Die kuierstoep > Die Foltergrot

Dose vol stilte

(1/5) > >>

PM:
Eers wou ek julle almal in kettings slaan en die honde op julle sit.  My se pa het altoos geseg: met geweld kan jy jou vinger op die verkeerde plek afbreek.  :icon_biggrin:
Toe besluit ek mos, ek het mos, vir Raaitjie beloof om die twee-een-ding te doen en toe dra ek dit sommer aan julle op.  

Aan almal wat nie met my wil praat nie

Ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie
plaas dit in die hand waarmee jy skryf

hou dit vas

as jy tik kan jy dit in jou handpalms sit
vou jou hande nou dig tesame

en skud

dit sal ontkiem en wortelskiet
om die mooiste woorde te dra

uit jou hart

bring dit asseblief na die forum
ek voel so eensaam en alleen

ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie...

PM:
No unread topics found since your last visit.

Gawelina:
Ek was laasnag vir 'n wyle hier. Het 'n link gevolg waaroor ek jammer was, want daar raak ek toe mos aan die slaap.

Die son brand in alle velheid op ons neer, die beestekamp brand sommerso vanself alweer. Als wat kan verkeerd gaan, vind hul eindbestemming by ons.

My binneste jeuk en brand met nuwe idees en planne, maar plig meng in met my plesier.

Ek loop op my tone deur die forumgange - wil nie slapende honde wakker maak nie.

Sien julle hopelik gou gou weer.

PM:
Die jaar van die draak is amper verby.  Hopelik sal volgende jaar vir ons almal 'n goeie jaar wees. 
Ek dink jy moet versigtig wees, daardie slapende honde lĂȘ met een oog op 'n skrefie.   :icon_biggrin: 
Ek hoop jou binneste jeuk en brand met nuwe idees en planne vir die forum.   :hello2:
Ons sal jou gou weer sien.  Ek hoop so!  :love7:

Meraai vannie Baai:
Oe ek lieffff jou Twee-een, twee-een PM!!!  :toothy4: :notworthy: :love7: Juffrou Gawie ek hoop nie dit was een van my sketeskakels wat jou aan die slaap gemaak het nie  :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version