Author Topic: Antibiotika  (Read 11450 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Antibiotika
« on: September 09, 2012, 08:20:35 PM »
Skuus julle ouens, ek kan nie onthou waar ek die laaste artikel oor antibiotika gelees het nie.  Ek weet nie of dit hier op die forum was nie, maar hoe dit ook al sy, die tendens is dat dokters in SA gans en al te maklik en te onnodig antibiotika voorskryf.  Dit het erge gevolge vir kinders en grootmense. 
Ek wil baie graag weet wat julle daarvan dink. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Antibiotika
« Reply #1 on: September 10, 2012, 12:17:26 AM »
Hier in Gatkantland kan jy vergeet om sommer 'n voorskrif daarvoor te kry. Skryf op jou maag en vee uit met jou rooiflenniehempie.

Kleingoed hoes en proes en speel in die reen, immigrante mammas vou dubbeld van skok en vrees. Gryp hulle bloedjies nader. Trek langmoufrokkie, en trui en jas en mus en knoop toe tot onder kennebakkies terwyl hulle in die motor spring. Reguit GP toe. Net om geskok te hoor: Die liggaam moet leer om self die mas op te kom met die immuniteits-opbou-proses. Ek nog nooit sulke sterk gesonde mense teegekom soos die Ausies!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Antibiotika
« Reply #2 on: September 10, 2012, 04:55:31 AM »
Ek was mos dokter toe oor 'n oor wat nie lekker is nie.  Hy diagnoseer dit toe as ekseem. 
Toe ek die voorskrif kry vir die eina-oor is daar 40 Myprodols en 30 Swaarwoord antibiotika pille voorgeskryf. Dit lyk soos Dalacin C 150mg.  (Die internet seg dit kom in pakkies van 16.)
Hoekom ek sê swaarwoord is, dokters skryf so lelik omdat hy in 'n geheime taal vir die apteker sê:  Ek het my "cut" gemaak, dit is nou jou beurt."  :icon_biggrin:
Ek  HET  vir hom gesê dat ek nie pille drink nie omdat ek 'n spastiese dikderm het wat baie gevoelig is as ek nie by my dieet bly nie.  Hannes wou apteek toe en ek seg toe nee, ek gaan nie die goed gebruik voordat ek nie meer inligting daaroor het nie. 
So by my kool, dit seg uitdruklik dat iemand met dikdermprobleme of  ECZEMA dit nie mag gebruik nie. 
Hoe dan nou? 
As ons nie die dokter kan vertrou nie is daar groot fout.
Ek sou nou die kursus begin het en halfpad gestaak het oor erge pyn op my maag.
Of terug gegaan het dokter toe en pille gekry het vir die maagpyn.
Die arme kruppel oor sou nog erger na brandsiek gelyk en gevoel het.  Sou hy dan 'n ander antibiotika voorskryf?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Antibiotika
« Reply #3 on: September 10, 2012, 05:09:35 AM »
Skokkend as jy die newe effekte op die houers lees mater! Ons plaas ons lewe in die hande van die man met die blinkdoppies aan swartpypies in sy ore. Moes onlangs self my medikasie stop weens newe effekte. Het 'n foto geneem van die uitwerking wat dit veroorsaak het. Die tikker se ritme was so deurmekaar dat die pols slegs 25 gehaal het op die bloeddrukmeter. Ongelukkig is daar sekere omstandighede wat ons dwing om die gif te sluk  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Antibiotika
« Reply #4 on: September 10, 2012, 05:42:10 AM »
Ek verstaan dat daar tye is waar 'n mens nie 'n ander keuse het nie.  Of jy sluk of jy dood, dan moet mens maar die newe effekte aanvaar om aan die lewe te bly.  (Dit klink verskriklik.)  :icon_biggrin:

Ek wonder wat sal hy sê as ek hom in die straat raakloop en hy vra hoekom het ek nie na drie dae terug gekom soos hy my aangesê het om te doen nie.  Sal graag sy gesig wil sien as ek vir hom seg dat ek daardie pille net so wel in die fondament kon gestop het. 
(Wonder of hy weet wat is die verkil tussen 'n fondasie en 'n fondament.)  :icon_biggrin:
Wens ek kon sy gatseggie sien as ek vir hom vertel van die "tuisgemaakte medisyne". 

Wat was die uitkoms van jou laaste opvolg Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Antibiotika
« Reply #5 on: September 10, 2012, 05:45:51 AM »
Ek het paar lyne en skakels  :icon_bigsmurf: op die poskoetsie gegooi vir jou oor die uitslae matertjie.

Sou graag self oom Dok se gesig wou sien as jy die brousel uit eie oord vir hom wys. Ons kan hom mooi beduie wat is die verskil tussen fondasie en fondament ... sal ek wat wil gee om sy gatsiggie te sien dan. Lekker giggel ek nou.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Antibiotika
« Reply #6 on: September 10, 2012, 05:59:41 AM »
Baie dokters behandel net die simptome en soek nie die oorsaak nie.  Sou hulle die oorsaak vind en jou genees, sou daar mos niemand gewees het wat die "grand" huis, die blink kar en die kinders se studies kon betaal nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Antibiotika
« Reply #7 on: September 10, 2012, 09:27:07 AM »
Praat jy wat lippe het  :notworthy: :icon_salut:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Antibiotika
« Reply #8 on: September 10, 2012, 09:46:14 AM »
Die tante gaan na die kwak met vreeslike naarheid en opgeblaasheid. Dokter se sy is maar net vol winde, mag nie kool en boontjies eet nie en gee vir haar pille. Die probleem raak egter erger. Kwak gee sterker pille.
Paar maande later loop hy die tante raak in die straat. Sy stoot 'n Waentjie met 'n tweeling in.
Kwak vra: "En die?"
Nee dokter, antwoord tante, die twee moerse poepe met kappies op.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Antibiotika
« Reply #9 on: September 10, 2012, 11:48:41 AM »
Sien ek al Outop se gesig as dit ons was, dink hy verkies dan veel eerder die boepie as twee poepies  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Antibiotika
« Reply #10 on: September 11, 2012, 08:13:29 AM »
Ja-nee kyk!   :toothy4:

Ons het so groot geword om dokters en aptekers te vertrou.  Hier in SA werk dit net mooi anders om.  Hoe hoër die posisie hoe erger die korupsie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Antibiotika
« Reply #11 on: September 12, 2012, 05:16:31 PM »
Mense! dit was eers 'n grap, Naas, maar ek het in Meimaand saam met 'n dierbare vriendin 'n rêrige soortgelyke voorval met vriendin se dogter beleef. hulle is al so ses jaar getroud, [as ek reg onthou] maar sy kon nie swanger raak nie.
en so het sy al heeljaar 'dikdermprobleme' en later het die gekriewel in haar sy net na erger winde gevoel.
maar teen einde April het sy uit radeloosheid... grappie deur 'n vriendin gemaak... 'n tuisswangerskaptoets gedoen...hulle babaseuntjie is naby die einde Junie gebore... is nou al drie maande oud.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Antibiotika
« Reply #12 on: September 17, 2012, 05:36:34 AM »
Wat 'n heugelike (winderige) gebeurtenis blyk dit toe te wees :notworthy: :love7:

Offline Miss Piggy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 16
  • Gender: Female
Re: Antibiotika
« Reply #13 on: September 17, 2012, 09:52:13 AM »
Ek is maar lig op (pille) petrol.  Die flippen goed maak my gewoonlik sieker as wat ek is.  Dokters het al gesê ek moet aan alternatiewe genesing dink (akkupunktuur, fisio,  ens ens).

Ek was 2010 en 2011 baie erg siek aan bronchitis, longontsteking, griep, verkoue . . . so erg dat dit naderhand oorgesit het in seisoenale asma.  Pompie, kortisoon, REEKSE antibiotika ens ens ens.  En hoe meer ek drink, suig, gorrel, snuif, pomp . . . . hoe sieker word ek. 

Op 'n dag seg die dokter hy gaan nou vir my Tecsa 10 (antihistamiene) voorskryf om te kyk of dit nie wil help nie.  Wel . . . . 2012 se winter (en die jaar) is amper verby . . . nie eers 'n enkele verkoue, hoes, keelseer, loopneus vir die hele jaar gehad nie.  Nie eers 'n vitamine pilletjie gedrink nie.  Rondom my het die helde geval en ek het sterk gestaan!!    :hello2:

Ek weet baie mense reken om elke dag 'n antihistamiene te drink is seker ook nie goed nie, maar as jy kyk na die handvol goed wat ek moes in . . . drink ek sonder om te protesteer elke aand liewer my Tecsa 10.  Maak my nie lomerig nie en kan geen newe-effek agterkom nie.  Vir ongeveer R50 pm is dit 'n bargain.  En jy kan dit sonder voorskrif koop!!


