Author Topic: Kom kuier saam  (Read 18421 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #15 on: June 25, 2011, 08:11:21 AM »
PM
jy vra van die aarbei konfyt en of daar ander produkte ook is, hier is appelkoos konfyt ook en dan het ek nog so klompie rosyntjies ook, nie vreeslik baie nie maar so klompie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom kuier saam
« Reply #16 on: June 25, 2011, 09:39:11 AM »
Adele ek belowe om volgende keer daar by jou langs ook te kom.
As ek mag begeer sal dit wees om kruis en dwars deur ons land te gaan en al my vriende te besoek. LW. Nie familie nie. Hulle moet jy net een maal 'n jaar sien. Op 'n foto waar hulle trein die stasie uitgaan.
En dan wil ek ook gaan draai in gatkantland by my Ta Raatjie.
Ek slaat my ogies op na ABSA en wonder waar die geld vandaan gaan kom.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #17 on: June 25, 2011, 10:01:41 AM »
 :icon_biggrin:  Jy is weer baie skerp vanoggend Naas!  Pasop dat jy nie kante raak nie!   :icon_biggrin:

Lox, ek soek van daai lekka goed!  Hoe kry ek dit hier?   :dontknow:   Nou slaat ek ook my ogies op na ABSA!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #18 on: June 25, 2011, 10:36:54 AM »
ABSA.......nee wat, hulle roof my met bankkoste en ek voel ek kry nie juis iets daarvoor nie. ek moet deur bank koste help sponser aan goed wat ek geen trek voor het nie.....RUGBY. ek kry niks uit my spronsershp deur ABSA vir rugby nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #19 on: June 25, 2011, 10:48:51 AM »
:icon_biggrin:  Jy is weer baie skerp vanoggend Naas!  Pasop dat jy nie kante raak nie!   :icon_biggrin:

Lox, ek soek van daai lekka goed!  Hoe kry ek dit hier?   :dontknow:   Nou slaat ek ook my ogies op na ABSA!   :icon_biggrin:


ek kan uitvind by die koerier wat ns kelder se wyn opvat gauteng toe. ek dink hulle vra sowat R100 vir 'n boks van 12 wyn bottels se vervoer. kan seker maak en die prys uitvind en of hulle ander goed sal ook vervoer. hulle lewer dit by jou adres af wat jy opgee.


voorlopige foto van die aarbei konfyt, ek sal nog 'n beter foto neem een of ander tyd.


« Last Edit: June 25, 2011, 12:52:57 PM by Lox »
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom kuier saam
« Reply #20 on: June 25, 2011, 01:26:25 PM »
   :toothy4:   :toothy4:   dis mos reg, lief Petra, ek was so lank af internet en het mos nog nie 'n huis waar ek mense kan innooi nie. bly steeds in een vd chalets, hoop die huis wat myne woet word se matte-bestelling word gou goedgekeur. maar met daardie mense wat spyt [lees: woedend] is dat ek hiernatoe gepos is, weet ek nie. die huis is skoongeskrop en nog baie mooi. maar die matte het soveel skade...

ekke is tevrede met 'n kort kuiertjie, beter as niks   :hello:  gee nie om as julle lank op ander plekke kuier nie    :coffee2: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #21 on: June 26, 2011, 05:29:34 AM »
@Lox... Weet nou nie of die 'A' vir Angelica is nie, maar ek antwoord sommer. As jy in die WesKaap bly, bly jy in die Kaap. Dan nie? En as jy vir die Stormers skree, bly jy nog nader. Jy bly duidelik op 'n plaas. Ek vrek oor plaas. Dalk moet ons in die Somer bietjie kuier. Ek is nikswerd in die Winter. Vries op en smelt as die reendruppels op my val. Ek hiberneer.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #22 on: June 26, 2011, 07:06:16 AM »
jys nogal reg Angeliek dit was op jou gemik, maar ook op al die ander wat se naam met A bein ( my naam begin ok met A en die vrou sin ook)
ek sien ook dat ons in die kap bly, net ver genoeg van die stad af dat ons nie sy liggies sien nie en naby genoeg dat dat nie te ver is om te ry vir 'n dag, maar ons ry byna nooit daarheen nie, het niks daar verloor nie. 100 km van hier tot by die hawe.

