Author Topic: Familiêr  (Read 6433 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Familiêr
« on: September 19, 2012, 10:07:36 AM »
Hierdie woord laat my dink.  Soos so baie ander Afrikaanse woorde het dit twee "klankies". 
1) Vertroulik, gemeensaam, vry, intiem.
2) Opdringerig, te gemeensaam.

Ek het al gevra en gewonder, want ek "verwonner" my mos oor alles.   :icon_biggrin:
Maak mense van my misbruik omdat ek altyd oor vriendelik is? Moet ek altyd opsy staan, of aan die agterspeen suie, omdat mense weet ek sal mos altyd "verstaan"?  Is ek famili^er?

Ek het my beplanning vir die week so mooi uitgespel en seker gemaak alles is gereed vir vandag se groot "muurtjieverf".  Het gereël vir die ekstra hande om te help met die groot klippe skuif by die visdam.  Nou sit ek alleen hier, niemand het opgedaag nie.  Nou moet ek maar verlief neem, more is nog 'n dag en more se werk sal maar moet oorstaan tot die week daarna, want ek kan nie my verpligtinge sommer net 'n dag aanskuif nie. 
Ek hou niks van Afrikatyd nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familiêr
« Reply #1 on: September 19, 2012, 11:33:59 PM »
:nono: Ons hoef nie altyd aan die agterspeen te suig nie, en ons moet let op die feit dat sekere mense jou goedheid sal misbruik. As iemand soos jy, guldelik goedhartig is en handuitsteek na almal, kan jy maklik vertrap word soos vloerlap wanneer die ouens sommer bo-oor jou loop. Sterkte met die Afrika-tyd  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Familiêr
« Reply #2 on: September 20, 2012, 07:34:45 AM »
Kom meneer hier aan, maar hy het nie eers 'n verfkwas by hom nie.  My se Frans seg vir hom in sy taal dat 'n mens nie oorlog toe gaan sonder 'n wapen nie.   :sign10:  Ek dag ek "split".  Ek het maar die nodige gereedskap gaan uithaal, dit was die lag werd. 
Ek kon hom terug gestuur het om sy eie gereedskap te gaan haal.  Ongelukkig vir my, is ek net nie so nie. 

Gisteraand toe gooi ek al my speelgoed uit die kot uit toe Hannes vir my sê die vrou by die loodgieter se kantoor het geskakel en gesê hy moet gaan kontant trek om die rekening mee te betaal, want hulle vat nie tjeks nie. 
Ek het met die eienaar gereël om die tjek daar af te gee en hy het geseg hy sal sommer iemand vra om dit te kom afhaal. 
Jy moes my groot mond hoor! 

Dit hou net nie op nie.  Gisteroggend toe kom die skakelbeamte van die firma wat die kontrak vir die opgaartenk doen hier aan.  (Dit was hulle wat ons lewens in 'n tydperk van 'n uur en 'n half in hel verander het.) Hulle assessor vra dat Hannes 'n be-edigde verklaring gaan afleg dat die inligting wat ons vir hom gegee het aangaande ons versekering (die firma, die polisnommer en die eisnommer) reg is.  My bek het oopgehang!  Vir wat!!!!!!!!  Hy kan mos net sy foon optel en met die assessor praat.  Al die inligting is daar. 
Nee jong, as hy my gister gehuur het kon hy my vandag gestuur het.   :`ip2:

