Die kuierstoep > Helpmekaar

Ekseem

(1/7) > >>

PM:
As daar iemand is wat weet wat ekseem is sal ek graag wil hoor. 
Die laaste paar maande het ek geweldig las met "oorwas wat uitloop" en dit brand my vel dat dit bars.
Vandag kon ek dit nie langer uithou nie, die vel in en om my oor is stukkend gebrand en dit lyk of ek brandsiek het.
Oom dokter sê dit is ekseem.  Wat is dit?

Meraai vannie Baai:
Hier is 'n skakel wat redelik breedvoerig uitwei oor ekseem matertjie:
http://www.health24.com/medical/Focus_centres/777-2268-2757-2799,56008.asp

Wat vir ander gehelp het:
*BeeWise, 'n produk van byewaks en olie.

*Drink vlassaadolie wat jy in pil of vloeibare vorm kry. Om aan te smeer, kan jy kamille- en laventelolie probeer. Vir die jeuk kan swart rooibostee ook werk. As jy room aansit, moenie enige iets met geurmiddels aansit nie.

*Manuka WonderRub

*Robertson's Medicated Skin Repairing Ointment.

*Hope's Relief cream

 :toothy4: Boererate
EKSEEM
• Omega 3,6 & 9 kapsules
• Was aangetaste dele met Aluinpoeier of rooibostee
• 1 x 2 liter bottel water met 1 eetl borrie in (Neem 3 x per dag) – dit voorkom ook sweet
• Eet baie pomelo’s en Drink swart rooibostee
• Gebruik Blue seal vaseline, gliserien en Johnson babapoeier – meng en gebruik
• Julle sal nie hiervan hou nie maar smeer urine aan  :headbang: :icon_bigsmurf:


PM:
Baie dankie Raaitjie.  Dit is baie inligting en ek waardeer.
Dit is al geruime tyd dat ek agterkom dat geparfumeerde en huishoudelike skoonmaakmiddels my situasie vererger. 
Oom dokter het gister vir my antibiotika voorgeskryf maar ek wou eers meer uitvind voordat ek dit gebruik.  Nou lees ek in die artikel dat dit wel nodig is.  Sal maar my "beterwetigheid" moet laat vaar en dit drink. 
Ek belowe jou, ek dal enigiets wat werk gebruik.  Het jy al van die uitdrukking gehoor: Pieps in jou hand en swem uit my lewe uit.   :icon_biggrin:  Dit kan werk vir ekseem ook. 

Ek het ook nog nooit van swart rooibostee gehoor nie.   :icon_scratch:

Meraai vannie Baai:
Plesier hoor. Dalkies bedoel hulle rooibostee sonder melk - aldus swart rooibostee? Hoop ietsie werk vir jou. Ekseem glad nie lekker nie. Outoppie self sukkel met dit waar sy kouse hom irriteer in die veiligheidskoene. Iets in die room wat mens vir skurwe hakke gebruik, help vir hom.

PM:
 :munky2:  Ag tog!   :munky2:  Natuurlik!  Hoe  :munky2: wil ek vandag wees?   :icon_biggrin:  Een woord -een begrip!

Qaudriderm is 'n salfie wat ook daardie middel bevat wat 'n mens se vel dun maak (kortisoon) en daarom is ek maar spaarsamig daarmee.  Ongelukkig is dit al wat tot dusver gehelp het.  Hier in SA het 'n mens 'n voorskrif daarvoor nodig en kos 'n fortuin, maar my doggie het 'n paar buisies van Dubai af gebring wat net mooi 10% van die bedrag hier in SA kos en ook oor die toonbank gekoop kan word.  Die pryse vir medisyne in SA is skandalig.

Ek kan glo dat die salf teen skurwe hakke goed sal werk, dit het baie bevogtiger in en ek dink dit is juis die droogheid wat die gejeuk veroorsaak. 

Nogmaals dankie vir die goeie raad. 


Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version