Author Topic: Kom ons staan saam  (Read 11239 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom ons staan saam
« Reply #15 on: October 18, 2012, 02:26:15 PM »
Dankie Gawie. Ek verlang baie dae nogal sterk daar na julle wereld toe. Ek voel jou en PM en al die ander vriende se hande onder my en glo my, dis party dae al wat my regop hou.
Hoe lank bly julle innie Kaap? Ek sal graag 'n drukkie wil gee erens langs die pad. Franskraal ne. My niggies bly daar en ek soek rede om my ma 'n slag na haar kleinkinders te vat. Miskien maak ek dit sommer een ry.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons staan saam
« Reply #16 on: October 18, 2012, 02:40:10 PM »
Jitte sustertjie,  dit is ander se vreugdes wat 'n mens staande hou in moeilike tye.  Ek kry my soms tog self so jammer, jy kan 'n kruitjie-roer-my-nie-toebba in die gat in skiet met 'n kettie en ek kry dit eers drie dae later!   :icon_biggrin:

Om 'n ander se moeilikheite te hoor, laat jou weer jou eie kruisie opneem en verder gaan met 'n "smile". 

Ons is almal baie opgewonde vir jou en gun jou die liefde en vrede, samesyn en geluk.  Dankie dat  jy dit met ons gedeel het.  Nou is ek eers weer dikbek omdat ek so ver van die Kaap af is!  :crybaby2:


Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons staan saam
« Reply #17 on: October 20, 2012, 11:09:00 AM »
haai Naas, dit sal so lekker wees, die program is nie myne nie so weet ek nie nie wanneer ons daar aankom of wanneer ons ry nie, maar dit klink of dit van vlg vrydag tot ten minste die dinsdag/woensdag daarna gaan wees. ek sal kontak maak as ons daar os, ek hoop ook om darem ons ander vriende ook te kan sien.

 :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom ons staan saam
« Reply #18 on: October 30, 2012, 03:40:02 PM »
Ai Naas - ons almal rooi die bootjie - foute gemaak, pad uitgerol en trane het slote gerol ...
maar dit beteken nie omdat die begin verkeerd uitgerol is, dat die einde nie verby awesome kan wees nie ...

dis soos koekbak ... met het gesien met Theo se verjaarsdag cup-cakes - was alles behalwe wat ons beplan het ...
verkeerd begin rol ... toe sweat ons hond uit bos uit - op ou ende was dit steeds pragtig (heel anders as beplan) en almal het dit geniet ...

ek kyk nie terug op my foute nie - dit was my skoolgeld ...
ek wonder nie oor die pad waarop ek draf na waar nie ... dis more se dinge
ek voel net in nou ... en neem elke oomblik soos hy kom en laat toe dat dit vorm neem vir more ...

soms huil ek
soms lag ek

baie keer kruip ek weg
baie keer loop ek weg

ons almal doen so ... elkeen op sy eie manier

en karing gaan ek nou nie karing nie ... ek wil ook soms net uitlos wees ...
maar as jy ooit net 'n koffie wil drink ... of net somer net wees ...

dan is ek en Andre hier vir jou ...

 :coffee2:

(sien hier onder wou ek net die boodksap quote en toe bevind ek my in edit - blond undercover weer vandag sien ek

(toe edit ek ipv quote ha ha - ek maak gou reg  :icon_biggrin:)


Een van my skoolvriende het gese "Life is a bitch... and then you die."
Na ek gistraand met PM gepraat het het ek weer besef dat sommige van mens se probleme net te persoonlik is om te deel.
Neem dus kennis asb. Ek het diep persoonlike probleme en ek moet ongelukkig my lewe en die draaie wat ek daardeur gemaak het daarvoor verantwoordelik hou. Dus. Die pad waarop ek voortsnel na wie weet wat het ek self met verkeerde besluite geteer, die teer met 'n padroller van depressie gelykgemaak en met trane die strepe daarop getrek.
As jy my wil jammer kry, moenie.
As jy vir my wil bid, maak so.
As jy aan my wil karring oor my probleme gaan jy my net verder seermaak.

Ek lief julle almal. Moet dit asb nie vergeet nie. Van my beste en getrouste vriende lees nou hier. Ek salueer julle en is dankbaar dat julle omgee, maar hier moet ek self deur.

 :icon_bigsmurf:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom ons staan saam
« Reply #19 on: October 31, 2012, 08:36:23 AM »
Jammer PM. Ek sien jjulle het al Maandag gebel. Die laaste twee dae is gelukkig verby.
Ouma Naas is nog steeds in die hospitaal. Haar een long werk glad nie meer nie. Elke asemteug is 'n maraton.
Die dokter probeer alles in sy vermoe om haar ander long te red. Sy sal vandag weer teater toe vir 'n longbiopsie en kamera. Tans is daar pype in haar long om water te verwyder.
Ek is jammer om te rapporteer dat ek geen verbetering ervaar op hierdie staduim nie. My ma is baie kortasem en moeg. By tye lyk dit of sy verbetering toon, maar dit is gewoonlik van korte duur.
PM, Ek sal julle vanaand of more aand bel soos die tyd dit toelaat.
Intussen hardloop ek tussen skool en hospitaal en het ek selfs gistraand vir Adele gemis. Gelukkig kon ek bietjie by Trappies hulle ontspan en 'n lekker ete geniet.
Dank vader vir vriende.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons staan saam
« Reply #20 on: October 31, 2012, 10:07:00 AM »
Alles reg Naas.  Hannes is uitstedig en sal eers weer vanaand tuis wees en more ry ons Grootvlei toe. 
Die week daarna Hendriena toe.

