Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
Die eerste naweek wat ons almal afgehad het en bymekaar kon kom,
het 'n handjievol familielede 'n boerefees in Ausiestyl gehad.
Dit was 'n ware fees. Eenvoudig, maar soooooo gesellig en liefde wat
gestraal het uit die gewillige siele se hande. Gelag was daar baie!!

Skoonseun het sy 'kraan' huistoe gebring en die brawes het 'n beurt gekry
om vanuit die lig te loer na die omgewing ... vir my was dit 'n wonderlike geskenk
om deel van alles te kon wees.



So tussendeur het die gewoel begin om alles reg te kry
vir die feestelike familiekringetjie se saamkuier.
Al die gewillige hande was ingespan LOL.







Outoppie en onse jongste was in beheer van die kleuterskool
waar self feesgevier en bederf was!



*ek kry nou net hierdie fotos vasgesit. Program het gestaak. Gaan weer probeer vir die res  :crybaby2:
So ja. Ek is terug  :toothy4:











En toe is dit tyd vir aansit en die groot plaaskuier. 'n Boere 'onthaal' vir Meisiekind en kie.







PM:
Baie dankie vir die deel hiervan Raaitjie.  Dit is heerlik om saam te kuier.  Ek wag geduldig vir die res hoor. 

Meraai vannie Baai:
So pas geplaas matertjie. Lekker om jou hier raak te kuier  :love7:

Meraai vannie Baai:
Ons kinders het klein en groot, 'n DING vir daai gloeiende liggie goeters  :icon_biggrin: en selfs op die feestelike geleentheid het hulle gegloei! Eerste ding wat gelaai word as die aankope vir 'n partytjie of samekoms gedoen word. Mum, can we please have glowing sticks on this party too?? Meisiekind het haar nie twee keer laat nooi nie. En nou spog hulle kleurvol vir ewig hehehe.

PM:
En vir jou matertjie.  Dit is altyd die moeite werd om so byeenkoms te "bewerk".  Mooi herinneringe en foto's vir more.  Die "gloeiwurmpies" het nogal 'n indruk gemaak.  Baie oulike idee. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version