Author Topic: Vormdig Cliché met Versteekte Titel  (Read 4581 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Vormdig Cliché met Versteekte Titel
« on: September 19, 2012, 12:36:43 AM »
Hier word 'n 'icon' ingespan as anker tussen twee woorde wat 'n versteekte titel vorm in die cliché/uitdrukking wat uitgebeeld word. Ek het die drie gebruik: trane  :crybaby2:   brûe                              

*Lees trapsgewys van '....As'  na 'vorm' en dan weer af tot 'bou...'

                                       vorm

                                  kon        sou

                        trappe                    ons

                trane              :crybaby2:             brûe

        ... As                                                    bou ...


« Last Edit: September 19, 2012, 11:26:59 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vormdig Cliché met Versteekte Titel
« Reply #1 on: September 19, 2012, 08:09:34 AM »
Wow!  Dit werk uitstekend.  Ek hou baie van die "verskuilde rym", dit pas goed inmekaar.  
Gee kans, ek wil dit ook graag probeer.   :bootyshake:
« Last Edit: September 19, 2012, 11:21:41 PM by Meraai vannie Baai »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vormdig Cliché met Versteekte Titel
« Reply #2 on: September 19, 2012, 11:25:02 PM »
PM, gisteraand leg ek en dink: hierdie struktuur is eintlik meer verwant aan ons bekende 'Vormdig'. Toe het ek gou die titel kom aanpas.Jy sal sien ek het dit ook op jou post reggestel sodat al die ander posts hierna dit reg sal vertoon. My plek geboek vir jou voorbeeld hoor  :love7: :notworthy:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vormdig Cliché met Versteekte Titel
« Reply #3 on: September 20, 2012, 07:26:29 AM »
Vandag lus gehad om soos toe ons nog kinners was; papiervliegtuigies te vou en hooooog te gooi ... plesierig saam te vlieg in die gees. Sorgloos vry vir 'n paar heeerlike sekondes gedra op die wind. Lankal vergeet hoe - moes die ABC maar doen  :icon_bigsmurf:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vormdig Cliché met Versteekte Titel
« Reply #4 on: September 20, 2012, 07:40:22 AM »
Ag Raaitjie, dit moet sommer op die boek se buiteblad kom!  Ek dink dit is treffend!  Vergeet die sorge Ek voel dit is spesiaal vir my bedoel!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vormdig Cliché met Versteekte Titel
« Reply #5 on: September 21, 2012, 01:50:37 AM »
Lank gelede toe ek die vormdigstruktuur op die ou forum bespreek het, was daar iewers 'n voorbeeld van so visuele gedig wat uitgebeeld was waar die 'vliegtuie' in verskeie formasies is. Dink jy ek kry daardie skakel nou! Bly jy het ook geniet matertjie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Vormdig Cliché met Versteekte Titel
« Reply #6 on: November 17, 2015, 02:54:05 AM »
In die woordsandput het ons darem al heerlike gespeel met die ABC'tjies ne  :love7: :notworthy: