Author Topic: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?  (Read 3267 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #1 on: October 25, 2012, 09:24:31 PM »
nog 'n vreemde ding wat ek gehoor het:

Vriende van ons het 'n huis wat hulle verhuur.
so is daar 'n onderwyseres wat die huis huur en nie huurgeld betaal nie en na 6 maande se gesukkel kry hulle haar uit.

Toe hulle die huis wou gaan skoonmaak voor die volgende huurders kry hulle nie die voordeur oop nie al sluit hulle dit oop.

breek toe oop om in te kom en toe is die voordeur met superglue vasgeplak en so ook als wat oop en toe of beweeg in die huis.
die binnedeure die kas deure, kombuis kaste, laaie, stoof se oond deur die stoof se knoppe, toilet sitplek.

syt seker die huurgeld nie kon betaal nie want syt te veel super glue gekoop.

ja inderdaad vreemde mense tussen ons.

Die skade was R11000 en sy weier om te betaal want dan is dit asof sy skuld erken.

die skoolhoof seg hy weet syt 'n probleem want sy het al die een onnie met 'n stoel gegooi.


Scary om te dink sulke mense loop los tussen ons rond.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #2 on: October 26, 2012, 12:27:54 AM »
Stoffel die scary deel is nie dat sy los rondloop nie, sy is onderwyseres en daar is kindersiele onder haar sorg toevertrou!!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #3 on: October 26, 2012, 08:52:40 AM »
 Die snaakste goed gebeur!  Jy kry sulke mense wat nie lekker "all there" is nie. 
Sou graag kamaras in haar klaskamer wou laat insit om haar op internet dop te hou. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #4 on: November 11, 2012, 06:34:30 PM »
Dis nie regtig scarry nie - ek het al veel erger gesien en gehoor

maar dis inderdaad hartseer - ons leef in 'n onvolmaakte siek wereld.

darem is daar minder mallerige mense ook tussen ons ...

ek het iewers gelees

you don't have to be mad to work here, but it sure helps if you are!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #5 on: November 12, 2012, 08:53:31 AM »
Ons is ook nou daar waar Hannes die prokureur gaan sien het oor ons huurders wat nie betaal nie.  Ek wonder maar net wat daar gaan gebeur.  Sy het vir Hannes 'n sms gestuur waarin sy gesê het dat hy nie met haar moet praat nie.  Hulle sien mekaar in die hof, want huurders het ook regte!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #6 on: November 12, 2012, 09:34:35 AM »
Sterkte PM.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #7 on: November 12, 2012, 09:38:17 AM »
PM is dit julle huis wat toegegom is - ai jong!!

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #8 on: November 13, 2012, 08:51:14 AM »
 :angel4:  Nee matertjie, maar ek wonder juis oor wat sy met ons huis gaan aanvang.  Ek het al gehoor van ouens wat dreine toegesemt het en wie weet wat alles.  Ek sal nou nie omgee as sy die swembad toe sement nie, maar dit gaan haar meer kos as wat die huur sal wees.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #9 on: November 13, 2012, 09:09:17 AM »
Mens kry regtig deurmekaar mense in die lewe - ek bid sy bereken julle nie ontbetaalbare skade nie  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: wat vreemd kan nog in die wêreld gebeur?
« Reply #10 on: November 13, 2012, 01:15:21 PM »
Ek hoop ook nie so nie Wils.  Ons sal maar sien wat hiervan kom.
Om te weet is om te verstaan.