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Antibiotika
« Reply #14 on: September 17, 2012, 10:09:46 AM »
 :headbang: Dankbaar vir jou part mevrou Varkie!! Sal die naam onthou. Meisiekind sukkel erg met asma en verkoues. Gereeld borsverkoue soos nou weer  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Antibiotika
« Reply #15 on: September 17, 2012, 01:08:19 PM »
Wat 'n heuglike ervaring om jou hier raak te lees Miss Piggy.   :hello2: Hartlik welkom.  Ons het jou regtig gemis.  Baie bly om te hoor dat jy iets ontdek het wat werk en dit teen 'n bekostigbare prys. 
Die laaste jaar het ek gehoor van baie mense wat ernstige nagevolge as gevolg van allergiese reaksies ervaar het. 
Ek wonder of Ouma Naas ook baat daarby sal vind. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Antibiotika
« Reply #16 on: September 21, 2012, 07:12:26 PM »
ek glo ook onnodige antibiotika is gif. blykbaar mag mens idt net 1 keer elke 3 maande neem en dan is daar dokters wat dit sommer elke maand sal voorskryf as jy net keelseer het of hoes.

oorlat ek nie 'n milt het nei is my weerstand maar swak. kry maklik keelseer en dan raak dit erger. so ver ek weet help antibiotika nie vir keelseer nie maar dr skryf dit voor vir as daar dlak miskien sekondere infeksie mag kom. ek het sommer maklik 1 keer i maand keelseer gekry en drink dan die gif goed. so raak ek aleergies vir sulfas en swael. sukkel 6 maande om uit te vind dis die amoxel se skuld en die simptome gee.

ek het al in 1970 my milt verloor agv ongeluk en in 2003 hoor ek die eerste keer dat ek moet elke 3 tot 5 jaar 'n longontsteking in enting kry. neem toe so inspuiting en hoor van locabiotal wat soos asma pompie werk. nou kry ek so 3 keer 'n jaar keelseer en as ek dit voel krap die eerste oggend dan gebruik ek daai pompie vir 2 dae en dan is ek weer reg en gesond. 

nou is ek sommer moerig oor hoekom het nie een dokter my voor 2003 geseg ek moet daai longontsteking inenting kry nie en voer my net die gif medikasie. hulle het net geld uit my gemaak glo ek.



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Antibiotika
« Reply #17 on: September 22, 2012, 06:44:21 AM »
Lekker lag ek nou oor die Amoksel.  Ons huisdokter was baie lief om dit voor te skryf van Oupa tot by kleinkind. 

Beriglobin is 'n baie duur inspuiting en ons medisefonds betaal nie daarvoor nie.  Ons oudste het ook nie meer 'n mild nie en hy kry elke ses maande so 'n inspuiting.  Dit bou 'n mens se weerstand.  Ons kry dit nou vir Hannes ook.
Oudste mag ook nie malaria kry nie, so ons vermy daardie gebiede om saam te kuier in die somer.

Ons lewe nie meer in daardie tyd toe ons nog dokters en aptekers kon vertrou nie.  Ek google eers die medikasie voordat ek dit aankoop.  Gelukkig is ek baie gesond.  Het al dikwels onder die mes deurgeloop, maar ook oor "slagters" wat "mes-happy" is.  'n Galblaas wat nou enige tyd kan bars omdat die steen al so groot soos 'n duifeier is.  Toe daardie steentjie daar uitkom lyk dit soos 'n sandkorreltjie en ek loop nou nog met die probleem.  'n Spastiese dikderm. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Antibiotika
« Reply #18 on: September 22, 2012, 10:05:53 AM »
ja daai amoksel het gemaak dat ek nie aan swael kan vat nie en ons gebruik soms swael op die plaas asook swael bevattende kunsmis.

ek ken nie daai inspuiting wat jy van praat nie. die een wat ek kry is so R150 per keer elke 3 tot 5 jaar. my hormoon inspuiting is vrek duur, R1500 elke 3 maande.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Antibiotika
« Reply #19 on: October 02, 2012, 06:39:15 AM »
Dit is erg as 'n mens so sukkel met goed waarvoor jy alergies is.  Ek het ook gedink ek is skotvry toe ons ontdek dat die skoonmaakmiddels is wat my so 'n hewige reaksie gee. 
Ai, toe koop Hannes vir my plastiese handskoene!  :dontknow:   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.