en met daai stelling van ek het niks in die stad ( of dorp) verloor nie sal jy wel agterkom ons woon op 'n plaas ja. ek sien dit as 'n groot voorreg.

wat die stormers betref, mmmm hoe sal ek nou antwoord. hoop nie ek stel jou teleur nie.
ek het niks teen die stormers nie en ek skree nie vir enige ander span nie, maar ek stel nou nie juis in voetbal belang dat jy sal agterkom nie. deesdae praat hulle van rugby, op skool het ons van voetbal gepraat.

ja al stel ek niks in rugby belang nie voel ek darem saam trots as die stormers goed doen en veral wen, dalk om verkeerde redes. hier in die huis is 'n verraaier wie se naam ook met A begin, die jongste seun wat vir die bulle skree.
as daar i groot rugby game aan is is dit lekker stil, niemand hinder my nie, ek kan gaan slaap, ek kan met my kamera fotos neem, niemand soek my aandag nie, lekker eie tyd.

my vingers se litte vries ook vas in die winter, die somer is lekkerder vir my. dan kan mens lekker duik ook.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #23 on: June 27, 2011, 01:57:14 AM »
Adéle, ons is lief daarvoor om naby 'n maatjie se huis te oornag sodat ons 'n lekker kuier kan inkry.  Dit is ook lekker om iewers te ontmoet en 'n koffietjie saam te drink as daar nie tyd is vir oornag nie.  Net dalkies kom ons weer in daardie rigting en dan laat weet ek vir jou. 

Lox, as die ouens van jou lekker produkte wil bestel kan ons dit na een adres toe laat kom.  Ek is seker dit sal goedkoper wees.  Van tyd tot tyd kom Hannes se werksmense daar verby,  dalk kan ons dan ook 'n plan maak.  Ek hou van die plakkertjie se ontwerp.  Blink idee!

Angelica,  ek sit ook altyd soos 'n gevriesde hoender in die winter.  Hou niks van die koue nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #24 on: June 27, 2011, 11:40:35 AM »
PM, ons moet net by Johan hoor of hy dit dalk sal saamneem na hulle depot in Centurion of so nie die koerier gebruik. ons sal ook net eers die bestelling groot genoeg moet kry, help nie om 1 of 2 bottels op i slag te stuur nie, die boksies vat 24 bottels op i slag
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #25 on: June 30, 2011, 08:03:44 AM »
Dit is reg so.  'n Heerlike potjie konfyt in jou kersgeskenkpakkie kan net werk.  As 'n mens oud word wil jy nie meer kaggelpoefertjies hê nie,  net iets wat bruikbaar is.   :icon_biggrin:

Kaggelpoefertjies is daai goetertjies wat gereeld afgestof moet word.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #26 on: June 30, 2011, 10:31:04 AM »
Dit is reg so.  'n Heerlike potjie konfyt in jou kersgeskenkpakkie kan net werk.  As 'n mens oud word wil jy nie meer kaggelpoefertjies hê nie,  net iets wat bruikbaar is.   :icon_biggrin:

Kaggelpoefertjies is daai goetertjies wat gereeld afgestof moet word.   :icon_biggrin:


daarmee stem ek en die vrou 100% saam, daai goed wat stof opgaar en die huis vol maak, nee wat. iets bruikbaar is meer nuttig.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #27 on: June 30, 2011, 10:39:21 AM »
PM, sal jy die aarbei konfyt in centurion kan gaan haal by Johan hulle se verf depot? jy sal eers net moet hoor van hoeveel mense nog wil hê dat dit die moeite werd kan wees.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #28 on: June 30, 2011, 03:00:39 PM »
Ja dis reg so, ek sal dit gaan afhaal.
Om te weet is om te verstaan.