Author Topic: Mob-woede of geregtigheid?  (Read 4046 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Mob-woede of geregtigheid?
« on: September 18, 2012, 06:32:31 AM »
Gister terwyl ek in die tuin gewerk het, het ek na radio 702 geluister.  'n Swart bestuurder was gedrink en het drie swart kinders doodgery en een ernstig beseer.  Een dogtertjie was 5 jaar oud. Hy het twee medepassasiers gehad.  Na die insident het al drie gevlug.  Die omstanders het hulle agterna gesit, die bestuurder gevang en hom doodgeslaan. 
Die vraag is:  Is dit reg of dink jy dit is verkeerd?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Mob-woede of geregtigheid?
« Reply #1 on: September 18, 2012, 09:24:07 AM »
Dit hangaf, waarin glo jy?

Jy mag nie iemand dood maak nie, dan is dit so waar as wragtig baie verkeerd.

Of glo jy genoeg is genoeg, daar is geen hoër hand wat dinge sal regmaak nie, elke ou vir homself, dan is dit seker reg.

Ek was gelukkig nog nie in so 'n situasie nie. Weet nie of ek sal onthou dat dit verkeerd van my sal wees om die man van die dronk voertuig, (want let wel dis mos nie sy skuld nie) dood te maak nie. Veral as dit my kind was wat hy dood gery het.  :`ip2:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Mob-woede of geregtigheid?
« Reply #2 on: September 18, 2012, 02:40:02 PM »
Kom ek vang die dronkaard en gee hom oor aan die ongeregtigheid van ons regstelsel.
1. Hy kry 'n goeie prokureur en is na die hofsaak weer op straat of
2. die staat gebruik derduisende rande van die belastingbetaler om hom te verhoor en toe te sluit in 'n sel waar hy beter lewe as 60% van die res van die bevolking. Omdat die tronke vol is kry hy parool na 12 maande.

Daai man het 'n besluit gemaak om te drink voordat hy die verantwoordelikheid van passasiers aangeneem het. As gevolg van hom is daar mense dood vir die res van hulle lewens en sonder parool.

Hy het gekry waarvoor hy gesoek het. As die regstelsel nie behoorlike strawwe kan uitdeel en toepas nie moet die gemeenskap maar self hul ding doen.

Die beskaafdheid van die beskawing is die kanker wat die beskawing onbeskaafd maak.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mob-woede of geregtigheid?
« Reply #3 on: September 18, 2012, 08:31:43 PM »
Oe, en nou is ek dronker as wat my rooiwyn my kan maak!
Die beskaafdheid van die beskawing is die kanker wat die beskawing onbeskaafd maak.

Nee wat Naas, jy sal baie beter moet verduidelik, ek verstaan dit glad nie.  My ou klein breintjie is te klein.
As gevolg van hom is daar mense dood vir die res van hulle lewens  :sign10:  en sonder parool.
Nee matertjie, verduidelik vir my.  Ek is in die ongeletterde periode van die dag.  :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mob-woede of geregtigheid?
« Reply #4 on: September 18, 2012, 09:00:53 PM »
Toemaar, ek trek maar net jou siel uit, ek weet presies wat jy bedoel.  So, wat jy vir my sê is dat dit goed is so.  Dit is reg, want dit is die enigste reg wat die gemeenskap sal sien?

Trappies, ek glo dit is presies waar die verskil inkom.  Is dit jou kind of is dit nie?  'n Mens se geloof kan jou sleg in die steek laat as dit so naby kom dat dit jou kind is.  Dink maar net, jou eie klein vyf-jarige dogtertjie,  dood gery, deur 'n dronkaard!  Hoeveel genade gaan jy of jou geloof teenoor hom betoon?  Dit is ook soos Naas heeltemal te reg sê, in die sisteem waarin ons leef, is daar nie geregtigheid nie.  Die wetter sal skotvry daarvan afkom.  Veral as hy een van die vet katte van die land is.  Daar is mos verskillende normes, vir Jan Alleman of vir die Vet Kat wat deel is van die "alle magtigheid". 
Ek is net bly dat ek nie in daardie situasie is nie, want my haat sou my lewe oorheers het.  Skuus, maar dit help nou nie as ek probeer skynheilig wees nie. Dit is soos dit is!

Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Mob-woede of geregtigheid?
« Reply #5 on: September 21, 2012, 07:02:06 PM »
naas ek stem saam met jou oor die beskaafdheid

deesdae waneer ons in die veld kamp en primitief lewe seg ons gewoonlik wanneer ons oppak dis nou weer terug beskawing toe, dan seg ek gewoonlik nee, terug tegnologie toe want dis beskawing hier in die veld waar ons almal in vrede en harmonie saam lewe maar in die sogemaande beskawing is roof en moord en korrupsie ens en dit noem ek nei beskawing nie.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Mob-woede of geregtigheid?
« Reply #6 on: September 21, 2012, 11:11:22 PM »
Amen! Stede is nie meer beskawing nie. Jy som dit pragtig op AB!!  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mob-woede of geregtigheid?
« Reply #7 on: September 22, 2012, 07:51:12 AM »
Ek stem.  Ons is geseënd om vir 'n paar dae veld toe te gaan.  By Dulstroom se plaashuis is daar 'n groot dam met forelle in.  Ons gaan lekker kamp en ontspan.  Weg van die stad se "lawaai".  Sal julle volgende week weer raaklees. 
Om te weet is om te verstaan.