Ek verlaat sommer die aarde en klim in 'n boom in.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familiêr
« Reply #3 on: September 20, 2012, 11:20:58 PM »
Jammer my ou boompie wat ons geplant het is nog klein anders het ek jou sy beste tak gegee!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Familiêr
« Reply #4 on: September 21, 2012, 04:53:56 AM »
Jou skouer is darem baie stewig en snoesig.  Ek sal intussen wag vir die boom om groot te word.  Vertel tog, watter soort is dit.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familiêr
« Reply #5 on: September 21, 2012, 05:15:35 AM »
Kumquat (Fortunella) iemand wat die vruggie eerste keer geproe het beskryf dit so: I bit into the kumquat, and it initially tasted like an orange rind, only sweeter and more delicate. Then my teeth sunk into the juicy flesh and — POW! — a jolt of tartness hit my taste buds. Involuntarily, my cheeks sucked in, my lips puckered, and my eyes watered. (I had a visceral reaction just writing that sentence.)  When you have a sensory experience that explosive, you want to have it again!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Familiêr
« Reply #6 on: September 21, 2012, 05:19:24 AM »
Pragtig!  Die ou boompie sal nooit so groot word dat ek in sy tak kan sit nie.   :icon_biggrin:
Ons het twee van hulle en dit het nou begin blom.  Ek is mal oor die vruggies.  Hou net niks daarvan as iemand anders dit pluk nie.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familiêr
« Reply #7 on: September 21, 2012, 05:21:58 AM »
Jy mag die beste tak(kie) se vruggies kry hoor. Het joune ook sulke pragtige geel/groen gevlekte blare. Ek is mal oor dit EN natuurlik daai kleine 'lamoentjies'.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Familiêr
« Reply #8 on: September 21, 2012, 05:28:22 AM »
Nee, dit is net gewone groen blaartjies.  Is joune 'n "varigated". Is dit hoe mens dit spel?

Baie dankie, jy is dierbaar.  Gelukkig hou almal nie van die smaak nie. 
Ek het so 'n klein boompie by my doggie gekry met groter "lemoentjies" aan, maar dit is nie eetbaar nie.  Was nogal effens teleurgesteld.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familiêr
« Reply #9 on: September 21, 2012, 05:47:19 AM »
Ja dit is die 'variegated' ene. Oeee mooiste mooiste blaartjies!! "Highly decorative evergreen shrub (2.5m) Masses (JIPPIE!!) of small edible fruits ideal for marmelade, liquers  :hello2: or candying  :crybaby2: Soet en sout nou uit soos opsitkers. Sal gou sneppie gaan neem vir jou van die blare!

« Last Edit: September 21, 2012, 06:02:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Familiêr
« Reply #10 on: September 21, 2012, 07:49:43 AM »
Ag dit is so mooi.  Ek het nog nooit die een gesien nie.  Dankie vir jou moeite matertjie. 

Glimlag ek vir jou "uit soos opsitkers" en dan nog met blou smarties!  :icon_biggrin:

Vra ek vir Frans om vir my die nuwe plante wat ek gekoop het 'n bietjie water te gee, voor die blare weer hang. 
"Ja, anders is hulle nou-nou weer lam."
Ek het annerdag vir hom gelag toe ek twee plante koop vir die prys van een omdat hulle "lam" was.  Tuisgekom het ek dit in 'n emmer water geweek en gesê hy moet bid vir die blomme voor hy gaan slaap.  Wens ek jy kon die volgende oggend sy gesig sien toe die eens slap blare stokkiestyf staan. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Familiêr
« Reply #11 on: September 21, 2012, 11:14:05 PM »
Dierbaar verby! Wens ek kon sy gesig sien toe hy die wonderwerk beskou  :toothy4:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Familiêr
« Reply #12 on: July 24, 2015, 05:02:32 AM »
Ai, kuier ek nou weer heerlik hier ook familiêr saam  :toothy4: Darem niks so lekker as om 'n lam plant of struik weer lewe te sien kry nie. Die uwe is een van die 'kens-mense' (volgens ander), wat met my groengoeters in die tuin en huis diep geselsskappe kan voer  :icon_bigsmurf:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Familiêr
« Reply #13 on: July 24, 2015, 06:41:28 AM »
JA nee, Ta Raatjie, so dwaal ek ook maar in die gange van herinneringe. Ek kom after dat sommige gesprekke my ontglip vir een of ander rede wat ek nie verstaan nie.
Ek wou laasnag 'n 'ou' storietjie plaas toe kry ek nie eers my plekke. Sal maar jou link volg en dit later vandag plaas.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Familiêr
« Reply #14 on: July 24, 2015, 12:02:13 PM »
As julle 'n gebulder hoor, dis nie donderweer nie. Net ekke wat so uitbundig lag vir hierdie ynste ou storietjie Naas  :hello2: :notworthy: