Author Topic: Wors! Dit is nou wors!  (Read 5388 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wors! Dit is nou wors!
« on: September 20, 2012, 09:11:49 PM »
Ag nee, wors is 'n eg tradisionele gereg.  Wat is slaghuise se "mission" met wors?  Al die "rubish" gaan in wors in. 
Stukke lewer, spiere, kliere, senings, alles wat "afval" kom in die wors in.  Dit is taai, dit is vet, dit is vieslik! Dan meng hulle al hierdie goed nog met liters water.  Wanneer laas het jy 'n stukkie wors gekoop en dit heerlik bruin gebraai?  Nee, dit kook soos sop!  Kan iemand vir my die antwoord gee, ek verstaan dit glad nie!

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #1 on: September 20, 2012, 11:20:15 PM »
Ek het nie 'n antwoord nie maar my bek kwyl nou vir regte egte boerewors wat sissend braai op die kole. My voorouers altyd onse eie worse gestop. Kon nie help om te dink wat my ouma sou se as sy moet sien wat word nou in ons geliefde braaidis geprop! Ek weet wat sy sou doen: 'geprosedeer' het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #2 on: September 21, 2012, 04:28:30 AM »

Ek prosedeer!

Jitte, dit maak my so vies.  Wors en maalvleis was nog altyd 'n bekostigbare vleis, deesdae is dit net so duur soos die ander snitte en die gehalte is uiters swak. 
Ons het tot 'n paar jaar gelede ons eie vleis opgesny en wors gemaak.  Nou is ek net te sleg en het die beste verskoning van "ons is net twee ou spoke".
Iemand nooi vir Hannes 'n rukkie gelede om saam te gaan jag.  Hy sê toe dit is reg, maar hy sal die kampkommendant wees.   Hy "jag" nou net met die kamera.

« Last Edit: September 21, 2012, 04:30:28 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #3 on: September 21, 2012, 04:37:47 AM »
Jy prosedeer en ek sekondeer  :headbang: Jou maatjie en myse Outop moet selfde stamvader he  :toothy4: die ou het ook 'n jaguitnodiging so van die hand gewys. Na elke perfekte skoot spring, huppel of vlieg die 'slagoffer' nog steeds ongeskonde voort vertel hy die vriend so ewe. Nog nie weer genooi nie  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #4 on: September 21, 2012, 04:51:28 AM »
Ons het groot geword met jag en slag.  Die verskil was dat jy net dit wat jy kon eet gejag het.  Deesdae is dit 'n slagting op die jagveld.  Buiten vir die feit dat dit onbekostigbaar geword het, is daar 'n paar "koeël happy" jagters wat nie eers kan skiet nie en nog drink ook voordat hulle gaan jag. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #5 on: September 21, 2012, 04:58:13 AM »
PM Prosedeer

Spiere en kliere,
senings en lewers;
alles wat afval -
dit kom in die wors.

Dit is taai,
dit is vet;
dit is vieslik -
dit is nou maar wors!


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #6 on: September 21, 2012, 05:02:09 AM »
Ek hou van die laaste versreël wat jy so "handig" gebruik het.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #7 on: September 21, 2012, 05:04:06 AM »
Die prentjie wat jy geskilder het was so helder ek kon nie anders as om dit gestalte te gee nie  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #8 on: September 21, 2012, 05:08:53 AM »
Jy weet net hoe sustertjie.   :notworthy:
Gister was 'n aaklike dag vir my en my emosies.  Toe prosideer ek sommer oor alles.  Dit is beter as om dit in te hou, want dit is mos gif.  Toe spoeg ek dit maar uit. 
Oeps, ek bedoel nie die wors nie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #9 on: September 21, 2012, 05:10:05 AM »
Heheheh ag hene ek wens dat ek jou vas kon hou, net 'n ou drukkie gee. Jy spoeg net anderkant toe hoor  :love7: :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #10 on: September 21, 2012, 05:16:17 AM »
Jy is elke dag hier en ek weet nie wat van my sou geword het sonder jou kuiertjies nie.  Dit beteken vreeslik baie vir my.  Dankie vir die drukkie en die omgee. 
Ek beloë  :icon_biggrin: sal annerkant toe spoeg.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #11 on: September 21, 2012, 06:42:54 PM »
ek eet al jare lank nie wors wat uit enige slaghuis kom nie. Tuisgemaakte wors is lekker maar slaghuis wors is nie lekker nie en daarom doen ek nie eers die moeite om dit et koop nie en indien die vrou aandring op wors doen ek nei eers die moeite om dit te eet nie. ek proe soms en dan is dit steeds dieselfde onaangename smaak. ek glo wors wat goedkoper as steak is is nie goeie wors nie.

Ek het al baie keer slef wors gemaak as ek gaan jag het en my wors werk my duurder as die biltong uit want ek gooi net goeie vleis sonder seings in en die derms kos al seker R10 per kg worsvleis wat daarin gestop word. .

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #12 on: September 22, 2012, 06:13:57 AM »
Dit het baie duur geword ja.   Wanneer jy Crown Mills of Pack and Spice se wors-spesserye gebruik is dit ook duur, maar dit is die moeite werd. Die regte toerusting maak worsmaak 'n plesier, dit is om daardie toerusting skoon te kry na die tyd wat ek verpes. 

'n Rukkie gelede laat Hannes vir ons maalvleis maal by 'n slaghuis.  Ons koop "silverside" en dan maal hulle dit grof.  Toe sny die ou nie die senings af nie.  Hy moes dit maar net vervang. 
Ons gee ook nie om om 'n bietjie meer te betaal vir goeie kwaliteit nie.  Wat my dwars in die krop steek is daardie water wat hulle in die wors en maalvleis mag byvoeg.  'n Mens kan dit net nie meer bruin gebraai kry nie. Dit kook en teen die tyd dat die water uit is, is die vleis oorgaar.  Eish!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #13 on: September 22, 2012, 10:12:36 AM »
selle met hoender, ek dink daar is om ne by 30% sout water in hoendervleis.

wanneer die hoenders geslag word en skoongemaak is is die karkas nog warm en word dan in ys water wat sout bevat gedoop en die warm vleis absorbeer dan van die water. daar word blykbaar nou deur dep van gesondheid of iets daarna gekyk.

my nefie se meisie is 'n sjef en sy het in haar opleiding een of ander hoender slagpale besoek. hulle het buiten die sout water ook gesien dat die vet wat uit die buikholte gehaal word baie fyn gemaal word en water bygevoeg word om dit vloeistof te maak en dan word die hoender karkas daarmee ingespuit om die gewig meer te maak. ek begin ook al oor hoender voel soos oor wors om dit nie te eet nie. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wors! Dit is nou wors!
« Reply #14 on: October 02, 2012, 06:27:59 AM »
'n Mens moet maar jou eie hoenders grootmaak AB.  Jy het mos baie plek.  Die alternatief is om iemand wat plaashoenders verkoop op te spoor. 
Ons het gister weer "winkelhoender" ge-eet en die witvleis is so droog, 'n mens kan daarmee toor.  Ek het vanoggend vir die grootbaas 'n mayo toebroodjie gemaak vir die werk, en ek moes melk by die mayo voeg om dit 'n bietjie nat te kry, anders proe jy net mayo. 
Om elke hoek en draai word die verbruiker gekul. 
Om te weet is om te verstaan.