Author Topic: Elektrisiteit  (Read 6178 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Elektrisiteit
« on: September 07, 2012, 06:48:59 AM »
Het jy al gedink wat sal gebeur as iets gebeur en ons vir 'n lang tyd nie elektisiteit het nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Elektrisiteit
« Reply #1 on: September 07, 2012, 12:32:17 PM »
hang af hoe wyd jy die ons trek


as dit is soos die hele land of nog erger die wôreld....dan sal dit 'n moerse groot flop wees en als sal gaan staan, sal nie brandstof kan kry nie, vrieskaste sal staan, kos sal nie vervoer kan word nie, mense sal nie by helle werk kan uitkom nie, plase sal nie kan kos produseer nie en 'n groot hongesnood em dors sal oms voorland wees. ja water sal ook afgesny wees want die pompe sal nie kan water pomp mie.

hospitale sal staan en geld transaksies sal stilstaan want die internet sal staan en mens sal nie kan geld trek nie en jou kredietkaart sal nie werk nie.

een moerse groot flokapie verby.

diefstal sal toeneem veral diefstal om kos en water te steel.

oeste sal op lande verdroog en die markte sal stilstaan.

die wêreld het afhanklik geraak van elektristeit. jy kan jou eie generator he maar die petrol sal opraak en die kos in winkel sal opraak, dit sal almal tref behalwe mense in die verre karoo of kalahari wat nie karg het nie en darem 'n bok sal kan gaan jag maar een of ander tyd sal dit hulle ook inhaal.

die wat oorleef sla weer terugkeer na voortekkertyd

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Elektrisiteit
« Reply #2 on: September 07, 2012, 09:07:32 PM »
Jy som dit in geheel goed op AB.  Ek het bedoel oor die hele land. 
As 'n mens nie kan geld trek nie kan jy niks koop nie.  Nie eers brandstof vir jou kragopwekker nie. 
Hoekom is dit so dat ons tog weet dat die moontlikheid bestaan, maar ons is toetaal en al afhanklik van krag?
Wat is die alternatief?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Elektrisiteit
« Reply #3 on: September 07, 2012, 11:57:12 PM »
Ons sal oorleef, want ons voorvaders het - maar soos AB skryf: een moerse groot flokapie verby tot ons weer aangeleer het wat vir die voortrekkers tweede natuur was!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Elektrisiteit
« Reply #4 on: September 08, 2012, 04:27:35 AM »
Dit sal 'n totale omwenteling wees en in hierdie land van ons gaan dit nie gou gebeur nie. 
Die eerste ding wat sal gebeur is elke ou gaan 'n vuurtjie in sy agterplaas aansteek om al sy gevriesde goed gaar te maak en in te lê.  (In sy pragtige vlekvryestaal-potte.)  As jy nie hout in jou stoortjie het nie, slaan voet na die eerste bos.
Hulle beter 'n goeie kookboek byderhand hou, want die rekenaar sal af wees.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Elektrisiteit
« Reply #5 on: September 08, 2012, 05:38:34 AM »
Hoe gaan ons kuier?????? heheehehe hoeveel dagreise ver is julle van ons af?? :crybaby2:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Elektrisiteit
« Reply #6 on: September 08, 2012, 07:11:52 AM »
Jy som dit in geheel goed op AB.  Ek het bedoel oor die hele land.  
As 'n mens nie kan geld trek nie kan jy niks koop nie.  Nie eers brandstof vir jou kragopwekker nie.  
Hoekom is dit so dat ons tog weet dat die moontlikheid bestaan, maar ons is toetaal en al afhanklik van krag?
Wat is die alternatief?

al het jy geld onder die bed of in die kluis sal jy steeds nie petrol vir die kragopwekker kankoop nie want die petrolpompe werk ook met krag. die raffinaderye sal ook staan en die gas ongining by mosgas ook.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Elektrisiteit
« Reply #7 on: September 08, 2012, 07:18:32 AM »
Ons sal oorleef, want ons voorvaders het - maar soos AB skryf: een moerse groot flokapie verby tot ons weer aangeleer het wat vir die voortrekkers tweede natuur was!

ons of liewer party sal oorleef. maar ook net party want sodra die karg af s en die winkels rot en kaal gesteel is agter kos aan en die vrieskaste vrot en al die blikkieskos op geeet is, waar gaan die kso dan vandaan kom. as die karg afgaan en mens woon in die stad dlak in i woonstel op die 3 de vloer, waar gaan jy saad kry om kos te kweek en waar gaan jy dit plant en y sal dooi van die honger voordat die saad kan produseer.

