Author Topic: Kom kuier saam  (Read 17885 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kom kuier saam
« on: May 20, 2011, 10:40:36 AM »
Minder as drie weke sien ek julle in die Kaap.  Waar en wanneer gaan ons bymekaar kom.  Dit is  MY  beurt om saam te kuier!  Ek sien geweldig baie uit daarna!   :bootyshake:   :wav:

As ek nou begin     :walk:  is ek betyds!   :icon_biggrin:

As ons die oggend van die 7de hier ry,  slaap ons daardie aand by Gawelientjie.  Dan sal ons sien hoe loop die pad,  maar julle kan ons enige tyd van die middag van die 8ste verwag.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Kom kuier saam
« Reply #1 on: May 20, 2011, 11:01:34 AM »
 :wav: Nee kyk dis hoe dit gedoen word hier.  :clock: laat ek gou my dagboekie nader trek... okay dis aangeteken oooo ek kan nou ook nie meer wag nie.

Naas NAAS hey NAAAAASSSSSS  :icon_bigsmurf: wa jy? kom koppe bymekaar sit. Ons het 'n party om te reel .... WW WERELDE WEG Wa jy?  :hello2:

 :angel12:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #2 on: May 21, 2011, 05:59:32 AM »
Wie kom almal vannie Kaap af???  :angel8:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #3 on: May 21, 2011, 11:20:13 AM »
Eers wil ek sê dat my hart tjoklits klop oor 'n paar goetertjies.  As ek die forum oopmaak en ek weet nie waar om te begin lees nie,  is ek heel opgewonde.  Dankie julle,  ek waardeer dit.

As ek aan die kuier dink wil ek sommer dadelik in die pad val!!!!!  Wag net 'n bietjie,  ek gaan gou nog 'n paar goedjies pak!   :toothy4:

Hier op die forum is dit jy en Naas en Trappies,  Elle.  Skryf 'n briefie aan hulle en vertel vir hulle wie jy is en waar jy vandaan kom!   :hello2:  Hoop van harte dat jy saam kom kuier.   :wav:   :bootyshake:   :bootyshake:   :bootyshake:

Ek het so pas ontdek dat Louis ook 'n Weskusklong is. 



« Last Edit: May 21, 2011, 12:38:00 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Kom kuier saam
« Reply #4 on: June 15, 2011, 12:32:47 PM »
Glo dit of nie...want ek kan nie...so uitgesien...en nou is dit verby.  :crybaby2:

Dit was so lekker om my se suster aan my kant te kon hê...veral as die ander so speels speel... :icon_biggrin:

Ek het vreeslik lekker gekuier, dis altyd so kort. Gelukkig het ek julle darem weer gesien, gedruk en alles in gedrink   :dontknow:  :love7:

Mis julle al weer stukkend... :love7:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #5 on: June 17, 2011, 10:47:06 AM »
Ek tjank sommer!  Die tyd het so verby gesnel,  ek dag nog ons kuier toe is dit verby!

Hartlik dankie vir julle gasvryheid.  Ons het by lekker verby gekuier en waardeer alles wat julle vir ons gedoen het.  Ons lief, lief, lief julle!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #6 on: June 22, 2011, 09:49:34 AM »
A jyt gevra wie kom van die kaap af, weet nie of ek by tel nie, ek is so 100 km van die hawe af langs die N1

na genoeg?
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Bestuur

  • Guest
Re: Kom kuier saam
« Reply #7 on: June 23, 2011, 06:27:31 PM »
Beslis naby genoeg!  Veral gesien in die lig dat julle plekkie sommer net langs die pad lê, oppad Kaapstad toe,  vir 'n lekker koppie koffie en die deure altyd oop staan!  Gelukkig het ek jou lankal uitgesnuffel en sê weereens,  baie dankie vir julle gasvryheid,  die koffie was heerlik!  Die geselskap nog beter!   En nee,  ek deel nie my jam met iemand anders nie!  Dis  MYNE!   :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #8 on: June 23, 2011, 08:28:49 PM »
Oee!   Nou voel ek so 'n gestamp aan my agterstewe!  Ek gaan gou 'n paar dinge doen en in die bed in spring!  Sien al dae uit daarna om in my eie bed te slaap!  Lekker slaap!   Kuier julle more weer raak!   :love7:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #9 on: June 23, 2011, 08:47:23 PM »
Beslis naby genoeg!  Veral gesien in die lig dat julle plekkie sommer net langs die pad lê, oppad Kaapstad toe,  vir 'n lekker koppie koffie en die deure altyd oop staan!  Gelukkig het ek jou lankal uitgesnuffel en sê weereens,  baie dankie vir julle gasvryheid,  die koffie was heerlik!  Die geselskap nog beter!   En nee,  ek deel nie my jam met iemand anders nie!  Dis  MYNE!   :icon_biggrin:


dankie vir die aankom hier, en jy moet vertel hoe het die jam gesmaak....dalk kry ons 'n mark daarvoor. tuis gekweek en gekook, veral as jy spog hier daarmee.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #10 on: June 24, 2011, 09:54:23 AM »
Daai aarbeijam kan loshande die eerste prys wen!  Hoekom dink jy wil ek dit nie deel nie.  As ek nou weet dat ons daarvan kan bestel, is dit dalk 'n ander saak!
Gooi die prys, sit sommer 'n foto by en laat weet of Joe dit kan aflewer.  :icon_biggrin:  Laat weet ook sommer of daar nog ander produkte is wat kan saamkom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom kuier saam
« Reply #11 on: June 24, 2011, 07:30:17 PM »
Staan ek nou net op van 'n bord Kamemberg bokmelkkaas.
Waarom sit herinnering en verlange altyd hand aan hand op traanogies se voorstoep?
een Volksiebus
een Saterdag
vier goeie vriende
baie olywe
bokkaas
bottel of sewe rooiwyn
Paar stukkies biltong en droewors

Meng saam vir tere herrinneringe wat ewig hou.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom kuier saam
« Reply #12 on: June 24, 2011, 08:40:48 PM »
ek wonder sommer of julle volgende keer by my gaan aankom, so halfpad deur die vrystaat naby die N1    :icon_scratch:

 :grommit:

adéle  :grommit:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kom kuier saam
« Reply #13 on: June 24, 2011, 08:48:49 PM »
Adele ek dink nie hulle gaan kans kry daarvoor nie want vlg keer gaan hulle langer by my en vrou kuier, dan is daar nie tyd vir by jou aankom nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom kuier saam
« Reply #14 on: June 25, 2011, 07:55:49 AM »
 :crybaby2:  Ai Naas,  nou voel dit vir my of ek twee appels in my keel het wat vas steek!  Ons is so bevoorreg om sulke pragtige vriende soos julle te hê.  Ons sal ook nooit die mooi tye saam met julle almal,  Gawelina, Lox en WW ingesluit, vergeet nie. 

Ai Adéle, plaas jy net hier op die forum gelees het en vir ons laat weet het.  Nou het ons jou gemis!  Ek belowe plegtig dat dit nie weer sal gebeur nie.  As ek ook net my e-pos vroegerrr gelees het dan het ek ook nie vir Angelica gemis nie. 

Dankie Lox, ons maak beslis so.  Sal sorg dat daar genoeg tyd is om te kuier tot ons omval!   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.