Author Topic: Vertel my meer!  (Read 9393 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vertel my meer!
« on: October 25, 2012, 06:54:04 AM »
Vanoggend kry ek 'n oproep van doggie af.  Ma help, die balju het gister al ons goed kom opskryf.
Tot pa se sleepwaentjie wat ons geleen het!
Hoekom?
'n Jaar gelede het sy 'n bediende in diens geneem en na ses weke kom bedank sy omdat sy swanger is.  Jo betaal haar toe en toe gaan kla sy by die CCMA?  Jo het aan hulle telefonies verduidelik wat die probleem is en hulle sou vir haar vorms stuur maar sy het nooit niks ontvang nie. 
Gister toe kom die balju alles opskryf. 
Sy lag.  Ma, R400.00 vir die sleepwaentjie maar R500.00 vir Henk se braai.   :icon_biggrin:
Hulle tuinjong ry met 'n motorfiets en hulle het dit ook opgeskryf. 
Nou-ja, ek het vir haar gesê sy moet maar die "sherrif" kontak want ek weet regtig nie hoe nou gemaak nie. 
Hoe werk dit?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertel my meer!
« Reply #1 on: October 25, 2012, 06:58:47 AM »
Grote Griet Verdriet. Dis vreeslik man!! Goeie aarde, mens kan dit skaars oorvertel - om nog midde in die situasie te moet wees is AAAAKLIG! Sterkte julle. Hoop die sherif gaan help. Laat weet as die woorddief draai moet gaan gooi met my besem en alles wegsteek onder stof en rook hoor. Genoeg diekant om BAIE goed te verbloem vir eers. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertel my meer!
« Reply #2 on: October 25, 2012, 07:10:03 AM »
Dit is eintlik lagwekkend. 
Wat ook lagwekkend is, is wat alles met 'n mens kan gebeur.   :icon_biggrin:

Ons verhuur ons huis aan mense wat van Februarie af nog net twee en halwe paaiement betaal het.  Na 'n lang gesukkel kry ons die "inbetalingsstrokies" in die pos.
Sy trek af:
R1 800 per maand vir swembad- en tuindienste.  (R200  vir die optel van hoendepoo.)
R1 000 per maand omdat die warmwaterstelsel warm water lek. 
Die stoof het gebreek en toe koop sy 'n nuwe een vir R3 500.
Die lys gaan aan en aan tot R52,000.00 sterk!
Ek moet haar nie dryg nie, ek kan enige tyd my prokureur gaan sien, sy gaan tribunaal nie.  Wat is dit?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertel my meer!
« Reply #3 on: October 25, 2012, 07:37:36 AM »
 :headbang: ek glimlag, nee wag ek lieg, ek bulder van die lag vir hierdie lysie. Sy is die 'gratishuurder' nie die eienares nie ne, sy koop links en regs. Senter en nog iets  :icon_biggrin: PM ek dink ek gaan so biesigheidjie begin. Net vir my masker enne skoepie kry. Dink net, R200 'n erf en dit vir bollie optel. Wonder hoeveel dollartjies sal dit wees?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertel my meer!
« Reply #4 on: October 25, 2012, 07:54:07 AM »
Lekker kuier ons hier vanoggend, ek en jy.   :love7:

Hannes het gister 'n dag verlof gevat om na die huis te gaan kyk.  Ons het 'n afspraak met haar en haar ma wat ook daar bly, gemaak.  Niemand tuis!

Elke keer as Hannes daar was om die inbetaalstrokies te gaan haal het haar ma hoog en laag gesweer dat die geld inbetaal is en dat haar dogter net die volgende dag die strokies sal pos (in ons seun wat net daar naby woon se posbus.  Nooit gekla oor enigiets wat fout was nie.

Op die lys van gebreke, wat sy sewe dae nadat sy in die huis ingetrek het moes voorlê en nooit gedoen het nie, het die storte in die huis nie eers deure aan nie. 
Sy sê die storte werk ook nie.   :icon_biggrin:
Daar is gate in die dak in elke vertrek?
Hulle het swembadkrake laat regmaak vir oor die R7,000 maar sy wag nog vir strokies.  (Weet sy dat die swembad 'n veselglasvoering het?)

Ag nee wat.  More sien Hannes die prokureur.  Ja, ons is weer daar!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vertel my meer!
« Reply #5 on: April 13, 2013, 08:51:11 PM »
PM het my so mooi gewaarsku, en daar val ons pens en pootjies in die gratishuurdersstrik. Sal die dame my mos probeer aanvat in my eie huis en met die LAW wil dreig. So 'n asgat!

Nou dis so oulik eindlik...My huis - sy kan gratis bly....Nie haar huis nie - maar as ek nie my huis betaal nie word my huis teruggeneem en ek sit op straat.... :icon_scratch: Ja, ek het nie mooi gehoor toe PM my oor en oor se PASOP vir die rooikop koggelmannetjiesjagter nie.

Sy bly nou al van die begin van die maand sonderkrag en my beterhelfde het vandag die warm water afgesny.....letterlik   :evil6:

PM net gou 'n vraag oor julle gratishuurders - moet hulle nie eers jul toestemming kry as hulle iets doen aan die huis..

O en vir die wat wonder daai kontak wat die huurders moet teken, beteken niks.  :nono:

O ja ek het hier rond gedwaal vanaand.... :angel12:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertel my meer!
« Reply #6 on: April 14, 2013, 05:01:29 AM »
Sjie sien ek die spore afgetrap in stelle. Eish! Simpatie matertjie. Diekant van die aardbol moet die huurder toestemming verkry van die eienaars voordat hulle enige veranderinge aanbring. En dit moet bly. Mag nie weer afgehaal word nie. Maar soos jy se: die papier waarop die kontrak geskryf is, beteken soms net mooi blousoeteniks!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vertel my meer!
« Reply #7 on: April 14, 2013, 09:40:41 AM »
Ek dink dit is 'n goeie ding om eers hul 'papiere' en dinge na te gaan.
Waar het hul vantevore gebly?  Wie is die eienaar van die huis/woonstel waaruit hulle getrek het? Hoekom het hulle getrek? Hoe lyk die plek, is dit netjies, vuil?
Ek gee hulle kennis en verkoop die plek onder hulle gaaie uit.
Hulle moet toestemming kry om enige verandering aan te bring en sou hulle waai, bly dit. 
En geen, maar geen spykers en skroewe aan mure.. dit is nou as dit my plek sou wees.
Kontrakte sal ek deur 'n prokureur laat opstel.  Al betaal ek in die begin, is dit die beste.  Deesdae lyk nuwe huurders soos die king n queen tot maandeinde en betaaltyd.  Dan slaan die bos deur.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vertel my meer!
« Reply #8 on: April 15, 2013, 09:03:19 AM »
Sjoe, ons het vir jare gehuur en die ongelukkies wat maar gebeur as jy lank in 'n plek bly - soos die per ongeluk omstamp van 'n glas met rooiwyn op 'n mat ens. - het my soms vir dae gespanne gehad en naarstiglik laat rondskarrel om dit weer reg te laat lyk. Nou sien ek ek kon eintlik maak en breek soos ek wou. :-p

Baie sterkte, ek hoop dinge werk positief uit en dat julle dan 'n goeie, verantwoordelike en eerlike huurder sal kry.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertel my meer!
« Reply #9 on: April 15, 2013, 11:17:15 AM »
Ja dis moeilik, die gratisblyers.  Trappies, sy bly in jou huis, moenie haar toegang gee voordat sy betaal het nie, laat haar by die hek wag.  Hou haar goed in pand.  As sy nie geld het om haar huur te betaal nie, waar gaan sy geld kry om 'n "law-er" te kry? 
Dreig is gratis, prokurowers kos geld. 
Sy mag veranderings aanbring op voorwaarde dat alles weer gelos word soos wat sy dit gekry het.  Bv. as sy die muur pers verf moet sy dit weer die kleur verf wat dit was. 
Verbeteringe is 'n ander saak.  Sy het jou toestemming nodig en soos die ander ook sê, sy mag dit nie weer verwyder nie. 

Jy is reg, die papier waarop die kontrak geskryf staan is meer werd.  Of jy is eerbaar of jy is 'n skelm. 

Dit help ook nie om navraag te doen oor huurders nie.  Die vorige eienaars is so gretig om van hulle ontslae te raak dat hulle nooit die waarheid sal praat nie. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Vertel my meer!
« Reply #10 on: April 15, 2013, 11:39:04 AM »
Fransi, sommer son 'n raatjie wat werk tussen ons meisies. As jy rooiwyn mors, gooi bietjie witwyn op die vlek en jy sal nie weet daar was rooiwyn nie. Matte, klere, banke, maak nie saak nie. witwyn neutraliseer onmiddelik die kleurstof in rooiwyn...



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertel my meer!
« Reply #11 on: April 15, 2013, 04:37:53 PM »
En dit het Aspoestertjie vir my gewys.  Ek was vreeslik ontsteld oor die rooiwyn wat op die pragtige wit tafeldoeke wat ek geleen het gemors is.  Toe kom Aspoestertjie met die bottel wit wyn en gooi dit op die vlekke.  Soos die twee mekaar ontmoet het, het die rooiwyn vinnig spore gemaak.  Net daar, verdwyn soos mis voor die son. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vertel my meer!
« Reply #12 on: April 15, 2013, 05:13:14 PM »
Baie dankie julle. Ek sal dit onthou vir 'n volgende keer. :-) Ek het daardie tyd sout opgegooi en dit het darem die meeste uitgetrek. Gelukkig was die mat bruin as ek reg onthou. :-)

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Vertel my meer!
« Reply #13 on: April 15, 2013, 07:16:37 PM »
ons gebruik weer eers wityn en dan droog ons idt op en dan gooi ons sout op

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vertel my meer!
« Reply #14 on: April 18, 2013, 03:39:30 PM »
Gelukkig is ek ge-lawyer, so sy gaan uit.  :icon_scratch: Wel een of ander tyd.  :evil6:

Ek moet by se die goed wat vriende en familie bereid was om alles te doen eish, is ek bly ek is nie in haar skoene nie.  :evil6: Ongelukkig, gelukkig vir haar sou ek nie met my gewete kon saam leef nie. So ek kon dit ook nie doen nie.  :icon_scratch:

Nou wag ons maar vir haar om te besluit om uit-te-trek-wanneer-dit-haar-pas, natuurlik. Ons wil haar nie verontrief nie. Nee nie ons nie.  :notworthy:

Maar sy gaan 'n kleine verrassing kry, wanneer sy eers uit is. Ek gaan dit nie net daar los nie. As sy my nie elke sent gee en as daar enige skade is ook plus, Taranee my swart-vierbeen poppie is gister in die hospitaal oor sy nie die stress kon hanteer nie.  :icon_biggrin: Ja ja lag maar, maar die poppie het 'n maagwandsuur of so iets gekry oor die mense wat op my skreeu en polisie hieraan bring en en en... :icon_scratch: wonder of dit in die hof sal werk  :evil6:

Elkgeval ek gaan dit nie net so laat gaan nie. As ek kan uitvind na wie sy trek sal ek (natuurlik nadat sy getrek het) hulle kontak en waarsku waar toe sy instaat is.

Natuurlik sal die vorige mense nie die persoon sleg inkleur nie. Net soos ek wil ek net van haar ontslae raak. As ek vir almal vertel hoe sleg sy is gaan sy flip nooit trek nie....Jammer, maar dis so..

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertel my meer!
« Reply #15 on: April 19, 2013, 02:29:21 PM »
Dit laat 'n wrang smaak in 'n mens se mond en jou hart.  Die feit bly staan, as sy nie geld het om jou te betaal nie, dan is dit nie werd om goeie geld agter slegte geld aan te gooi nie.  Dit beteken jy mors jou welverdiende geld om nooit weer iets terug te kry nie. 
Skryf vir haar 'n brief dat sy jou binne die tydperk wat jou kontrak sê, moet betaal of sy moet uit.  Basta. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vertel my meer!
« Reply #16 on: April 19, 2013, 05:43:31 PM »
Ja dis wat altyd gebeur en hulle weet dit. Ek aan die anderkant betaal nie vir my lawyers nie. So sover ek kan gaan ek haar laat vang, want ander kan nie. Ek gaan haar ook laat Blacklist as sy my nie betaal nie. Sodat iemand anders dalk die hartseer gespaar kan word.
Sy gebruik ook 2 verskillende no. plate. Wat ek vanoggend aan n vriendin se man gegee het, hy werk by die verkeers departement. Weet nie wat dit sal vir haar beteken nie, maar dis nou geraporteer.  :pottytrain2:
Ek is Trapsoetjies en soetjiestrap is my middelnaam. Ek dink sy het gedink sy kan oor ons loop soos sy met al haar ander slagoffers gemaak het.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertel my meer!
« Reply #17 on: April 19, 2013, 06:08:48 PM »
Sover ek uitgevind het by my prokurower, kan 'n mens hulle nie laat "blacklist" as dit nie in jou kontrak staan nie.  Ek stem saam met jou, ander moet gespaar word.  Ry haar tot aan die eindpunt van die reenboog.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.