Author Topic: Afgetree  (Read 2699 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Afgetree
« on: October 25, 2012, 11:50:30 AM »
AFGETREDE  MAN
 
Na my aftrede het my vrou daarop aangedring dat ek haar na Tygervalley vergesel vir inkopies.

Ongelukkig hou ek nie van inkopies nie. Soos meeste ander mans wil ek in en uit in die sentrum. My vrou, daarenteen sal ure loop en oogkoop. Sou hou van oogkoop.
Gister ontvang my vrou die volgende van die bestuur by Tygervalley :
 
Geagte Mevrou VD Wie ,
Gedurende die afgelope ses maande het u eggenoot verskeie ongeruimdhede in ons sentrum veroorsaak en ons kan sy gedrag nie langer aanvaar nie. Beide van u word dis uit die sentrum verban.
Hier volg ‘n lys van klagtes wat op ons geslote baan video opgevang is.
1. Junie 15: Hy neem 24 dosies kondome en versprei  dit  in ander kliente se trollies wanneer hulle nie kyk nie.
2. Julie 2: Stel al die alarms in House and Home om met 5 minute tussenposes af te gaan.
3. Julie 7: Hy maak ‘n spoor met tamatiesous op die vloer wat na die damestoilet toe lei.
4. Julie 19: Gaan na die dienstoonbank en probeeer om ‘n dosie Smarties op “lay by” te plaas.
5. Augustus 14: verskuif ‘n 'CAUTION - WET FLOOR' teken na ‘n vloer met matte.
6. Augustus 15: Slaan ‘n tent op in die buitelug afdeling en vertel die kinders hulle kan daarin kom speel as hulle elkeen ‘n kussing en ‘n kombers van die beddegoedafdeling saambring. Twintig kinders het hom geglo.
7. Augustus 23: Toe een van die winkelassistente vra of hulle hom kan help, gil en skreeu  Meneer kliphard: “Hoekom kan julle my nie net uitlos nie! Ek het niemand gehinder nie.” Die noodhulp persone moes ingekry word.
 8. September 4: Gebruik die videokamera se lens as ‘n spieel om in sy neus te grawe.
9. September 10: Terwyl hy na gewere in die jagafdeling kyk, vra hy die klerk waar die naaste Apteek is want sy antidepressante is op.
10. Oktober 3: In die motorafdeling oefen hy sy Madonna nabootsing met verskillende grootte tregters.
11. Oktober 18: Kruip weg in ‘n klererak. Wanneer voornemende kopers verbykom gil hy: Kies my!, Kies my!
12. Oktober 22: Wanneer daar aankondigings oor die winkel se interkomstelsel gemaak word skreeu hy: AAG NEE!! DAAR’S DAAI STEMME ALWEER!! SAL HULLE DAN NOOIT OPHOU NIE!!
 13. Oktober 31: Neem ‘n boksie kondome na die winkelklerk en vra waar die aanpashokkies is.
14. November 23: Gaan in ‘n aanpashokkie in, maak die deur toe en na ‘n tydjie skreeu hy:  Kan iemand help asseblief? Die toiletpapier is op hier binne.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afgetree
« Reply #1 on: October 25, 2012, 12:41:04 PM »
O genade!  'n Mens kan hom mooi aantrek maar nerens heen vat nie.   :sign10:

Die tamatiesous-streep vat die koek.  Hê-hê!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Afgetree
« Reply #2 on: October 25, 2012, 12:45:10 PM »
 :icon_biggrin: