Author Topic: Sonder Seëls se aanbod aan ons.  (Read 4051 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Sonder Seëls se aanbod aan ons.
« on: October 26, 2012, 01:51:56 PM »
 Ek het vir Sonder Seëls 'n briefie geskryf waarin ek gevra het of hulle sou belangstel om elke maand 'n gedig van een van ons lede in hul e-tydskrif te plaas.
Hier is die reaksie.  Wat stel julle voor?


Hallo Petra
Wat ons korrespondensie oor die Afrikaanse Forum en Sonder Seëls betref, stel die redaksie die volgende voor:
•   Ons kan ‘n artikel doen oor die Afrikaanse Forum waarin jy ons vertel wat dit is, vir wie, hoe dit werk, ens. Daarby plaas ons ‘n foto van jou. Jy kan natuurlik self die artikel skryf.
•   Dit dien dan as ‘n interessante inligtingsartikel, met geen koste vir jou of vergoeding aan jou vanaf Sonder Seëls nie.
•   Ons beplan dit vir die Januarie-uitgawe, maar ons maak dit klaar voor die Desember-vakansie.
•   Indien jy sou belang stel om ‘n advertensie vir die koffietafelboek te plaas (met kontakbesonderhede en waar om die boek te koop), kan ons ‘n tarief uitwerk. Hieroor sal ek meer besonderhede stuur as nodig, maar onthou dat die plaas van die artikel nie afhang daarvan of jy adverteer of nie, dis net om jou die geleentheid te bied, en om regverdig te wees teenoor die ander adverteerders.
Laat weet asseblief wat jy dink?
Groete
Lilla
25 Oktober 2012
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sonder Seëls se aanbod aan ons.
« Reply #1 on: October 27, 2012, 07:30:42 AM »
Hier is iets wat ek solank geskryf het.  As julle enige iets wil verander of byvoeg, kom help my asseblief.  
Wees asseblief 'n ons in die pond.  

In Maart 2011 het die Afrikaanse Forum "die lug" gesien.  
Die Forum het ontstaan as gevolg van 'n gawe groepie skrywers wat nou met mekaar saamwerk om ons digwerk en algehele skryfwerk te verbeter.  Ons spog met 'n hele klompie onderwysers en kunstenaars wat uitstaande werk lewer en binne maande het ons ons eerste volkleur A4-koffietafelbundel uitgegee waarmee ons spog.  Elke skrywer het sy eie "bundel" in die boek, dit is propvol digkuns, foto's, kunswerke, kortverhale, gedigstrukture ens.  Die volgende boek is in wording en ons nooi almal wat wil saamskryf uit om deel te neem.  
Ons is 'n span wat saamwerk.  Ons skep of vertaal gedigstrukture en dan spring almal wat wil saamspeel in en skryf 'n gedig op die voorgestelde struktuur. Dit leer 'n digter om buite die raamwerk te dink en skryf.  
Raaitjie Lock, 'n Inwoner van Gatkantland, Australië, is ons geslepe woorddief, 007.  Sy wandel deur die forum se gange en "gaps" al die oulike sêgoed, nuwe Afrikaanse woorde wat ons skep, wyshede en soveel meer, om in ons eie Woordskuur te verpak en uit te stal.  
Ons as skrywers is altyd opsoek na 'n plekkie waar ons ons skryfwerk met ander kan deel.  Elke skrywer wat by die forum aansluit het 'n eie hoekie waar hulle hul skryfwerk kan plaas, waarop almal kommentaar kan lewer.  Indien 'n skrywer hulp nodig het met 'n werkstuk, word dit in die "kom ons help mekaar" afdeling geplaas en sodoende werk almal saam om dit te verbeter.
Natuurlik het ons ook 'n afdeling waarin ons ons gunsteling resepte met mekaar deel.
By die "kiekiekykplek" deel ons foto's.  
Dan het ons 'n "kom skinder saam" hoekie waar ons ons lief en leed met mekaar deel.  Indien iemand nie 'n skrywer is nie, maar tog digkuns en ander kunswerke geniet, of sommer net lekker wil saamkuier, of op sy eie unieke wyse 'n bydrae wil lewer, is hy/sy baie welkom.  
Skryf gerus aan my, Petra Smit, of sommer net PM wat staan vir Piet Magriet, by pm@afrikaanseforum.co.za om aan te sluit en ek sal u registreer.  Dit is gratis.  
Kom kuier saam by www.afrikaanseforum.co.za
« Last Edit: October 29, 2012, 05:13:08 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Sonder Seëls se aanbod aan ons.
« Reply #2 on: October 28, 2012, 09:17:23 AM »
Dit klink baie goed PM. As ek dit gelees het en nog nie deel was van ons groep nie, sou ek onmiddellik deel wou word. :-)

Daar is net een foutjie: buite i.p.v. buitde


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sonder Seëls se aanbod aan ons.
« Reply #3 on: October 29, 2012, 04:45:52 AM »
 :icon_salut: :notworthy: :hello2: :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sonder Seëls se aanbod aan ons.
« Reply #4 on: October 29, 2012, 05:15:03 AM »
Dankie Fransi.  Ek maak sulke foute waaroor ek keer op keer lees en nie raaksien nie. 
Dankie Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Sonder Seëls se aanbod aan ons.
« Reply #5 on: October 30, 2012, 03:09:47 PM »
 :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w