Author Topic: Ekseem  (Read 38140 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ekseem
« on: September 07, 2012, 09:13:31 PM »
As daar iemand is wat weet wat ekseem is sal ek graag wil hoor. 
Die laaste paar maande het ek geweldig las met "oorwas wat uitloop" en dit brand my vel dat dit bars.
Vandag kon ek dit nie langer uithou nie, die vel in en om my oor is stukkend gebrand en dit lyk of ek brandsiek het.
Oom dokter sê dit is ekseem.  Wat is dit?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #1 on: September 07, 2012, 11:51:57 PM »
Hier is 'n skakel wat redelik breedvoerig uitwei oor ekseem matertjie:
http://www.health24.com/medical/Focus_centres/777-2268-2757-2799,56008.asp

Wat vir ander gehelp het:
*BeeWise, 'n produk van byewaks en olie.

*Drink vlassaadolie wat jy in pil of vloeibare vorm kry. Om aan te smeer, kan jy kamille- en laventelolie probeer. Vir die jeuk kan swart rooibostee ook werk. As jy room aansit, moenie enige iets met geurmiddels aansit nie.

*Manuka WonderRub

*Robertson's Medicated Skin Repairing Ointment.

*Hope's Relief cream

 :toothy4: Boererate
EKSEEM
• Omega 3,6 & 9 kapsules
• Was aangetaste dele met Aluinpoeier of rooibostee
• 1 x 2 liter bottel water met 1 eetl borrie in (Neem 3 x per dag) – dit voorkom ook sweet
• Eet baie pomelo’s en Drink swart rooibostee
• Gebruik Blue seal vaseline, gliserien en Johnson babapoeier – meng en gebruik
• Julle sal nie hiervan hou nie maar smeer urine aan  :headbang: :icon_bigsmurf:



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #2 on: September 08, 2012, 05:05:51 AM »
Baie dankie Raaitjie.  Dit is baie inligting en ek waardeer.
Dit is al geruime tyd dat ek agterkom dat geparfumeerde en huishoudelike skoonmaakmiddels my situasie vererger. 
Oom dokter het gister vir my antibiotika voorgeskryf maar ek wou eers meer uitvind voordat ek dit gebruik.  Nou lees ek in die artikel dat dit wel nodig is.  Sal maar my "beterwetigheid" moet laat vaar en dit drink. 
Ek belowe jou, ek dal enigiets wat werk gebruik.  Het jy al van die uitdrukking gehoor: Pieps in jou hand en swem uit my lewe uit.   :icon_biggrin:  Dit kan werk vir ekseem ook. 

Ek het ook nog nooit van swart rooibostee gehoor nie.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #3 on: September 08, 2012, 05:36:37 AM »
Plesier hoor. Dalkies bedoel hulle rooibostee sonder melk - aldus swart rooibostee? Hoop ietsie werk vir jou. Ekseem glad nie lekker nie. Outoppie self sukkel met dit waar sy kouse hom irriteer in die veiligheidskoene. Iets in die room wat mens vir skurwe hakke gebruik, help vir hom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #4 on: September 08, 2012, 07:30:31 AM »
 :munky2:  Ag tog!   :munky2:  Natuurlik!  Hoe  :munky2: wil ek vandag wees?   :icon_biggrin:  Een woord -een begrip!

Qaudriderm is 'n salfie wat ook daardie middel bevat wat 'n mens se vel dun maak (kortisoon) en daarom is ek maar spaarsamig daarmee.  Ongelukkig is dit al wat tot dusver gehelp het.  Hier in SA het 'n mens 'n voorskrif daarvoor nodig en kos 'n fortuin, maar my doggie het 'n paar buisies van Dubai af gebring wat net mooi 10% van die bedrag hier in SA kos en ook oor die toonbank gekoop kan word.  Die pryse vir medisyne in SA is skandalig.

Ek kan glo dat die salf teen skurwe hakke goed sal werk, dit het baie bevogtiger in en ek dink dit is juis die droogheid wat die gejeuk veroorsaak. 

Nogmaals dankie vir die goeie raad. 


Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #5 on: September 08, 2012, 09:06:08 PM »
Raaitjie, ek het net gou kom verslag doen oor die skedule agt medisyne.  Daardie soort wat 'n mens sommer by jou huis produseer.  Sustertjie, dit werk soos 'n bom!
Jy maak 'n leë pildosie so 20% vol, gebruik 'n wattestokkie (ear bud) doop dit daarin en wend dit aan.  Die gejeuk en die brand staak sommer onmiddellik.  Aanvanklik brand dit effens maar toe onthou ek dat hulle seg dat die tuisgemaakte brousel 'n uitstekende ontsmettingsmiddel is.  Dit moet mos brand. 
Ek onthou die "oumense" het geseg dat dit 'n uiitstekende middel is teen aknee.  Wanneer 'n kobra jou in die oog spoeg is dit die beste middel om te gebruik om die oë mee uit te was. 
Ek kan daarvan getuig dat dit uitstekend werk vir ekseem!   Aanvanklik het ek gedink ek gaan soos Koos ruik, maar toe nie.  Dit is reukloos.   
Wat wel help is dat 'n mens nie so maklik krap nie, want wie wil nou daarin krap?  Grappie, die jeuk het sommer die hasepad gekies en ek is 100% beter daaraan toe as gister. 
Ek wil net my hartlike dank betuig aan die wonderlike raat, ek sien  nou weer kans vir die lewe. 
Ek lief jou!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #6 on: September 09, 2012, 12:08:10 AM »
Mannnnnnn die oumensies was slim  :love7: :hello2: :notworthy: so dankbaar vir jou part matertjie!! Kan jy nou meer, ek gigggel nog as ek jou sien met die pilhouertjie maar dit werk en dis wat tel!! Voor ek nou weer vergeet: ek het daai uitdrukking al gehoor wat jy genoem het hoor hehehehe.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #7 on: September 09, 2012, 09:23:40 AM »
Help my uit Raaitjie, watter uitdrukking is dit?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #8 on: September 10, 2012, 12:19:24 AM »
Het jy al van die uitdrukking gehoor: Pieps in jou hand en swem uit my lewe uit.     Dit kan werk vir ekseem ook. 

 :hello2: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #9 on: September 10, 2012, 05:53:03 AM »
Dankie mater, ek is deur die newels in die laaste tyd. 
Of is dit deur Naas se sip?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Miss Piggy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 16
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #10 on: October 11, 2012, 04:50:55 PM »
Bietjie mosterd na die maal maar as die ekseem op jou hande is week dit gereeld in swart rooibostee.  Ek gooi sommer teesakkie in wasbak en week my hande. Myne was erg, tussen my vingers het dit sommer oopgebars.  Na 'n paar behandelings het dit vir goed verdwyn.

Ook baie goed om teesakkie in babas en kleuters se badwater te gooi.  My jongste seun toe hy nog kindertuin was het so ekseem onder sy arm en sy liesies gehad.  Rooibostee het dit genees!!  Nog nooit weer gekry nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #11 on: October 12, 2012, 04:01:48 AM »
Ek sal dit beslis probeer Miss Piggy, dan sal ek kom terugvoer gee.  Baie dankie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #12 on: October 12, 2012, 07:52:18 AM »
Sal dit ook onthou!!! Dankie Mevrou Varkie  :love7: :notworthy:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ekseem
« Reply #13 on: October 14, 2012, 06:48:31 PM »
Die Rooibos tee raad is baie goed

maar bly asb weg van :  Gebruik Blue seal vaseline, gliserien en Johnson babapoeier – meng en gebruik

dit seal die vel en lei tot inveksies - onthou dit maar vir bababoutjies ook!! 


Omega 3 6 9 baie belangrik om in te neem - Flax seed of Linsaad 'n goeie en goedkoop bron hiervan.

COMFREY blare - of maak 'n ointment daarvan ... werk soos 'n droom (ook vir baba brand boutjeis)

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #14 on: October 15, 2012, 06:55:12 AM »
Dankie Wils. Ek was maar my ore uit met die rooibostee en wanneer dit so jeuk deur die loop van die dag smeer ek 'n biejtie aan met 'n oorstokkie. Die ergste is darem nou verby en die ideaal is om vas te stel waarvoor ek alles allergies is.  Ek hoop nie dit is vir myself nie, want dan sal ek maar daarmee moet saamleef.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ekseem
« Reply #15 on: October 15, 2012, 03:38:11 PM »
Dis nie noodwendig allergie nie - dis dikwels stress related en met wat julle face maak dit baie sin
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #16 on: October 15, 2012, 05:13:01 PM »
Ja nee, van stress het ons nou oorgenoeg.  Ek moes skaam-skaam erken dat ek 'n fout gemaak het om 'n "public loss adjuster" aan te stel.  Hy het ons deurentyd belieg en bedrieg.  Vertel in hoeveel vergaderings hy sit met PSG maar intussen het hulle hom al vier keer gevra om 'n teeneis in te stel.  Nou sal ek my maar weer op vreemde bodem waag en dit self doen. 

Ek het wel agtergekom dat ek nie my hande in chemikalië moet sit nie, produkte met alkohol en parfuum is uit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ekseem
« Reply #17 on: October 15, 2012, 05:26:26 PM »
Of ringe dra nie. :-)

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ekseem
« Reply #18 on: October 15, 2012, 07:09:04 PM »
Ja bly liefs nou weg van alkohol base produkte weg (jy kan darem nog jou wyntjie drink - dis meer arthritis en gout wat mens sal lig loop daarvoor)
vermy ook chemical isn producte - selfs wat jy eet - bly by so vars as moontlik - ongelukkig is koffie vir jou nou bietjie uit totdat die episode opgeklaar het.

Jy sou kon juwele dra - dis mos meer by die ore waar die probleem is - kyk net dat jou bril se rampie ne iets kan afgee nie ...


Ja - daar is so baie mense daarbuite wat claim hulle doen - maar hulle lieg en bedrieg ...

soos companies wat mense R600 of meer charge om 'n ISBN no te registreer terwyl dit NIKS kos nie
soos companies wat mense miljoene charge vir iets wat hulle eintlik maar net 5 min ingesit het ...
of soos wat hulle met my arme vriendin gedoen het ... sy het R6000.00 kontant betaal om die NPO vir haar bewusmaaking veldtog -
3 jaar later is niks nog gerigsteer nie en doen ek dit nou verniet vir haar ha ha - want dit kos niks om dit te registeer nie  - net tyd om die documente op te stel

mense is skelm Petra - maar die wiel draai en wat jy saai gaan jy maai want as daai wiel draai maai dit wat jy gesaai het ....

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #19 on: October 16, 2012, 10:03:18 AM »
Iets is darem nou aan die gebeur.  Ek het reaksie gekry en dit lyk vir my of die bal nou gaan rol.  Hannes het ook gister vir my 'n nuwe klikbekkie (kamera) gekoop omdat myne versuip het.  Nou kan ek nog foto's neem as bewyse.

As gevolg van 'n hoë PH gehalte in my sisteem, is juwele ook uit. Gelukkig maak Hannes op daarvoor, hy lief sy kettings en ringe.
 
EK!  MY  KOFFIE  LOS?  NOOIT!   :coffee2: Ek hou daarvan sterk gebrou, sonder melk en suiker.  Dit gee my borshare!   :icon_biggrin:  Vul die piepklein huisie waarin ons nou woon met die heerlike aroma van koffie.  Dit is voedsel vir my "versuipte" siel.  :icon_biggrin: 
Asseblief nie my koffie nie!  :nono:   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #20 on: October 16, 2012, 11:55:53 AM »
Sien ons lief ons koffie dieselfde - soos hy uit die kan kom. Hoe sterker hoe beter my PH suster  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #21 on: October 16, 2012, 12:54:21 PM »
 :icon_biggrin: PHenominaal! 

