Author Topic: Dit is mos politiek!  (Read 1991 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Dit is mos politiek!
« on: October 23, 2012, 07:38:20 AM »
Hierdie onderwerp het ek begin na aanleiding van 'n dissiplinêre aksie wat teen Hannes ingestel is. 
Hy is daarvan aangekla dat hy nie sy pligte nakom nie en sodoende die firma se naam skade berokken het. 
By die eerste verhoor is hy skuldig bevind en toe teken hy apel aan.
Gister se verhoor  moes tweeuur begin en toe begin dit eers drieuur.

Die kabaal het daaroor gegaan dat Hannes se baas vir hom gesê het dat hy graag  met 'n sekere persoon 'n onderhoud wil doen, hom aanstel en Kaap toe stuur om te gaan toesig hou oor 'n projek, in die plek van die persoon wat met verlof gaan.  Gewoonlik doen Hannes dit, maar hy stem toe in. 

'n Dag of wat voor die persoon moes oorneem, laat weet sy baas vir hom dat hy wat Hannes is, nou in groot moeilikheid is want die klient in die Kaap is baie ongelukkig omdat daar nie iemand is wat moet oorneem nie.  Die klient het briewe geskryf aan die grootbase en gedreig om nie weer vir hulle kontrakte te gee nie.  DIT  is 'n baie ernstige aanklag en kan lei tot onmiddellike ontslag. 

Hannes het dadelik gereël dat die persoon wat daar was 'n dag of wat sal aanbly totdat hy 'n plaasvervanger kan reel om oor te neem.  So gese so gedaan. 

Daardie week toe oorhandig sy baas die dokumente aan hom dat hy vervolg gaan word. 

Met die eerste verhoor het Hannes gevra vir afskrifte van die "briewe" wat die klient aan die "grootbase" geskryf het.  Niks.  Geen bewyse. 

Een van Hannes se kolegas was teenwoordig tydens die bespreking en was gereed om vir hom te getuig dat hulle baas onderneem het om die taak te verrig.  Dit was toe nie nodig nie, want hulle baas het erken dat hy onderneem het om die taak te verrig.

Toe die voorsitter 'n week later die uitspraak lewer dat Hannes skuldig bevind is en 'n skriftelike waarskuwing ontvang, teken hy apel aan.  Dit het nie gehelp nie.  Hannes is in beheer van die afdeling en hy moes seker gemaak het dat sy baas sy werk doen!  Finish!

Dis mos nou politiek. 
« Last Edit: October 23, 2012, 07:41:09 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dit is mos politiek!
« Reply #1 on: October 23, 2012, 09:41:00 AM »
Ek prosedeer amptelik teen die mislukte apel  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dit is mos politiek!
« Reply #2 on: October 23, 2012, 11:49:25 AM »
Dankie Raaitjie, ek sal saam met jou toi-toi. 

Kry ek toe 'n privaat briefie wat amptelik prosedeer dat ek so onsensitief kan optree deur hierdie onderwerp hier te plaas.  Voel ek niks vir my man nie! 
Nee, ek voel niks, hy is by die werk.   :icon_biggrin:

My liewe man is onregverdig behandel.  As hy 'n fout begaan dan erken hy dit en hy vat sy straf soos dit 'n  MANman betaam.  ALMAL wat my man ken weet dat hy ongelooflik pligsgetrou is en lewe vir sy werk.  Hy het niks om hom oor te skaam nie, sy werkgewers kan maar skaam, maar dit is nie in hulle broeke gebeendere nie. 

...en o ja, ons het nie geraamtes in die kas nie. 




Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dit is mos politiek!
« Reply #3 on: October 23, 2012, 11:51:42 PM »
Dit is nie net die weerpatroon wat op sy kop rondloop nie smaak dit my. Oi toggie tog mater ekke vou my arm om jou en Hannes. Dankie vir die deel van hierdie onregverdige seer in julle lewe  :love7: