Author Topic: 'n Drie Titel Vers  (Read 13386 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #30 on: August 23, 2018, 03:36:38 AM »
Nee. Ek is nie bang nie, maar wel moedeloos en gefrustreerd. Ek het op 'n stadium regtig hard probeer maar later moed opgegee. Die geworstel om liggaam en gees aanmekaar te hou het net alle kreatiwiteit en dryfkrag dooodgemaak. Kyk nou maar die paar mense wat hier deelneem... So 'n opflikkerinkie die afgelope week of twee maar klaar weer besig om in hul eie besig wees te verdrink.
In die sweet van nou aangesig sal jy jou vrek werk en nie vir jouself tyd hê nie. Ek verstaan dit. Oor bietjie meer as 'n week is my verlof verby en gaan die rotreis my ook weer insluk.
So sal dit maar aanhou tot ek my die granietkopstuk erf...  :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: August 24, 2018, 05:05:21 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #31 on: August 23, 2018, 03:40:23 AM »
Die geworstel om liggaam en gees aanmekaar te hou raak soms vir my ook te veel Naas maar ek is bang gebore, en die vrees dat ek nie weer gaan opstaan nie hou my regop  :icon_biggrin: Sterkte vir jou mater! So dra ons elkeen 'n kruis en lig soms die sluier na buite maar meestal is ons stryd na binne ne.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Drie Titel Vers
« Reply #32 on: August 24, 2018, 04:31:47 PM »
Ouens, moenie moed verloor nie.  Al bly net julle handjievol hier, sal dit vir my vreugde bring, dag vir dag. 
Om te weet is om te verstaan.