Op 'n kol moes ek my dieet "toets" om te sien wat fout is.  Was so lank gelede ek kan nie eers meer onthou vir wat dit was nie.
Ek moes vir 'n tydperk van drie maande iets uitsny.  Die sout was die ergste. 
Toe ek by koffie kom, was dit net nie in my woordeskat nie.  Weier sumier!
Toe kry ek 'n maagaandoening en vir maande kan ek nie naby koffie kom nie.  Dit jaag my onmiddellik badkamer toe. 
Een aand sit ons in 'n hotel waar Hannes werk en die kelner stap verby met 'n heerlike pot moerkoffie.
Ek vra toe Hannes moet asseblief vir my 'n koffie bestel terwyl ek gou 'n draaitjie loop.  Terug gekom vang daai melk in die koffie mos vir my dwars.  Net daar en dan besef ek, dit is nie die koffie nie, dit is die melk. 
Van toe af geniet ek weer my koffie  (nog steets swart) en nou is ek  EEERS  verslaaf. 
Jy kan my in die middel van die nag wakker maak met koffie.  Dit is altyd welkom.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ekseem
« Reply #22 on: October 17, 2012, 12:37:01 AM »
Ek is ook maar 'n koffie pot - so ons moet yum-yum-potte-vol-suffer-met-'n-  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ekseem
« Reply #23 on: October 17, 2012, 12:38:40 AM »
Raad met PH - nou nie Raaitjie se PH nie maar Petra se PH - die suur van die lyf  :bootyshake:

2 telepels koeksoda op 'n glas x3 'n dag ...

drink dit of suffer-yum-yum-potte-vol  :coffee2:  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #24 on: October 17, 2012, 01:10:15 AM »
Heheheeh, ons kan maklik die probleem van misverstand oplos: pH skaal en PH kwaal :notworthy:

« Last Edit: October 17, 2012, 07:58:44 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ekseem
« Reply #25 on: October 17, 2012, 01:50:14 AM »
klik op my
sien my so   :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #26 on: October 17, 2012, 02:16:02 AM »
WOW Willa!!!!!!!! Niemand sal nou weer deurmekaar raak nie  :love7: :hello2: :notworthy:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #27 on: October 17, 2012, 02:17:43 AM »
Oe jy moet dit groooot asb vir my op FB ook plaas Willa  :love7:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ekseem
« Reply #28 on: October 17, 2012, 02:19:10 AM »
Op jou Profiel blad??   

Ek email dit vir jou :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ekseem
« Reply #29 on: October 17, 2012, 02:22:29 AM »
Gaan jou grooot guns vra, sit dit ook vir ons vas op die post waar ons woel met die vertaling vir Denneys hulle mater. Dit is PUIK!!!!! Duisend dankies vir die grooootse geskenk!  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #30 on: October 17, 2012, 05:22:14 AM »
Ek het daardie prentjie gesien met die bloeddrukband om en dit het 'n groot indruk op my gemaak.  Puik gedoen Wils. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Ekseem
« Reply #31 on: March 17, 2015, 05:54:39 AM »
 :hello:   Ekseem is n liederlike ding.My seun het dit gehad van sommer baie jongs af.Dit het gelyk soos masels,later in die waai van sy arms en bene en het met tye erger geword.Hy het homself soms gekrap dat die bloed deursypel,gehuil van frustrasie.Moes sy naels kort hou en dit geweldig teen sy sin" Mamma,hoe kan ek dan krap as mamma my naels so kort knip." Dit het my hart gebreek om hom so te sien.Baie opgelees oor dit en ja die salf met die kortisoon in,het die beste gehelp en het dit bevogtig met aqua room ook.Die Dove seep het ook baie gehelp.Vandag kan ek se dankie aan ons Hemelse Vader dat hy dit ontgroei het.Wat ook help is die ' hipo allergenic'  beddegoed.(Hoop dis reg gespel)
Wens ek het vroeer van julle oulike raad gelees.Sou meer gehelp het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ekseem
« Reply #32 on: March 20, 2015, 02:53:23 PM »
Dankie vir jou inset Anicia. 

Met oor die 8 duisend maal gelees lyk dit asof daar nog baie mense is wat dieselfde probleem ervaar.
Om te weet is om te verstaan.