2012, 11:50:45 AM »
Ons is in Heidelberg.

Die ossewa


Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke, al drukkend hun skowwe -
hul dra dit getroos en tevree.

En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna -
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.

Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe -
en ver is die tog van die dag.

Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
die knars in die knakkende knokke,
maar hul beur, en die vrag bring hul daar.

So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder 'n held van die daad...
Hul bene, na swoeë en swerwe,
lê ver op die velde verlaat.


Jan François Elias Celliers  (1865-1940)

Uit "Die Vlakte"  (1908)



1 Exodus

Die osse stap aan deur die stowwe: Nie die osse van Jan F. Celliers, Maar rooi Afrikaners en Mowwe Van die voorste voortrekker, Naude. Die waens van Celliers was dit ook nie, Want oom Neelsie se wa bly weer staan; Praat nooit van die sukkel en spook nie, En daar voor kom die Kaffers al aan. Had Moses dit swaar met Gods ou Volk, O laat staan nie vir Pieter Naude; Mismoedige Neelsies en Rouvolk Het vir hom ook grys hare gegee. Maar wanneer wis Pieter nie raad nie ? En vir watter gevaar sou hy stuit ? Hy word nie vervaard, ook nie kwaad nie! Maar al bars dit hy beur tog bo-uit! So trek hul al verder en verder En gesels as die kampvure brand; Piet luister en skrik, - want O Herder! Almal droom van 'n Luilekkerland!

2 Kanaan,O Kanaan!

En werklik na vele gevare Land hul aan in 'n skone vallei; Geen roofdiere daar of barbare: "Span maar uit, want die trek is verby!" Ja hier is die Land der Belofte En die spruitjie is hulle Jordaan; Elkeen sweer 'n dure gelofte, Nooit weer t'rug na Egipte te gaan. Die bergstrome glinster en klater En kom skuimend bergaf na die grond, Wat vrugte is groei langs die water, Ryp en soet dat dit smelt in die mond. Die koedoes kom skuur teen die waens, Die swartwitpens drink melk uit 'n bak, Die blou-wildebeeste kom saens Na die laer op hul dooie gemak. Die bruinvolk rook deur-'n-bank dagga In 'n salige niksdoen en droom; Oom Bart se Klein Bart ry 'n kwagga Sommer bloots sonder halter of toom. Die rooibokke wei by die tente, Net so mak soos die bok van 'n wa: 'n Landstreek van Leipoldtse lente Waar geen lewenslas hinder of pla. Die grond hoef hulle net maar te kielie Vir Malherbe se lande vol graan; Of Jona se eersteprys-mielie Trou bewaak deur 'n mak bobbejaan.

3 Adipositas Praecox  (oorgewig

Die trekkers word dikker en vetter In die Luilekkerland in die kloof, Tot skraal Piet Verster word gesetter, - 'n Profeet van die lekker geloof! Geen naat wat nog hou aan 'n baadjie, Verantwoordelikste knope spring af, Ou maer Jan de Jaer kry 'n vaatjie; -Tot die hond is te lui om te blaf. Die rietskraalste nooi word al plomper En die vrouens versit meer geen tree, Beweging word gaandeweg lomper; ,,Wag te erg is, 's te erg" se Naude.

4 Naude loquitur  (The thing speaks for itself)

,,'n Vyand bedreig ons, O Broeders, En 'n vyand op wie ons moet let; Te glad sitjul tawwerts, O Moeders, Trekkerswee is per slot trekkersvet! Veel beter om eind'loos te swerwe, Teen gevare ons man weer te staan, As hier in gemaak te verderwe En in smorende vet te vergaan! Veel voorspoed word later 'n ketting, En 'n dwing'land die luie gemak; Te gronde gaan ons deur vervetting; More trek ons van hier sak en pak!"

5 Vox Populi (The voice of the people)

,,Die voorstel", se Koos van der Merwe, ,,Sal ek graag sekondcer, Kommandant!" ,,As julle twee lus het vir swerwe, Goed - maar ons bly in Luilekkerland." ,,Hoor! Hoor!" roep nou al die on rondes, ,,Wie 't dan sinnigheid nou weer te trek? Solank as die vet maar gesond is." En so bly hulle sit op die plek. Die aand nog het Koos van der Merwe En Naude die ou vet-span verlaat; Hul bene na swoege en swerwe Is al weer van normale formaat. Maar hoe dit met die ander gesteld is Dit weet Nugter. 'n Rondloper-Ier Beweer dat hul almal gesmelt is En derhalwe die naam Vet-rivier!

6 Haec fabula docet  (this fable teaches us)

Kyk kinders en nou kom die kwessie, Wat 'n mens uit die storie moet leer: Vergeet, nommer een, nooit die les nie, Vet of maer, om jul ouers te eer! Of mense al gekskeer of hoe maak, Praat die waarheid rondborstig prontuit; Onthou dat jul deure moet toemaak En vergeet nie jul neuse te snuit!


Andries Gerhardus Visser  (1878 - 1929)

Uit "Lotos-Land"  (1929)
« Last Edit: November 02, 2012, 11:52:25 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: AG Visser
« Reply #1 on: November 05, 2012, 02:17:22 AM »
Praat die waarheid rondborstig, voluit en vergeet nie om jou neus te snuit heheheehehe  :love7: Die gedig het ek hardop vir myself hier voorgelees en ek kon sweer ek hoor my pa se stem weer.

Aan sy voete, met my kop teen sy knieg gedruk, het ek die eerste keer hierdie woorde gehoor en sy stem was later skor soos hy voordra want ek kon nie genoeg kry van die herhalende klanke  :love7: Dankie vir die kosbare deel matertjie  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9162
  • Gender: Female
Re: AG Visser
« Reply #2 on: November 05, 2012, 08:24:05 AM »
Om een of ander rede laat die osse my aan oumense dink wat dit moeilik gehad het, maar nooit gekla het nie. 
Ek lief die humor van AG Visser. 

Wat 'n wonderlike voorreg om 'n pa te kon het wat sy liefde vir ons taal so pragtig kon oordra Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1616
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: AG Visser
« Reply #3 on: November 22, 2012, 05:45:37 PM »
het ek hierdie nou Ganiet, met 'n hoofletter. ek het gesoek, gedink ek het dit al hier gesien,    :dontknow:   maar kry toe nie, verskoon as iemand dit reeds geplaas het...

Nat en sap

Toe Noag strand teen Ararat,
Die Ark begin in puin raak,
Toe sê hy: "Aarde, maar dis nat!
Nou kan 'n mens weer tuin maak!

Het ek nie met die Ark geswoeg,
Was ons ook in die pekel.
Aan water het ek nou genoeg...
'n Lewenslange hekel.

Kom, Sem en Gammie, maak nou gou
Vir Pa mooi reguit slootjies;
En Jaaf, my kind, kom plant jy nou
Vir Pa die wingerdlootjies."

Die kromhout groei, en Noag skink
Sy sap 'n bietjie later:
Daarin is sedert meer verdrink
As in die Vloed se water!



Toe die wêreld nog jonk was

“In dié dae was die reuse op die aarde...
die manne van naam.” Gen. 6:4.

Kort anderkant Jerusalem
daar het gewoon Metusalem,
die man wat hul – dit sal jy sien –
vermenigvuldig het by tien!
Hy was g’n vier jaar in die land
toe kry hy al sy eerste tand;
by tien jaar kruip hy oral rond,
‘n flinke knapie en gesond:
toe rol hy al, en val en woel
en staan hy op teen elke stoel.

Nog skaars was hy ‘n jaar of elf
toe stap klein Lemmie al vanself.
So groei hy op tot sestig jaar;
die eerste wisseltand was daar;
en volgens landswet ry “oom Kool”
op ou Behémot na die skool,
sy vaders trots, sy moeders vreugd’,
Met Step by Step en Trap der Jeugd
in Hoog-Galdeeus en Aramees,
want almal moes tweetalig wees.
‘t Was goed en wel, maar alte vaak
het dié twee “opgemix” geraak.

Hy leer; en voor hy honderd was,
staan hy al eerste in sy klas!
Op honderd-sestig moes meneer
sy melkbaard al begin te skeer;
Tien jaar daarna al katkiseer
en Hellembroek – die dubb’le – leer;
nog tien jaar toe begin hy al
‘n mooi klein nooientje lastig val.
Verniet dat Vader loop en brom:
“Kniehalter-span sal ek vir hom!
’n Bog van honderd-tagtig jaar
praat al van trou – so wrintie waar.
Maar styf sal hy sy rieme loop –
hy dink glo trou is kémel koop!”
“Kind,”sê sy ma, “daar’s baie tyd –
waarvoor die grote haastigheid?”

Maar wat, die snuiter was getroud
skaars honderd-ses-en-tagtig oud.
En soos dit in die huwelik gaan,
sy huisgesin groei stadigaan:
So elke dertig, veertig jaar
is weer ‘n nuwe outjie daar.
So word met dat die eeue rol,
ook mettertyd sy koker vol –
‘n pure man Metusalem,
die Raadslid vir Jerusalem!
Hy tem die woeste Dinosour
en skiet die wolhaar –Brontosour;
en van sy vel maak hy ‘n jassie
vir klein Mahérskalálgasbassie.
Maar klein Kedorlaomertjie
en lief Kirjatjaromertjie,,
Die tweelingboetie en sy sussie,
kry elk ‘n hippopotamussie.
Tiglatpileser, die parmant,
Wil niks hê as ‘n olifant;
maar Hammoerabie huil en sê
hy wil ‘n wit harnoster hê.
En klein Metusalem verlang
Pa moet vir hom ‘n walvis vang.
“Habbakukkiena, bly tog stil!”
“Ag, Ma, hul vat my krokodil!”
Maar Gog-Magog met breë bors
Eet soet sy leviatanwors.
Ja, glimlag moes die moeder wel
by dié verteed’rend kinderspel:
Hoedat – dis om jou hart te steel –
die kleinspan met hul diertjies speel!

So leef hy voort en doen sy plig
tot sewehonderd-sewentig,
Toe sê hy: “Kinders, nou gaan ek
my aan die boerdery onttrek.
Voor nog ‘n honderd jaar verloop,
sal ek vir my ‘n bril moet koop.
Die paar ou eeutjes wat ek nog
hier op die aarde lewe mog,
wil ek gaan rus van al my werk.
My dorpshuis staan vlak by die kerk;
die dokter en die predikant
is albei sommer byderhand.
Hou as ek weg van julle woon,
my kinders, julle paadjies skoon:
Pas op vir borgstaan en krediet,
vir Israel- en Ismaeliet.
Behou die grond, kaart en transport;
betaal kontant: die lewe is kort,
’n droom – en voor ‘n mens gewaar,
dan is die ouderdom reeds daar.
My lewe is – so skyn dit my –
soos ‘n gedagte snel verby!
My dogters, luister tog vir Pa:
Volg nie die nuwe modes na;
’t Word alles korter – liewe land! –
die rok, die hare en verstand.
Dit dans, dit rook – dis om te ween.
In hemelsnaam! Waar moet dit heen!
Ligsinnigheid wat my verstom –
vanslewe was dit andersom.”

En so verslyt Metusalem,
sy ou-dag op Jerusalem,
en drink en rook op sy gemak
sy koffie en sy pyp tabak.
So sit en peins hy menigmaal:
“Die duisendtal sal ek nooit haal.
Ek het ook soveel knoue weg
in wilde-mens- en diergeveg,
die sware koue in die nat
vierhonderd jaar gelee gevat.
’k Onthou nog goed die groot kapok –
die sneeu tot aan die huis se nok.”

Op nege-sewentig min een,
sy tydjie om, was hy daarheen;
en niemand wis of dag daaraan
‘n wêreldrekord was geslaan.
Die feit is daar: Van toe tot nou
Hy het die langste aangehou!


en die heerlike:

Sê-nou

Sê-nou is ‘n lekker sê:
Alles wat ‘n mens wil hê,
alles wat jou hart begeer,
kry jy daarmee en nog meer.
Nooit kan jou die tyd verveel
as jy altyd sê-nou speel.
sê-nou, sê ek aan my maat
toe ons saam loop langs die straat,
sê, byvoorbeeld, elke iets
van ‘n motor tot ‘n fiets,
perdekar of ossewa,
ryperd wat sy ruiter dra –
alles waarop mense ry,
kom onsigbaar hier verby,
net die mense – wat ‘n klug! –
trek dan sit-sit deur die lug,
ooms te perd met lange baard
wip-wip luglangs doodbedaard;
snaaks sou wees die trem-wa daar,
twee verdiepings op mekaar;
maar die baie-sukkel trap
lyk my nog die grootste grap
as jy net die fietser sien
maar geen spoor van sy masjien!
Sê-nou, antwoord toe my maat,
jy hou op met onsin praat;
jy moet na die dokter gaan
met jou kop: daar skeel iets aan:
Sulke mal gedagtes kry
kom van mallemole ry!


 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9162
  • Gender: Female
Re: AG Visser
« Reply #4 on: November 24, 2012, 06:23:02 AM »
Nee, dit was nog nie hier nie.  Baie dankie vir die aandra Adéle.  Jy het my eensaam-Saterdag met blomme verlig. 
Sê Nou  het ons op skool gehad toe ek nog baie jonk was en ek het al so gesoek daarna.  Nou is ek in my noppies!  Baie dankie. 

Die beelde van sit-sit-so het my al die jare by gebly. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1616
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: AG Visser
« Reply #5 on: November 24, 2012, 02:13:35 PM »
ek het nou weer hierdeur kom lees en kry nie een gedwonge rym nie, mense, hierdie taalkundiges kon darem met ons taal TOOR ... en dan se' so baie skrywers van vandag, rym is outyds en onnodig... maar ek dink dit is 'n hengse KUNS om te kan dig soos hierdie tye van AG Visser en Totius ens, se skrywers.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9162
  • Gender: Female
Re: AG Visser
« Reply #6 on: November 25, 2012, 07:12:47 AM »
Stem heelhartig met jou saam Annie.  (Die naam vou nog steeds 'n warm kombersie om my hart.)
Digkuns gaan om rym, vir my. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1616
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: AG Visser
« Reply #7 on: November 03, 2016, 05:33:24 AM »
vanoggend kom ek weer hier kuier, so uit die ark se hek ....  :toothy4: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2271
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: AG Visser
« Reply #8 on: November 03, 2016, 05:45:46 AM »
en ekke die kom trap in jou spore en verlustig my weer aan die mooiste taal  :love7: :hello2: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9162
  • Gender: Female
Re: AG Visser
« Reply #9 on: December 11, 2017, 09:38:55 AM »
en nog 'n jaar later kom loer ek ook weer hier. 
Om te weet is om te verstaan.