Author Topic: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.  (Read 10581 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Die eerste naweek wat ons almal afgehad het en bymekaar kon kom,
het 'n handjievol familielede 'n boerefees in Ausiestyl gehad.
Dit was 'n ware fees. Eenvoudig, maar soooooo gesellig en liefde wat
gestraal het uit die gewillige siele se hande. Gelag was daar baie!!

Skoonseun het sy 'kraan' huistoe gebring en die brawes het 'n beurt gekry
om vanuit die lig te loer na die omgewing ... vir my was dit 'n wonderlike geskenk
om deel van alles te kon wees.



So tussendeur het die gewoel begin om alles reg te kry
vir die feestelike familiekringetjie se saamkuier.
Al die gewillige hande was ingespan LOL.







Outoppie en onse jongste was in beheer van die kleuterskool
waar self feesgevier en bederf was!



*ek kry nou net hierdie fotos vasgesit. Program het gestaak. Gaan weer probeer vir die res  :crybaby2:
So ja. Ek is terug  :toothy4:











En toe is dit tyd vir aansit en die groot plaaskuier. 'n Boere 'onthaal' vir Meisiekind en kie.







« Last Edit: October 29, 2012, 05:26:23 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #1 on: October 29, 2012, 05:20:23 AM »
Baie dankie vir die deel hiervan Raaitjie.  Dit is heerlik om saam te kuier.  Ek wag geduldig vir die res hoor. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #2 on: October 29, 2012, 05:26:50 AM »
So pas geplaas matertjie. Lekker om jou hier raak te kuier  :love7:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #3 on: October 29, 2012, 05:34:22 AM »
Ons kinders het klein en groot, 'n DING vir daai gloeiende liggie goeters  :icon_biggrin: en selfs op die feestelike geleentheid het hulle gegloei! Eerste ding wat gelaai word as die aankope vir 'n partytjie of samekoms gedoen word. Mum, can we please have glowing sticks on this party too?? Meisiekind het haar nie twee keer laat nooi nie. En nou spog hulle kleurvol vir ewig hehehe.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #4 on: October 29, 2012, 05:36:46 AM »
En vir jou matertjie.  Dit is altyd die moeite werd om so byeenkoms te "bewerk".  Mooi herinneringe en foto's vir more.  Die "gloeiwurmpies" het nogal 'n indruk gemaak.  Baie oulike idee. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #5 on: October 29, 2012, 05:38:22 AM »
Ek sal nog kort-kort terug kom want ek sien so baie.  Het die kraan in "mandjie" waarmee die ouens opgaan?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #6 on: October 29, 2012, 05:39:03 AM »
So bly ons kon dit doen PM. Wou net 'n saamweesfees he. En ons het so gemaak. Elke sekond so dankbaar gekoester  :love7:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #7 on: October 29, 2012, 05:39:46 AM »
Ja dit het so staalmandjie waarin die brawes kon vasklou aan mekaar  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #8 on: October 29, 2012, 05:42:39 AM »
Dit moes nogal 'n ervaring gewees het.  Baie hoog!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #9 on: October 29, 2012, 05:46:05 AM »
Ongeloooflik hoog. Skoonseun het nie die hele gedoente ontplooi nie maar dit wat ons gesien het was genoeg om my hoogte te vrees te gee deur net op te kyk. Gaan gou een foto soek waar Outop kamera dwars geswaai het en die hele ding ingekry het hoor.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #10 on: October 29, 2012, 05:51:19 AM »


Daar's die gedoente, vaderland ek word seesiek net om op te kyk selfs na die sneppie LOL!
« Last Edit: October 29, 2012, 06:51:34 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #11 on: October 29, 2012, 06:49:37 AM »
En hier is ons ou prinsie en sy nuwe niggietjie  :love7:
Hulle wou net troukoek eet, maak ouma maar ander plan


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #12 on: October 29, 2012, 07:34:14 AM »
Hierdie is opvreetgoed!  Jitte Raaitjie,  kyk hoe vlieg die tyd!  Die foto is pragtig!  Voorwaar 'n skatkisitem.

Hie-hie, dieselfde ding het deur my gedagtes geglip.  Sê-nou-net...
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #13 on: October 29, 2012, 07:46:57 AM »
So mooi en kosbaar.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #14 on: October 30, 2012, 03:06:08 PM »
dit lyk heerlik en vrolik  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #15 on: November 05, 2012, 02:23:05 AM »
Dit was heerlik en vrolik Willa. Sonder enige fensie gedoentes of rituele, net saamgekuier en baie baie gelag. Meisiekind se cowboy is nie een vir arighede. Hoe eenvoudiger hoe beter. As hulle net op die perd se rug oor 'n ding kon spring sou sy dag volmaak alreeds gewees het, maar die twee skoonsussies wou so graag vir haar 'n tafel dek en dit het hulle heeldag plesier verskaf en besig gehou  :hello2:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #16 on: November 05, 2012, 12:22:53 PM »
ooo dis so kosbaar, dankie dat ek kon saamkuier
dit is juis daardie beplanning en voorbereiding wat so lekker is [duhhh, en vir soveel kommer sorg]

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #17 on: November 05, 2012, 01:00:18 PM »
'n Mens wil mos hê alles moet presies volgens plan verloop en komkommer so baie. 
Die snaaksigheid is dat niemand ken die plan nie en as iets anders is dan weet net jy daarvan.  :icon_biggrin:
Die lekkerste is so 'n familiebyeenkoms.  Almal lief almal en aanvaar alles met liefde, net soos dit kom!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #18 on: November 05, 2012, 01:30:12 PM »
'n Mens wil mos hê alles moet presies volgens plan verloop en komkommer so baie. 
Die snaaksigheid is dat niemand ken die plan nie en as iets anders is dan weet net jy daarvan.  :icon_biggrin:

dis presies wat iemand hier ook aan my genoem het...    :toothy4:  en dis waar, selfs goed wat ek vergeet het, weet net ek van.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #19 on: November 05, 2012, 08:59:54 PM »
Ag my lief matertjie, al wat saak maak is dat alles goed afgeloop het.  Ek is so dankbaar dat jy 'n wonderlike dag gehad het en dat jy gelukkig is.  Hier is 'n spesiale drukkie vir jou omdat jy 'n spesiale maatjie is!  Jy is my sustertjie!

Ek lief jou!!!!



Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #20 on: November 06, 2012, 06:08:01 PM »
  :love7:   +     :coffee2:   =   :toothy4:   
« Last Edit: January 30, 2018, 01:17:55 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #21 on: January 30, 2018, 12:32:43 PM »
Die liefde in ons ou kringetjie hier op die forum bly my kosbare besitting. Lees ek nou weer en loer saam oor 'n besoeker se skouer. Sooooo verlig vanaand. Woorde kan dit nie beskryf nie  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #22 on: January 30, 2018, 12:52:01 PM »
Liefde is salf vir baie sere.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #23 on: January 30, 2018, 01:21:30 PM »
Al vyf-plus jaar gelede .... hoe groot is hierdie kleingoed op die foudies nie nou al nie .... :angel8:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.
« Reply #24 on: January 30, 2018, 02:04:38 PM »
Ja kyk nou net hoe vlieg die tyd.
So tong in die kies dink ek altyd hoe "groot kwessie" dit was as ons by Woes 'n komtaartjie by 'n ander onderwerp gelos het.  Is dit nie heerlik om Vry te voel om te plaas net sommer waar jou gedagtes ontpop nie. 
Om te weet is om te verstaan.