Ek is regtig jammer dat dit nie beter gaan met Ouma Naas nie.  Ons sal weer vanaand probeer skakel.  Hou kop matertjie.  Ons dink aan jou.  Aangesien drukkies nou uit is vir haar moet jy maar 'n stywe klapsoen op die dierbare voorkop plant van ons af.  Ons lief julle.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom ons staan saam
« Reply #21 on: November 02, 2012, 08:29:53 AM »
Aan al my maatjies wat omgee.
Ons het gister die nuus gekry dat Ouma Naas se een long reeds weggevreet is deur kanker en die ander long is vol emfiseem. Die vurk in die lugpyp is besig om toe te groei a.g.v. die kanker en bestraling is nie meer 'n opsie nie.
Ouma is dus nou permanent op suurstof. Sy kan nie meer vyf minute daarsonder nie dan raan sy benoud.
In die Dr. se woorde. "Ons moet nou toesien dat ouma met dignaty en so min moontlik pyn haar lewe afsluit.
Dit is vir ons gesin en my broer baie moeilik om te verwerk en die volgende paar maande sal sekerlik nie maklik wees nie. As ek dus by tye stilraak hoop ek julle verstaan.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons staan saam
« Reply #22 on: November 02, 2012, 09:15:40 AM »
Naas, mag julle en ook sy baie genade ervaar in die volgende paar maande.

Ek wens daar was woorde wat kon help, troos, koester, maar daar is nie.

My hart gaan uit na julle.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons staan saam
« Reply #23 on: November 02, 2012, 11:40:52 AM »
Ons is geskok en stomgeslaan.  Ouma Naas het 'n groot plek in ek en Hannes en ons kinders se harte. 
Naas, sterkte vir julle my boeta. 
Hier is 'n paar hande om te gryp as jy lus is om te praat. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons staan saam
« Reply #24 on: November 05, 2012, 02:10:07 AM »
(((((((((Naas en familie :love7:)))))))))))

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons staan saam
« Reply #25 on: November 05, 2012, 08:19:43 AM »
drukkies, duisende daarvan aan julle, Naas, gaan skep elke keer ene wanneer julle dit nodig het. en dit maak gladnie saak dat jy ons kuier gemis het nie, ons gaan weer eendag kuier en ouma gaan dalk nie meer lank by julle wees nie...en haar swaarkry is erger om te aanskou as enige iets anders.
ek kan nie regtig sterkte toewens nie, want dit klink so eenvoudig, maar op my kniee smeek ek ons Vader ook om julle genoeg krag en rustigheid te gee om haar net te ondersteun en lief te he' en ook om haar pyn weg te neem.
  xx

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom ons staan saam
« Reply #26 on: November 05, 2012, 08:37:51 AM »
Ek voel elkeen se drukkie en waardeer elkeen opreg.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom ons staan saam
« Reply #27 on: November 06, 2012, 04:07:43 AM »
Naas my gevoel is so met julle - my beste vriendin is ook besig om te sterf aan longkanker - sy is 45 - nooit gerook nie - so nee mense rook is nie altyd die oorsaak van long kanker nie ...

my moeder is in 2001 oorlede aan longkanker -

Dis 'n eina-pad om jou geliefde so te sien Naas ... asb as ek kan help - laat weet.  As julle moet winkel toe of iets en nodig het dat iemand by OumaNaas sit - ek sal met liefde kom ... ek het ook verpleeg so ek kan regtig kom help - julle sal nodig he om tydjies af te neem.

Ek dink so baie aan julle  - ek dink ek het ook vir Adele gemis - hier was 'n paar mis calls die week - - nie seker of een Trappies was nie -Theo verbeter nou sommer baie - maar soos wat hy "oopmaak" wil hy nie meer op sy eie wees soos voorheen nie - so meer demanding op tyd ...

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons staan saam
« Reply #28 on: November 06, 2012, 06:06:04 PM »
ja daardie seer kankerpaadjie het ons ook al gestap maar selfs daarna kan ek nie raadgee nie. maar wat Willa gesê het oor wees eerlik saam hartseer is baie waar. eers toe ek ook gehuil het, kon my man oopmaak en kon ons oor vrese en die toekoms gesels.   :crybaby2:   

ons het gemis, Willa, maar ek verstaan. eendag ...    :coffee2: 

 :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom ons staan saam
« Reply #29 on: November 11, 2012, 05:52:21 PM »
Eendag Adele - eendag!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w