mese in die dorp en stad kan satp of fietsry iewers plateand toe, maar hoeveel warm klere kan jy saamvat en as dit in die winter is en die reen en koue vang jou langs pad dan verkluim jy. ek dink min mense gaan oorleef want dit gaan tyd neem om in die stadige rat te kom. ons rat race en kapatalistiese stelsel het gemaak dat ons hele lewe van karg afhanlik is. slefs ek sal nie kan boer nie want ek moet water uit die grond pomp en daar sal nie krag wees om die water te pomp nie en waar kry ek skielik 'n ander pomp wat met diesel werk en waarmee betaal ek dit as die bak stil staan. eintlik is iets afskuwelik geskep deur tegnologie en ontwikkeling, iets warvan meeste mense afhanklik is.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Elektrisiteit
« Reply #8 on: September 08, 2012, 07:23:59 AM »
Dit sal 'n totale omwenteling wees en in hierdie land van ons gaan dit nie gou gebeur nie. 
Die eerste ding wat sal gebeur is elke ou gaan 'n vuurtjie in sy agterplaas aansteek om al sy gevriesde goed gaar te maak en in te lê.  (In sy pragtige vlekvryestaal-potte.)  As jy nie hout in jou stoortjie het nie, slaan voet na die eerste bos.
Hulle beter 'n goeie kookboek byderhand hou, want die rekenaar sal af wees.   :crybaby2:


as jy in belville woon en daar is 400 000 mense gaan daar nie genoeg hout naby genoeg wees vir almal om te gaan hout maak nie. min mense het ook die regte saag en toerusting om bome te saag en op te kap om vuur te maak en hoeveel hout kan jy saamdra vir hoe ver. ek is bevrees min mense is fiks en gesond genoeg daarvoor.

it sal so i tipe stadige leefstyl wees soos ek in mosambiek se ver van als gesien het maar hulle voordeel is dat dit boomryke omgewings is en dat hulle al so lewe vir jare lank, het hulle saad en prodseer net genoeg om 'n jaar te oorleef.

hulle stap soms 5 na 8 km om te gaan water haal en hoveel water kan jynou saamdra, 25 liter dalk.

in caprivi het my neef hulle op 'n plek afgekom waar die mense woon en die water is 25 km ver en elke dag moet iemand stapom te gaan wtaer haal. as dit oorgeslaan word het hulle nie water om die tog aan te pak nie en kan dooi van dors langs pad en dit raak maklik 40C daar.


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Elektrisiteit
« Reply #9 on: September 08, 2012, 07:28:07 AM »
Hoe gaan ons kuier?????? heheehehe hoeveel dagreise ver is julle van ons af?? :crybaby2:
dit sal so min of meer wees ( vir die wat oorleef) soos my oupa grootjie se tyd. bestaansboere gewees en net om die pot gekuier en 1 keer in lang tyd kerk toe gegaan en net by bure gekuier. as hy produkte in die kaap gaan verkoop het ( 1 uur se ry) het dit hom 1 week geneem daarheen en terug.ek het al 2 kee rop i dag pampoene op die mark gaan aflaai en as hy iets hawe ( mark ) toe gevat het was dit 1 of 2 ossewaens vol en 2 en half dag se trek kaap toe en dag of wat se besigheid en 2 en half dae terug huistoe.

ek seg weer ons het totaal afhanklik geraak van die tegnologie en min mense kan rerig vir hulle self sorg.

misdaad en dlak moord sal ook baie erg raak want emnse gaan dit doen vir oorleef.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Elektrisiteit
« Reply #10 on: September 08, 2012, 07:46:08 AM »
Dit is 'n baie donker prentjie en die alternatief is sonpanele of windkrag.  Dit kos egter so R300.000.00 per huishouding om "groen" te word.  Dan is mens totaal en al van die kragstelsel af en wie kan dit tog bekostig?
Dan los dit net  JOU  probleem op. 
Gelukkig is ek 'n voorstaander vir 'n gasstoof.  Dit het gehelp met die kosmaak en water kook toe ons sonder krag was, maar dit is nie 'n oplossing nie. 

Ek weet nie hoeveel dagreise dit sal neem na Auzie nie, maar seker so 30 dae Kaap toe.  Of hoe?  Dit is nou te voet, as jy wikkel en jou stadsvoete kan dit hou.  'n Mens kan altyd 'n Checkers waentjie "leen" om jou bagasie in te vervoer. (Hulle gaan dit mos nie nodig kry nie.)  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Elektrisiteit
« Reply #11 on: September 08, 2012, 09:51:01 PM »
al wat ek weet dit gaan een groot chaos wees wat mens jou nie juis kan indink nie.